Sielsdinge

Stephan Joubert: Wees wys met dwase

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Orals in die lewe is daar goeie mense en minder goeie mense. Soms voel dit of laasgenoemdes die oorhand het. In elk geval, Spreuke noem sulke mense dwase.

Jy loop hulle gereeld raak. Spreuke 26:4 help jou hoe om op te tree as jy op hul speelveld is. Vers 4 sê jy moenie 'n dwaas op 'n ewe dwase manier beantwoord nie, dan sal hy dink jy is net soos hy. Bedoelende: Jy moet stilbly as jy tussen mense is wat bombasties, intimiderend, onleerbaar en ongeskik is. As jy met sulke mense probeer stry, daal jy tot op hul vlak.

Spreuke 26:5 sê jy moet egter die teenoorgestelde in ander situasies doen. Soms moet jy 'n dwaas wel op 'n ewe dwase manier beantwoord, anders dink hy hy self is vol wysheid.

Spreuke kies dus doelbewus twee uiteenlopende roetes in hierdie twee verse. Dit veronderstel onderskeidingsvermoë. Wyse mense moet soms stilbly, maar ander kere weer op die vlak van 'n dwaas praat. Nie een van hierdie reaksies op dwase is noodwendig aangenaam nie. Nogtans moet wyse mense altyd goeie kontekslesers wees.

Moenie 'n dwaas antwoord in ooreenstemming met sy sotheid nie, anders word jy ook dieselfde as hy. Antwoord 'n dwaas in ooreenstemming met sy sotheid, anders is hy wys in sy eie oë. - Spreuke 26:4-5

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM