Sielsdinge

Stephan Joubert: WA mag jou nie opslurp

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Adygea, Russia - January 2, 2018: app icons WhatsApp, YouTube, instagram, Facebook and Skype on the screen of the smartphone Xiaomi
Adygea, Russia - January 2, 2018: app icons WhatsApp, YouTube, instagram, Facebook and Skype on the screen of the smartphone Xiaomi

"Ek is deel van 14 WhatsApp-groepe," vertel 'n onderwyseres. "Dit neem al my tyd in beslag. Ek het nie veel van 'n keuse as om lid van die groepe te wees nie omdat dit werkverwant is. Maar daardie groepe word dikwels oorgeneem deur persoonlike stories en foto's," voeg sy moedeloos by.

Toe sê ek vir haar ons het altyd 'n keuse hoe ons aanlyn beskikbaar wil wees - veral as ons self vir ons data betaal.

Veels te maklik neem sosiale media ons lewe oor. Voordat ons ons kan kry, beheer eindelose digitale boodskappe, gesprekke en opdragte ons doen en late. Daarom moet ons vir onsself duidelike reëls maak oor wanneer ons op sosiale media beskikbaar is en wanneer nie. Dit mag ons nie elke nag wakker hou of al ons vrye tyd opslurp nie.

Ons is heeltyd beskikbaar vir die Here, maar nie vir sosiale media nie. Ons is altyd in die Here se diens. Ons is graag beskikbaar vir Hom en vir ons geliefdes, maar nie vir sosiale media nie. Daar's regtig lewe anderkant WhatsApp-groepe. - Stephan Joubert

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM