Die wsrg

2025-09-08 03:30:14 — Suid-Korea gaan Koreaanse werkers oplaai ná ’n klopjag by ’n Hyundai-motorvervaardigingsaanleg in die Amerikaanse deelstaat Georgia verlede week.

Die onderhandelinge oor die vrylating van ongeveer 300 Suid-Koreane is afgehandel en die verwerking van hul vrylating uit aanhouding duur voort, het Suid-Korea laat Sondag gesê.

’n Gehuurde vliegtuig sal hulle terugbring sodra die verwerking deur die twee lande voltooi is.– Reuters

2025-09-08 03:36:19 — Pres. Donald Trump het Sondag gesê individuele Europese leiers sal Amerika Maandag of Dinsdag besoek om te bespreek hoe die oorlog in Oekraïne opgelos kan word.

Trump het ook gesê hy sal binnekort met pres. Wladimir Poetin praat.

Dit was nie duidelik na wie Trump verwys het nie en die Withuis het nie onmiddellik op ’n versoek om verdere besonderhede gereageer nie.– Reuters

2025-09-08 03:47:26 — Minstens vier mense is dood toe Rusland Sondag oornag sy grootste lugaanval van die oorlog op Oekraïne geloods het.

Die hoofregeringsgebou in Sentraal-Kijif het aan die brand geslaan, het Oekraïense amptenare Sondag gesê.

Skade is veroorsaak in die noorde, suide en ooste van die land.

“Sulke moorde nou, wanneer ware diplomasie lankal reeds kon begin het, is ’n doelbewuste misdaad en ’n verlenging van die oorlog,” het pres. Wolodimir Zelenski gesê.– Reuters

Russian missile strike in Kyiv Ukrainian servicemen shoot down a Russian missile as smoke rises from the city during a Russian missile strike, amid Russia's attack on Ukraine, in Kyiv, Ukraine September 7, 2025. REUTERS/Gleb Garanich (Gleb Garanich/REUTERS)

Oekraïense dienspligtiges skiet ’n Russiese missiel neer terwyl rook uit die stad opstyg ten tyde van ’n Russiese missielaanval op Kijif.Foto: Reuters

2025-09-08 04:06:08 — Daar word verwag dat Frankryk se parlement premier Francois Bayrou Maandag sal verwyder ná slegs nege maande in die amp.

Bayrou het selfs sy bondgenote verbaas deur ’n vertrouensmosie uit te roep om ’n maande lange dooiepunt oor sy besparingsbegroting te beëindig.

Opposisiepartye het dit duidelik gemaak dat hulle teen sy minderheidsregering sal stem, wat dit hoogs onwaarskynlik maak dat hy genoeg steun sal kry om in die amp te bly.– AFP

2025-09-08 04:10:38 — ’n Mexikaanse man wat uit Amerika na Suid-Soedan gedeporteer is as deel van pres. Donald Trump se pogings teen immigrasie, het Sondag teruggekeer huis toe nadat hy deur sy regering gerepatrieer is.

Jesus Munoz Gutierrez was een van agt mans wat op 5 Julie na Suid-Soedan gedeporteer is.

Die Oos-Afrikaland is een van verskeie in Afrika en Sentraal-Amerika waar leiers ingestem het om migrante van sogenaamde derde lande wat uit Amerika gedeporteer is, te aanvaar.– AFP


2025-09-08 04:20:01 — ’n Mexikaanse man wat uit Amerika na Suid-Soedan gedeporteer is as deel van pres. Donald Trump se pogings teen immigrasie, het Sondag teruggekeer huis toe nadat hy deur sy regering gerepatrieer is.

Jesus Munoz Gutierrez was een van agt mans wat op 5 Julie na Suid-Soedan gedeporteer is.

Die Oos-Afrikaland is een van verskeie in Afrika en Sentraal-Amerika waar leiers ingestem het om migrante van sogenaamde derde lande wat uit Amerika gedeporteer is, te aanvaar.– AFP

2025-09-08 04:20:49 — Pres. Donald Trump het Sondag ’n “laaste waarskuwing” aan Hamas gerig om ’n ooreenkoms te aanvaar om gyselaars in Gasa vry te laat.

“Die Israeli’s het my voorwaardes aanvaar. Dit is tyd dat Hamas dit ook aanvaar. Dit is my laaste waarskuwing.”

Hamas het kort daarna gesê hy is gereed om “onmiddellik aan die onderhandelingstafel te sit” ná aanleiding van wat hy beskryf het as ’n “paar idees van die Amerikaanse kant wat daarop gemik is om ’n ooreenkoms te bereik”.– AFP

2025-09-08 04:29:16 — Miljoene mense in Londen berei voor vir ’n week van chaos nadat werkers van die Londense moltreinstelsel Sondag met ’n vyf dae lange staking begin het, treinstasies gesluit en gedreig het om die stelsel te verlam.

Verskeie roetes op die netwerk het reeds teen Sondagaand tot stilstand gekom en Transport for London (TfL), wat die stelsel bestuur, het gesê daar sal tussen Maandag en Donderdag min of geen diens wees nie.

Tot vyf miljoen passasiers gebruik daagliks die diens.– AFP

2025-09-08 05:26:44 — Meer as 1 000 mense het Sondag by ’n Tunisiese hawe byeengekom om ’n boot met humanitêre hulp van Barcelona te verwelkom met die omgewingsaktivis Greta Thunberg en ander pro-Palestynse aktiviste wat Israel se blokkade van Gasa wil verbreek.

“Ons almal weet hoekom ons hier is,” het Thunberg gesê.

“Net oorkant die water is daar ’n volksmoord aan die gang, ’n massa-hongersnood deur Israel se moordmasjien.”

Die boot sal Woensdag sy reis na Gasa hervat.– AFP

Swedish climate activist Greta Thunberg walks with a crowd of pro-Palestinian activists that arrived to greet the Global Sumud Flottila at the port of the village of Sidi Bou Said on September 7, 2025. More than 1,000 people gathered to welcome an aid boat from Barcelona carrying environmental activist Greta Thunberg and other pro-Palestinian campaigners seeking to break Israel's blockade of Gaza. (Photo by Yassine Mahjoub / AFP) (YASSINE MAHJOUB/AFP)

Greta Thunberg, die Sweedse klimaataktivis,  stap Sondag saam met ’n skare pro-Palestynse aktiviste by die hawe van die dorpie Sidi Bou Said, Tunisië.– AFP

2025-09-08 05:40:43 — Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die Taliban-regering versoek om beperkings op Afgaanse vroulike hulpwerkers op te hef sodat hulle sonder manlike voogde kan reis en vroue kan help wat sukkel om toegang tot behandeling te kry.

Dit volg nadat 2 200 mense gesterf het weens ’n kragtige aardbewing in die ooste van Afganistan.

“ ’n Baie groot probleem is nou die toenemende tekort aan vroulike personeel in hierdie plekke,” het dr. Moekta Sjarma, die adjunkverteenwoordiger van die WGO se kantoor in Afganistan, gesê.– Reuters


2025-09-08 06:01:35 — NetBlocks, ’n wêreldwye internetmonitor, het Maandag gesê dat toegang tot aanlyn platforms, insluitend X, YouTube, Instagram, Facebook, TikTok en WhatsApp, in Turkye op verskeie netwerke beperk is.

NetBlocks sê die beperkings kom nadat die hoofopposisie, die Republikeinse Volksparty (CHP), ’n beroep om betogings gedoen het nadat die polisie versperrings in gebiede rondom die party se hoofkwartier in Istanbul opgerig het.– Reuters

2025-09-08 06:28:16 — Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, het Hamas Maandag gewaarsku om sy wapens neer te lê of hy sal die vernietiging van Gasa en sy eie uitwissing moet trotseer.

“Dit is ’n laaste waarskuwing aan die Hamas-moordenaars en -verkragters in Gasa en in luukse hotelle in die buiteland: Laat die gyselaars vry en sit jul wapens neer, anders sal Gasa vernietig word en julle sal uitgewis word,” het Katz gesê.– AFP

2025-09-08 07:11:22 — Twee polisiebeamptes is dood en een gewond in ’n gewapende aanval op ’n polisiekantoor in die stad Izmir in die weste van Turkye, het die uitsaaier NTV Maandag berig.

Die aanvaller, wat na verneem word 16 jaar oud is, het op die Salih Isgoren-polisiekantoor in die Balcova-distrik losgebrand, luidens die berig.

Geen verdere besonderhede was onmiddellik beskikbaar nie.– Reuters

2025-09-08 07:27:10 — Pedro Sánchez, premier van Spanje, sê sy regering gaan die druk op Israel verhoog deur skepe en vliegtuie wat wapens aan boord het en na Israel op pad is, toegang tot Spaanse hawens en die Spaanse lugruim te verbied.

Hy het ook gesê die Spaanse regering sal meer hulp aan die Palestynse Owerheid en die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge verleen en ’n embargo op goedere plaas wat in Israeliese nedersettings in die besette Palestynse gebiede vervaardig is.– Reuters

2025-09-08 07:46:28 — Israel se nooddienste sê hulle het verslae ontvang van tot 15 mense wat Maandag gewond is toe skote by ’n kruispad in Oos-Jerusalem afgevuur is.

“Om 10:13 plaaslike tyd is berigte ontvang van bykans 15 beseerdes, blykbaar weens geweervuur, by die Ramot-aansluiting in Yigal Yadinstraat in Jerusalem,” lui ’n verklaring.

Die polisie sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat “verskeie mense in die skietery gewond is, en die terroriste is geneutraliseer”.– AFP


2025-09-08 08:18:06 — Vyf mense is Maandag in ’n skietvoorval by ’n kruispad in Oos-Jerusalem dood en verskeie ander gewond. Nooddienste en mediese spanne “het die dood van vyf van die slagoffers bekend gemaak, insluitend ’n man van ongeveer 50 jaar oud en drie mans van ongeveer 30 jaar oud”.

Mediese behandeling word aan verskeie mense verskaf, insluitend vyf mense wat na hospitale vervoer is.

Dit is nie onmiddellik bekend wie die skote afgevuur het of die motief daarvoor nie.– AFP, Reuters

Suspected shooting attack in Jerusalem People inspect a bus with bullet holes in the windshield at the scene where a suspected shooting attack took place at the outskirts of Jerusalem, September 8, 2025 REUTERS/Ronen Zvulun TPX IMAGES OF THE DAY (Ronen Zvulun/REUTERS)

Mense inspekteer ’n bus met koeëlgate in die voorruit op die toneel van ’n skietvoorval in Jerusalem.Foto: Reuters

2025-09-08 08:49:02 — Geen sanksies sal Rusland ooit dwing om van koers te verander oor Oekraïne nie, sê die Kremlin.

Europa en Oekraïne doen alles in hul vermoë om Amerika in hul wentelbaan te betrek, het Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, gesê in reaksie op pres. Donald Trump se opmerkings oor nuwe sanksies teen Rusland.– Reuters

2025-09-08 08:54:05 — Volker Türk, menseregtehoof van die Verenigde Nasies, waarsku dat “ontstellende tendense”, insluitend die verheerliking van geweld en die onttrekking van sommige state aan die multilaterale bestel, menseregte en die internasionale orde wêreldwyd ondermyn.

“Oorlogsreëls is aan flarde, met feitlik geen toerekenbaarheid nie,” sê Türk.

Hy het wydverspreide skendings in Rusland se volskaalse inval in Oekraïne sowel as die konflikte in Soedan, Mianmar, die Demokratiese Republiek die Kongo en Gasa veroordeel.– Reuters

2025-09-08 10:04:02 — Familie en nabye vriende sal Maandag bymekaarkom vir ’n private begrafnis vir Giorgio Armani, die legendariese Italiaanse modeontwerper wat verlede week in die ouderdom van 91 dood is.

Armani sal langs sy ouers en ouer broer ter ruste gelê word in ’n familiekapel in Rivalta, ’n dorpie sowat 100 km suidoos van Milaan en naby Piacenza, die stad waar hy gebore is.

Armani-winkels sal uit respek in die middag sluit.– Reuters

2025-09-08 10:18:08 — Die verhoor van die man wat daarvan beskuldig word dat hy pres. Donald Trump verlede jaar by sy gholfbaan in Florida probeer vermoor het, begin Maandag.

Ryan Routh (59) staan tereg op vyf aanklagte, insluitend poging tot moord.

Aanklaers beweer dat hy homself met ’n geweer versteek het by Trump se gholfbaan in West Palm Beach in die laaste weke van die 2024-verkiesingsveldtog.

Agente van die Amerikaanse geheimediens het Routh gesien, waarna hy vasgetrek is.

Routh het sy regspan afgedank en gaan homself verdedig.– Reuters


2025-09-08 10:52:03 — Minstens 10 betogers is Maandag dood nadat die polisie in Nepal traangas en waterkanonne gebruik het om betogers uiteen te jaag wat eis dat die regering sy verbod op sosiale media ophef en korrupsie bekamp.

Altesaam 87 betogers is ook beseer, het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Nepal het verlede week toegang tot verskeie sosialemediaplatforms, insluitend Facebook, geblokkeer omdat hulle nie by die owerhede geregistreer het nie in ’n poging om die misbruik daarvan teen te werk.– AFP, Reuters

2025-09-08 11:09:45 — Die Europese Unie (EU) het Maandag ’n noodlottige skietery deur Palestynse gewapende mans by ’n bushalte in Oos-Jerusalem veroordeel en sê dit beklemtoon die dringende behoefte aan ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas.

“Ons veroordeel hierdie aanval, soos ons alle lewensverlies veroordeel,” sê Anouar El Anouni, EU-woordvoerder. “Ons doen ’n beroep op de-eskalasie. Dit wys hoe noodsaaklik en kritiek ’n skietstilstand is.

“Burgerlikes, Palestyne en Israeli’s, het te lank en te veel gely. En dit moet nou eindig. Dit is hoog tyd om hierdie siklus van geweld te breek.”– AFP

2025-09-08 11:21:27 — Die Israeliese weermag sê ’n hommeltuig wat Maandag uit Jemen op die stad Eilat gelanseer is, is onderskep.

Volgens die weermag is nog ’n hommeltuig op die Negev in die suide van Israel geloods. Dit is nie bekend wat daarvan geword het nie.

Die Hoethi-rebellegroep, wat deur Iran ondersteun word, lanseer sedert die begin van die oorlog in Gasa missiele en hommeltuie op Israel.

Volgens die Hoethi’s tree hul vegters op in solidariteit met die Palestyne in Gasa. Israel bombardeer ook gebiede in Jemen, wat deur die Hoethi’s beheer word.– Reuters

2025-09-08 11:34:46 — Minstens twee Mosambiekse soldate en twee burgerlikes is dood nadat vegters van Isis die Mosambiekse hawestad Mocimboa da Praia Sondag aangeval het.

’n Inwoner, wat saam met sy gesin uit die stad gevlug het, sê die vegters het Sondag laat toegeslaan. Volgens die man is twee Mosambiekse soldate doodgemaak en twee inwoners onthoof.

’n Militêre amptenaar sê vier mense is dood. “Mosambiekse en Rwandese magte het onmiddellik gereageer en die Isis-vegters het teruggeval,” het hy gesê.– AFP

2025-09-08 11:40:56 —

Ethiopia hosts the Second Africa Climate Summit (ACS2), in Addis Ababa A circus group performs during the Second Africa Climate Summit (ACS2) in Addis Ababa, Ethiopia, September 8, 2025. REUTERS/Tiksa Negeri (Tiksa Negeri/REUTERS)

’n Sirkusgroep tree op tydens die Tweede Afrika-klimaatberaad (ACS2) in Addis Abeba, Ethiopië.Foto: Reuters


2025-09-08 12:07:21 — Israel het Maandag 'n reeks aanvalle in die ooste van Libanon uitgevoer.

Volgens die Israeliese weermag is plekke geteiken wat aan die Iran gesteunde Hezbollah-groep behoort. Libanon se staatsbeheerde nasionale nuusagentskap berig Israel het sewe aanvalle op die Hermel-streek uitgevoer.

Die Israeliese weermag sê in ’n verklaring dat verskeie "teikens wat aan die Hezbollah-terroristeorganisasie behoort" in die Bekaa-vallei getref is, insluitend wat beskryf word as opleidingsterreine wat deur die groep se elite-Radwan-mag gebruik word.

Israel beskou aktiwiteite en wapenopslagplekke van Hezbollah as ’n “blatante skending” van ’n ooreenkoms wat in November verlede jaar gesluit is om ’n einde te bring aan die vyandelikhede tussen die twee kante.– AFP

2025-09-08 12:24:21 — Prins William en sy vrou, Kate, het Maandag koninklike huldeblyke gelei op die derde herdenking van die dood van koningin Elizabeth. Prins Harry het ook na Brittanje gevlieg om hulde te bring aan sy ouma.

Elizabeth, Brittanje se langs regerende monarg, is op 8 September 2022 op 96-jarige ouderdom in die Balmoral-kasteel, haar Skotse somertoevlugsoord, ná 'n 70 jaar lange heerskappy dood.

Om die koningin se afsterwe te herdenk het die troonopvolger, William, en Kate die plaaslike tak van die Women's Institute naby hul huis in Windsor besoek, 'n organisasie na aan die oorlede koningin se hart.– Reuters

SUNNINGDALE, ENGLAND - SEPTEMBER 8: Catherine, Princess of Wales and Prince William, Prince of Wales speak to members as they visit the National Federation of Women's Institute (WI) to commemorate the three-year anniversary of the death of Queen Elizabeth II on September 8, 2025 in Sunningdale, England. (Photo by Alastair Grant - WPA Pool/Getty Images) (WPA Pool/Getty Images)

Koninklike huldeblyk

Prins William en sy vrou, Kate, herdenk die dood van koningin Elizabeth met ’n besoek aan die plaaslike tak van die Women’s Institute naby hul huis in Windsor, Engeland.

Foto: Getty Images

2025-09-08 12:35:57 — ’n Franse hof het Maandag beslis dat die appèl van Marine le Pen, leier van die Franse regse party Rassemblement National, en ander senior partylede weens die onregmatige aanwending van Europese Unie (EU)-geld op 13 Januarie sal begin.

Die saak het sy oorsprong in bewerings dat Le Pen en verskeie van haar partygenote EU-geld wat bestem was vir parlementêre assistente, onwettig aangewend het vir party-bedrywighede in Frankryk.

Hulle is vroeër skuldig bevind aan die misbruik van miljoene euro oor ‘n tydperk van ’n aantal jare.– Reuters

2025-09-08 12:37:06 —

OSLO, NORWAY - SEPTEMBER 8: A man exits a polling booth after casting his vote in the Norwegian parliamentary election on September 8, 2025 in Oslo, Norway. Elections are being held today to elect members of Norway's parliament, known as the Storting, for the 2025-2029 parliamentary term. (Photo by Carl Court/Getty Images) (Carl Court/Getty Images)

’n Man verlaat Maandag ’n hokkie in Oslo, Noorweë, nadat hy sy stem uitgebring het in die Noorweegse parlementsverkiesing. Daar word gestem vir lede van Noorweë se parlement vir die parlementêre termyn 2025-’29.Foto: Getty Images

2025-09-08 13:36:02 — Die Europese Unie (EU) sê dat hy nie humanitêre skepe met aktiviste na Gasa “aanmoedig” nie. Dit kom terwyl skepe met humanitêre hulp en pro-Palestina-aktiviste, insluitend Greta Thunberg, op pad is na die oorloggeteisterde gebied.

“Ons moedig nie skepe soos hierdie aan nie, want hulle kan basies die situasie eskaleer,” sê Ewa Hrncirowa, EU-woordvoerder.

Sy sê die EU glo die “beste manier om die humanitêre hulp te lewer” is via vennoot-organisasies wat op voetsoolvlak werk.– AFP


2025-09-08 13:37:00 — Die Internasionale Strafhof (IS) het Maandag ’n verhoor oor misdade teen die mensdom teen die voormalige Filippynse president Rodrigo Duterte “tot verdere kennisgewing” uitgestel. Regters moet eers sy geskiktheid om aan die verhoor deel te neem oorweeg.

Duterte sou op 23 September in die hof verskyn het om die aanklagte aan te hoor oor sy jare lange veldtog teen dwelmgebruikers en -handelaars, wat menseregtegroepe sê tot die dood van duisende mense gelei het.

Die hof het besluit om die verhoor uit te stel totdat uitspraak gelewer is oor ’n mosie van die verdediging dat die 80-jarige nie geskik is om tereg te staan nie.– AFP

2025-09-08 13:38:30 — Afrika-leiers sê hulle beoog om ’n globale model te bied vir die aanpak van die klimaatkrisis.

Die vasteland, wat vanjaar deur grondstortings, vloede en droogtes geteister is, hou sy tweede klimaatberaad in Ethiopië en leiers is op soek na ’n gemeenskaplike stem voordat globale klimaatgesprekke op COP 30 in Brasilië plaasvind.

“Ons is nie hier om oor ons oorlewing te onderhandel nie. Ons is hier om die wêreld se volgende klimaat-ekonomie te ontwerp,” het Abij Ahmed, Ethiopië se premier, Maandag op die openingseremonie gesê.– Reuters

2025-09-08 14:01:46 —

Palestinians inspect the site of an overnight Israeli strike on a tent, in Gaza City A Palestinian woman carries a prayer mat at the site of an overnight Israeli strike on a tent, in Gaza City, September 8, 2025. REUTERS/Mahmoud Issa TPX IMAGES OF THE DAY (Mahmoud Issa/REUTERS)

’n Palestynse vrou dra Maandag ’n gebedsmat by die plek waar ’n Israeliese aanval oornag  ’n tent in Gasa getref het.Foto: Reuters

2025-09-08 14:09:25 — Minstens 19 betogers is Maandag dood toe die polisie in Nepal jong betogers in Katmandoe uiteengejaag het wat geëis het dat die regering sy sosialemedia-verbod ophef en korrupsie aanpak.

Verskeie sosialemedia-platforms, insluitend Facebook, YouTube en X, is sedert Vrydag ontoeganklik in Nepal nadat die regering 26 platforms geblokkeer het.

Duisende betogers het uit protes die strate ingevaar en die polisie het hulle met rubberkoeëls, traanrook, waterkanonne en knuppels begroet toe die betogers deur doringdraad om ’n afgesperde gebied naby die parlement gebreek het.– AFP

Betogers dra Maandag ’n beseerde polisieman gedurende protesoptrede buite die parlement in Katmandoe, Nepal. Minstens 19 mense is dood nadat die polisie rubberkoeëls afgevuur en traanrook en waterkanonne gebruik het om betogers uitmekaar te jaag wat geëis het dat die regering sy verbod op sosiale media ophef en korrupsie aanpak.Foto: AFP

2025-09-08 14:34:42 — Rick Davies, die medestigter en hoofsanger van die Britse rockgroep Supertramp, is in die ouderdom van 81 jaar dood ná ’n dekade lange stryd teen kanker, het die groep aangekondig.

Die sanger, bekend vir treffers soos “Goodbye Stranger” en “Bloody Well Right”, is Saterdag by sy huis in Long Island, New York, dood.

Luidens ’n verklaring wat die groep op sy amptelike webwerf geplaas het, is ’n soort bloedkanker meer as 10 jaar gelede by Davies gediagnoseer.– AFP

(FILES) Supertramp rock band's founder, singer and musician Rick Davies performs on stage during a concert part of the "70-10" tour with several group's members on October 18, 2010 at the Bercy POPB concert hall in Paris. Supertramp celebrates this year its 40th anniversary. Rick Davies, who was co-founder and lead singer for British rock band Supertramp, has died at age 81 after a decade-long battle with cancer, the group announced September 7, 2025. As co-writer with partner Roger Hodgson, Davies was the voice and pianist behind Supertramp's most iconic songs, leaving a mark on rock music history with hits like "Goodbye Stranger" and "Bloody Well Right. (Photo by FRANCOIS GUILLOT / AFP) (FRANCOIS GUILLOT/AFP)

Rick Davies, die medestigter en hoofsanger van die Britse rockgroep Supertramp, hier in 2010 gedurende ’n optrede saam met die groep in Parys.Foto: AFP


2025-09-08 14:37:11 — Minstens 19 betogers is Maandag dood toe die polisie in Nepal jong betogers in Katmandoe uiteengejaag het wat geëis het dat die regering sy sosialemedia-verbod ophef en korrupsie aanpak.

Verskeie sosialemedia-platforms, insluitend Facebook, YouTube en X, is sedert Vrydag ontoeganklik in Nepal nadat die regering 26 platforms geblokkeer het.

Duisende betogers het uit protes die strate ingevaar en die polisie het hulle met rubberkoeëls, traanrook, waterkanonne en knuppels begroet toe die betogers deur doringdraad om ’n afgesperde gebied naby die parlement gebreek het.– AFP

Demonstrators carry an injured police personnel during a protest outside the Parliament in Kathmandu on September 8, 2025, held to condemn the government over social media prohibitions and corruption. At least 16 protesters were killed on September 8 after Nepal police fired rubber bullets, tear gas and water cannon to disperse demonstrators demanding the government lift its ban on social media and tackle corruption. (Photo by Prabin RANABHAT / AFP) (PRABIN RANABHAT/AFP)

Betogers dra Maandag ’n beseerde polisieman gedurende protesoptrede buite die parlement in Katmandoe, Nepal. Minstens 19 mense is dood nadat die polisie rubberkoeëls afgevuur en traanrook en waterkanonne gebruik het om betogers uitmekaar te jaag wat geëis het dat die regering sy verbod op sosiale media ophef en korrupsie aanpak.Foto: AFP

2025-09-08 15:03:13 — Die polisie het Maandag ’n 16-jarige in hegtenis geneem ná ’n dodelike skietvoorval by ’n polisiekantoor in die stad Izmir in die weste van Turkye wat twee beamptes dood en twee ander gewond gelaat het, het Turkye se minister van binnelandse sake gesê.

Die aanvaller het in die Salih Isgoren-polisiekantoor in die Balcova-distrik losgebrand. Een van die twee gewonde polisiebeamptes is in ’n ernstige toestand.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.– AFP

2025-09-08 15:36:52 — ’n Federale appèlhof in Amerika het Maandag geweier om ’n uitspraak van $83,3 miljoen teen pres. Donald Trump tersyde te stel vir die skade aan die reputasie van die skrywer E. Jean Carroll in 2019 toe Trump haar verkragtingsaanklag ontken het.

’n Appèlhof in Manhattan het Trump se argument verwerp dat die uitspraak van Januarie 2024 tersyde gestel moet word omdat hy as president immuniteit teen Carroll se regsgeding sou geniet.

Carroll (81), ’n voormalige rubriekskrywer vir die tydskrifElle, het Trump daarvan beskuldig dat hy haar in 1996 verkrag het in die aantrekkamer van ’n winkel.– Reuters

US court upholds $83 mn sex assault defamation order against Trump (FILES) US writer E. Jean Carroll departs the Manhattan Federal Court in New York City on May 9, 2023. A US appeals court upheld on September 8, 2025, a jury's $83.3 million penalty against President Donald Trump for defaming author E. Jean Carroll whom he was found to have sexually assaulted. (Photo by Ed JONES / AFP) (ED JONES/AFP)

E. Jean Carroll in 2023. Foto: AFP

2025-09-08 16:02:06 —

Funeral of Jerusalem shooting attack victim Levi Itzhak Pash A girl stands behind a curtian during the funeral procession of Israeli Levi Itzhak Pash, who was killed when Palestinian gunmen opened fire at a bus stop at the outskirts of Jerusalem, in Jerusalem September 8, 2025. REUTERS/Ronen Zvulun TPX IMAGES OF THE DAY (Ronen Zvulun/REUTERS)

’n Meisie staan agter ’n gordyn tydens die begrafnisoptog vir Levi Itzhak Pash, wat dood is toe gewapende Palestynse mans Maandag op ’n bushalte in Oos-Jerusalem losgebrand het. Ses mense is dood en verskeie gewond.Foto: Reuters

2025-09-08 16:17:02 — Die leiers van die 11 Brics-lande het Maandag in ’n virtuele vergadering uitgevaar teen ekonomiese proteksionisme en "tariefafpersing".

Die groep van opkomende ekonomieë het vergader op inisiatief van Brasilië se pres. Luiz Inacio Lula da Silva, wat gesê het dit is nodig om die "intensivering van eensydige maatreëls" in die wêreld te takel.

Die Brics-groepering verteenwoordig byna 40% van die wêreld se BBP en amper die helfte van die wêreldbevolking.

Verskeie van sy lede is onder dié wat die meeste geraak word deur wat Lula Maandag beskryf het as "tariefafpersing" en "onregverdige en onwettige" handelspraktyke deur Amerika.– AFP

In this pool photograph distributed by the Russian state agency Sputnik, Russia's President Vladimir Putin attends an extraordinary virtual summit of the BRICS group of nations (the bloc that includes Brazil, Russia, India, China and South Africa) in Sochi on September 8, 2025. (Photo by Vyacheslav PROKOFYEV / POOL / AFP) (VYACHESLAV PROKOFYEV/AFP)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland woon Maandag ’n buitengewone virtuele beraad van die Brics-lande by.Foto: AFP


2025-09-08 16:38:27 — Pres. Donald Trump het Maandag sy tevredenheid uitgespreek nadat ’n toekenningsgeleentheid by die West Point- militêre akademie ter ere van die akteur Tom Hanks, ’n kritikus van Trump, gekanselleer is.

Die Oscar-bekroonde Hanks, bekend om onder meer sy hoofrol in die Tweede Wêreldoorlog-fliekSaving Private Ryan, asook sy werk as medevervaardiger saam met Steven Spielberg aan die televisiereeksBand of Brothers, sou later vandeesmaand deur die akademie se alumni-vereniging gehuldig word.

"Ons wonderlike West Point (wat die heeltyd al hoe beter word!) het wyslik die toekenningsgeleentheid vir die akteur Tom Hanks gekanselleer. Belangrike besluit!" het Trump op sy Truth Social-platform geskryf.

"Ons het nie destruktiewe, WOKE ontvangers nodig om ons gekoesterde Amerikaanse eerbewyse te kry nie!!!"– AFP

FORREST GUMP (1994) FORREST GUMP 1994 de Robert Zemeckis Tom Hanks. d'apres le roman de Winston Groom based on the novel by Winston Groom COLLECTION CHRISTOPHEL � Paramount Pictures (Photo by PARAMOUNT PICTURES / Collection ChristopheL via AFP) (PARAMOUNT PICTURES/Collection ChristopheL via AFP)

Die akteur Tom Hanks as Forrest Gump in die gelyknamige 1994-fliek.Foto: AFP

2025-09-08 17:17:47 — Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, het inwoners van Gasastad Maandag gewaarsku om die stad te ontruim, ure nadat die Israeliese weermag gesê het dat hy lugaanvalle op die enklawe sou verskerp. “Julle is gewaarsku – vertrek nou,” het Netanyahu gesê.

Volgens Netanyahu is Israeliese soldate besig om byeen te kom om ’n grond-maneuver in Gasastad uit te voer.

Israel se lugaanvalle in Gasastad het tot aansienlike vernietiging gelei wat deur baie lande as ’n verergerende humanitêre krisis bestempel word.– Reuters

2025-09-08 17:28:26 — Die Franse parlement het Maandag die regering van premier Francois Bayrou ná slegs nege maande uit die kussings gelig.

Bayrou het selfs sy bondgenote verstom deur ’n vertrouensmosie uit te roep om ’n langdurige dooiepunt oor sy besparingsbegroting te beëindig, wat byna €44 miljard ($52 miljard) se kostebesparings in die vooruitsig gestel het om Frankryk se skuld te verminder.

Bayrou is die eerste premier in die geskiedenis van die moderne Frankryk wat deur ’n vertrouensmosie eerder as ’n wantrouemosie verwyder is.

Hy sal Dinsdagoggend sy bedanking indien.– AFP

France's Prime Minister Francois Bayrou listens to speeches following his general policy statement during the parliamentary extraordinary session prior to a confidence vote over the government's austerity budget, at the National Assembly in Paris on September 8, 2025. France's parliament is expected to oust Prime Minister Francois Bayrou on September 8, 2025 after just nine months in office, plunging the key EU member into new political uncertainty and creating a painful dilemma for President Emmanuel Macron. Bayrou blindsided even his allies by calling a confidence vote to end a months-long standoff over his austerity budget, which foresees almost 44 billion euros ($52 billion) of cost savings to reduce France's debt pile. (Photo by Bertrand GUAY / AFP) (Photo by BERTRAND GUAY/AFP via Getty Images) (BERTRAND GUAY/AFP via Getty Images)

In die pad gesteek...

Die Franse parlement het Maandag gestem om Francois Bayrou, premier, van sy amp te onthef.Foto: Getty Images

2025-09-08 17:42:28 — Die Britse mediagroep Reach, eienaar van koerante soos dieDaily ExpressenDaily Mirror, het Maandag sy grootste herstrukturering tot nog toe aangekondig waartydens 321 bestaande poste afgeskaf sal word.

Volgens David Higgerson, hoof-inhoudsbeampte van Reach, is dit “die grootste reorganisasie wat ons nog ooit aangepak het, selfs meer as in die vroeë dae van die digitale revolusie”.

Reach is een van Brittanje se grootste koerant- en tydskrifgroepe.– AFP

2025-09-08 17:49:45 —

People react after French PM faces defeat in confidence vote in parliament Protesters hold a banner which reads "Bye Bayrou" as they gather for a "Bayrou’s farewell party" protest in front of the city hall in Nantes after French Prime Minister Francois Bayrou failed to secure a majority from MPs in a confidence vote during an extraordinary session at the National Assembly, France, September 8, 2025. REUTERS/Stephane Mahe (Stephane Mahe/REUTERS)

Betogers hou ’n banier vas voor die stadsaal in Nantes nadat Francois Bayrou, premier van Frankryk, nie daarin kon slaag om ’n meerderheid van stemme onder LP’s in ’n vertrouensmosie te wen nie.Foto: Reuters


2025-09-08 18:04:59 — Pres. Nicolás Maduro van Venezuela het 25 000 troepe langs die Karibiese kus en die grens met Colombia ontplooi te midde van spanning met pres. Donald Trump van Amerika.

Maduro sê hy het die soldate na die grens met Colombia en die noordoostelike kus, waar die land se grootste olieraffinaderye geleë is, gestuur. Die ontplooiing is daarop gemik om "die verdediging van nasionale soewereiniteit, die veiligheid van die land en die stryd om vrede te verseker", voeg hy by.

Die ontplooiing volg nadat Trump Amerikaanse oorlogskepe na die Karibiese Eilande gestuur het om Venezolaanse dwelmsmokkelaars te bestry. Amerikaanse magte het verlede week 'n vermeende dwelmboot met 11 mense aan boord in die Karibiese Eilande opgeblaas.– AFP

2025-09-08 18:23:41 — Een van die vier terminale van die Heathrow-lughawe in Londen is Maandag gesluit en ontruim nadat nooddienswerkers op  ’n voorval moes reageer.

“Moet asseblief nie na terminaal 4 reis nie, kollegas ondersteun passasiers op die perseel. Ons sal verdere inligting verskaf sodra ons kan, alle ander terminale funksioneer soos normaal,” lui ’n inskrywing van die lughawe op X.

Die rede vir die ontruiming is nie onmiddellik bekend gemaak nie.– Reuters

2025-09-08 18:31:52 — Pres. Emmanuel Macron van Frankryk sal binnekort ’n nuwe premier aanstel nadat François Bayrou, huidige premier, Maandag ná ’n wantrouemosie in die parlement sy pos verloor het.

Die presidensie het bevestig Macron sal Dinsdag met Bayrou vergader om sy bedanking te aanvaar. ’n Nuut aangestelde premier word binne die volgende paar dae verwag.

Die Franse politieke stelsel voorsien dat die president die premier, wat die regering lei en verantwoordelik is vir die daaglikse uitvoering van beleid, aanstel. ’n Verandering in die premier beteken dikwels kabinetsveranderinge en nuwe beleidsrigtings. Macron, wat reeds sedert 2017 aan die bewind is, het al verskeie kere sy regering herskik om sy beleidsdoelwitte te realiseer te midde van politieke uitdagings.– AFP

2025-09-08 18:32:58 —

Designer Giorgio Armani's private funeral, in Rivalta A hearse with the coffin of late Italian fashion designer Giorgio Armani arrives at San Martino church ahead of his private funeral ceremony, in Rivalta, Italy September 8, 2025. REUTERS/Gonzalo Fuentes TPX IMAGES OF THE DAY (Gonzalo Fuentes/REUTERS)

’n Lykwa met die kis van die oorlede Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani arriveer Maandag voor sy private begrafnisdiens by die San Martino-kerk in Rivalta, Italië.Foto: Reuters

2025-09-08 18:59:27 — Meer as 1 500 rolspelers in die fliekbedryf, onder wie die akteurs Olivia Colman en Mark Ruffalo, het Maandag beloof om Israeliese fliekinstellings te boikot wat "betrokke is by volksmoord" in die Gasastrook.

"Ons onderneem om nie flieks te vertoon, op te tree by of op enige ander manier saam te werk met Israeliese fliekinstellings nie – insluitend feeste, bioskope, uitsaaiers en produksiehuise – wat betrokke is by volksmoord en apartheid teen die Palestynse volk," lui ’n ope brief wat inThe Guardiangepubliseer is.– AFP

British actress Olivia Coleman poses on the red carpet on arrival to attend the European premiere of the film 'The Lost Daughter', during the 2021 BFI London Film Festival in London on October 13, 2021. (Photo by JUSTIN TALLIS / AFP) (JUSTIN TALLIS/AFP)

Die Britse aktrise Olivia Colman.Foto: AFP


2025-09-08 19:31:05 — Die Amerikaanse federale hooggeregshof het Maandag weer pres. Donald Trump se streng benadering tot immigrasie ondersteun deur federale agente toe te laat om voort te gaan met klopjagte in Suid-Kalifornië waarin mense op grond van hul ras of taal geteiken word.

Die hof het ’n versoek van die departement van justisie toegestaan om ’n regter se bevel tydelik op te hef wat immigrasie-agente verbied het om mense voor te keer of aan te hou sonder 'n "redelike vermoede" dat hulle onwettig in die land is.– Reuters

U.S. President Trump delivers remarks to the White House Religious Liberty Commission, in Washington, D.C. U.S. President Donald Trump delivers remarks to the White House Religious Liberty Commission at the Museum of the Bible, in Washington, D.C., U.S., September 8, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein TPX IMAGES OF THE DAY (Evelyn Hockstein/REUTERS)

Pres. Donald Trump praat Maandag by die Withuis se kommissie vir godsdiensvryheid by die Museum van die Bybel in Washington DC.Foto: Reuters

2025-09-08 20:02:19 — ’n Nota wat na bewering van pres. Donald Trump afkomstig is en waarin hy die seksmisdadiger Jeffrey Epstein ’n gelukkige verjaardag toewens – en na hul "wonderlike geheim" verwys – is Maandag deur Demokratiese wetgewers uitgereik nadat Trump ontken het dit bestaan.

Demokrate wat in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers se toesigkomitee dien, wat ondersoek instel na die hantering van ’n strafregtelike ondersoek na Epstein, het die nota op sosiale media gepubliseer nadat dit saam met ander dokumente deur Epstein se boedel oorhandig is.

Die beweerde boodskap van Trump in die buitelyne van ’n vrou se liggaam sluit die volgende reël in: “Ons het sekere dinge gemeen, Jeffrey.”– AFP

Pres. Donald Trump se beweerde verjaardagnota aan Jeffrey Epstein.Skermgreep:X/OversightDems

2025-09-08 20:22:34 — Friedrich Merz, die Duitse bondskanselier, het Maandag gewaarsku dat pres. Wladimir Poetin van Rusland se “imperialistiese plan nie by die verowering van Oekraïne sal eindig nie, maar eerder net die begin is”.

Merz het Maandag op ’n konferensie van Duitsland se ambassadeurs gesê: “Ons het geskiedkundige take, naamlik die bou van ’n nuwe veiligheidsargitektuur wat vir die volgende dekades moet hou.

“Wat ons die liberale wêreldorde genoem het, is onder druk van vele kante … ’n Nuwe konflik tussen stelsels het uitgebreek – tussen liberale demokrasieë en ’n groepering van outokrasieë,” het Merz gesê.– AFP

2025-09-09 03:27:56 — Die Global Sumud Flotilla (GSF) vir Gasa sê een van sy bote is deur ’n hommeltuig in Tunisiese waters getref.

Tunisiese owerhede sê die ontploffing het binne die vaartuig ontstaan en die woordvoerder van Tunisië se Nasionale Garde sê gerugte van ’n hommeltuigaanval op die flottielje is onwaar.

Die boot het brandskade aan sy hoofdek en onderdek-berging opgedoen, het die GSF gesê.

Die flottielje is ’n internasionale inisiatief wat daarop gemik is om humanitêre hulp aan Gasa te lewer.– Reuters

2025-09-09 03:33:11 — David O’Sullivan, die Europese Unie (EU) se gesant vir sanksies, is in Washington saam met ’n span kundiges om verdere sanksies teen Rusland met hul Amerikaanse ampsgenote te bespreek.

Pres. Donald Trump het Sondag gesê hy is gereed om oor te gaan na ’n tweede fase van beperkings weens Rusland se oorlog in Oekraïne.

Antonio Costa, president van die EU-raad, sê die nuwe sanksies word nou met Amerika gekoördineer.– Reuters


2025-09-09 03:42:56 — Die Murdoch-familie het ’n ooreenkoms bereik wat verseker dat Rupert Murdoch se oudste seun, Lachlan, beheer oor die familie se media-ryk sal behou.

Die ooreenkoms, wat Maandag aangekondig is, beëindig ’n familietwis oor wie een van die mees prominente globale mediagroepe sal beheer en stel vrae oor opvolging binne die Murdoch-familie ná die dood van die patriarg tot rus.

Die drama word beskou as een van die inspirasies vir die televisiereeksSuccession, wat handel oor die binnegevegte tussen die lede van ’n media-dinastie.– Reuters

2025-09-09 03:51:40 — Nepal het ’n verbod op sosiale media opgehef minder as een dag nadat betogings wat deur die verbod veroorsaak is, tot die dood van 19 mense gelei het.

Die regering het die sosialemedia-verbod wat verlede week ingestel is, teruggetrek, het Prithvi Soebba Goeroeng, kabinetswoordvoerder en minister van kommunikasie en inligtingstegnologie, gesê.

Die besluit het gekom nadat 19 mense dood en meer as 100 beseer is in betogings Maandag teen wydverspreide korrupsie.

Die betogings is deur die verbod ontketen.– Reuters

2025-09-09 04:01:24 — ’n Aardbewing het Athene Dinsdagoggend getref, sonder enige berigte van skade of sterftes.

Die Athene- Geodinamiese Instituut het gesê die aardbewing van 5,2 het getref naby die eiland Evia, ongeveer 50 km noordoos van Athene, teen ’n diepte van 10 km.

’n Brandweerbeampte het aan Reuters gesê daar was tot dusver geen oproepe vir hulp nie.

“Ons magte is besig om potensiële skade te ondersoek,” het die beampte gesê.– Reuters

2025-09-09 04:02:23 — Noorweë se minderheidsregering onder leiding van die Arbeidersparty het Maandag ’n tweede termyn aan die bewind gewen, terwyl die populistiese regses hul beste verkiesingsuitslag ooit behaal het.

Jonas Gahr Stoere, die huidige premier, se Arbeidersparty en vier kleiner, linksgesinde partye het 87 setels gewen, bo die 85 wat nodig is vir ’n meerderheid, met 99% van die stembriewe wat getel is.

Stoere sal egter steeds sterk afhanklik bly van sy kleiner bondgenote om belangrike wetgewing soos fiskale begrotings deur te voer.– Reuters

2025-09-09 04:11:22 — Tien mense is dood en minstens 61 beseer toe ’n vragtrein in Sentraal-Mexiko teen ’n dubbeldekker-passasiersbus gebots het.

Die bus het volgens die treinoperateur probeer om ’n spoorwegoorgang voor die bewegende trein oor te steek.

Canadian Pacific Kansas City de Mexico, die spoorwegmaatskappy, het sy meegevoel met die slagoffers se families betuig en bestuurders versoek om padtekens en stopbevele by spoorwegoorgange te respekteer.

Die busoperateur Herradura de Plata het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.– Reuters


2025-09-09 04:30:10 — Keir Starmer, premier van Brittanje, het Maandag in Londen met pres. Mahmoed Abbas van die Palestynse Owerheid vergader.

Die leiers het “die behoefte aan ’n dringende oplossing om die verskriklike lyding en hongersnood” in Gasa te beëindig, asook die vrylating van gyselaars wat deur Hamas aangehou word, bespreek.

Abbas het Brittanje se “belofte om ’n Palestynse staat te erken voor die vergadering van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering later vandeesmaand, tensy Israel sy koers verander”, verwelkom.– AFP

Britain's Prime Minister Keir Starmer (R) shakes hands with Palestinian president Mahmud Abbas (L) at the beginning of their meeting at 10 Downing Street in London on September 8, 2025. (Photo by Jonathan Brady / POOL / AFP) (JONATHAN BRADY/AFP)

Pres. Mahmoed Abbas van die Palestynse Owerheid en Keir Starmer, premier van Brittanje, gee mekaar Maandag in Londen die hand.Foto: AFP/Pool

2025-09-09 05:26:47 — Die Israeliese weermag het Dinsdag inwoners van Gasastad beveel om te ontruim voor ’n nuwe offensief om die enklawe se grootste stedelike sentrum te beset.

Die oorname van die stad van een miljoen Palestyne bemoeilik pogings tot ’n skietstilstand om die oorlog te beëindig, terwyl premier Benjamin Netanyahu sy plan deurvoer om Hamas se twee oorblywende vestings te verower.

Netanyahu het gesê Israel het geen ander keuse as om die werk te voltooi en Hamas te verslaan nie, omdat Hamas weier het om sy wapens neer te lê.– Reuters

Israeli Airstrike hits al-Ruya Tower in Gaza City GAZA CITY, GAZA - SEPTEMBER 07: Flames and smoke rise from the building following the Israeli army bombs the al-Ruya Tower in Gaza City, Gaza, on September 07, 2025. (Photo by Ali Jadallah/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Vlamme en rook styg op nadat die Israeliese leër die Al-Roeja-toring in Gasastad, Gasa, Maandag aangeval het.Foto: Getty Images/Anadolu

2025-09-09 06:02:47 — Thailand se hooggeregshof het Dinsdag gelas dat Thaksin Sjinawatra (76), die land se voormalige premier,  een jaar tronkstraf uitdien.

Thaksin is in 2023 tot agt jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie en magsmisbruik.

Hy is egter toe na ’n privaat hospitaalkamer geneem, waar sy vonnis deur koninklike kwytskelding tot een jaar verminder is, voordat hy vrygelaat is ingevolge ’n skema vir die vroeë vrylating van bejaarde gevangenes.

Die hof het bevind dat hy die tronkstraf van 2023 onbehoorlik in die hospitaal uitgedien het.– AFP

2025-09-09 06:50:18 — Die Israeliese weermag sê hulle gaan met meer kragdadigheid in Gasastad optree.

Vroeër is berig die weermag het inwoners beveel om Gasastad te verlaat.

“Aan alle inwoners van Gasastad... die verdedigingsmagte is vasbeslote om Hamas te verslaan en sal meer kragdadig in die Gasastad-gebied optree,” het kol. Avichay Adraee gesê.– AFP

2025-09-09 07:02:52 — Twee Britse mans is onder verdenking van dwelmsmokkelary in Bali in hegtenis geneem.

Indonesië lê dwelmsmokkelaars gewoonlik die doodstraf op, hoewel die land bykans ’n dekade laas so ’n vonnis voltrek het.

Rudy Ahmad Sudrajat, hoof van Bali se narkotika-agentskap, het gesê ’n lughawe-veiligheidsbeampte het verlede Woensdag een van die mans by ’n sekuriteitskontrolepunt voorgekeer.

Hy is met ongeveer 1,3 kg kokaïen betrap.

Die polisie het die tweede man verlede Donderdag by ’n villa in die Badung-distrik in hegtenis geneem.– AFP


2025-09-09 07:39:43 — ’n Kragstasie, ‘n wapenfabriek en ’n olie-aanleg naby Khartoem in Soedan het Dinsdag onder aanvalle deur krygshommeltuie deurgeloop.

’n Militêre bron sê  ’n lugbasis is ook geteiken.

Die lugaanvalle het ’n tydperk van betreklike kalmte in Khartoem beëindig wat geheers het sedert die weermag vegters van die paramilitêre blitsondersteuningsmag (RSF) in Mei uit die gebied verdryf het.

Die aanvalle het omstreeks 05:00 plaaslike tyd begin.– AFP

2025-09-09 07:43:32 — Pres. Emmanuel Macron van Frankryk moet sy vyfde premier in minder as twee jaar aanwys nadat opposisiepartye saamgespan het om Francois Bayrou weens sy ongewilde planne vir die begroting as premier uit te skop.

Bayrou sal Dinsdag amptelik sy bedanking aan Macron indien.

Wie ook al Macron kies om hom op te volg, sal die byna onmoontlike taak hê om die parlement te verenig en maniere te vind om ’n begroting vir volgende jaar goedgekeur te kry.– Reuters

2025-09-09 08:16:47 — Rebelle van die Geallieerde Demokratiese Magte het meer as 50 burgerlikes by ’n begrafnis in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo vermoor.

Die aanval het Maandagaand in die dorp Ntoyo in die Noord-Kivu-provinsie plaasgevind.

“Die slagoffers is omstreeks 21:00 by ’n roudiens onkant betrap en die meeste van hulle is met kapmesse doodgemaak,” het ’n plaaslike regeringsamptenaar gesê.

Kol. Alain Kiwewa van die weermag sê die dodetal is ongeveer 60 en kan styg aangesien mense vermis word.– Reuters

2025-09-09 08:22:41 — Israel het die sloping van die huise van twee Palestynse gewapende mans wat mense by ’n bushalte in Jerusalem aangeval het, gelas.

Die regering sal ook die werkpermitte van honderde van hul mede-dorpenaars en familielede herroep.

Die gewapende mans, van twee dorpe in die besette Wesoewer, het Maandag op ’n bushalte in die buitewyke van Jerusalem losgebrand en ses mense vermoor.

Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, sê hy het gelas dat sanksies opgelê word teen die aanvallers se familielede en inwoners van die twee dorpe.– Reuters

2025-09-09 08:40:40 — Twee vermeende rebelle en twee soldate is in ’n skermutseling in Indië se deel van Kasjmir dood.

Die skietgeveg het Maandag in ’n woud in die suide van Kulgam in die betwiste gebied begin toe soldate ’n soektog na gewapende militante van stapel gestuur het nadat hulle ’n wenk ontvang het.

Dit het ’n “hewige oor-en-weer-skietery” ontketen wat twee dae voortgeduur en tot die sterftes gelei het, het ’n afdeling van die weermag gesê.– AFP


2025-09-09 08:54:03 — Jong betogers in Nepal het Dinsdag ’n aandklokreël verontagsaam om hul woede teenoor die regering te kenne te gee ’n dag nadat 19 mense tydens betogings dood is.

Die betogings het deels gehandel oor ’n verbod op sosiale media wat sedertdien opgehef is.

Sjechar Chanal, polisiewoordvoerder, sê verskeie groepe het Dinsdag geweier om aan ’n aandklokreël gehoor te gee en het gewelddadig geraak.

Sommige betogers het die eiendomme van politici en regeringsgeboue geteiken.– AFP

A demonstrator shouts slogans during a protest outside the Parliament in Kathmandu on September 8, 2025, condemning social media prohibitions and corruption by the government. Nepal police on September 8 opened fire, killing at least 17 people as thousands of young protesters took to the streets of Kathmandu demanding the government lift a social media ban and tackle corruption. (Photo by PRABIN RANABHAT / AFP) (PRABIN RANABHAT/AFP)

’n Betoger skree slagspreuke tydens ’n betoging buite die parlement in Katmandoe, Nepal.Foto: AFP

2025-09-09 09:13:42 — K.P. Sharma Oli, premier van Nepal, het Dinsdag bedank.

Vroeër is berig jong betogers het Dinsdag ’n aandklokreël verontagsaam om hul woede teenoor die regering te kenne te gee, ’n dag nadat 19 mense tydens betogings dood is.

“Die premier het bedank,” het Prakash Silwal, Oli se assistent, gesê.

Oli het vroeër Dinsdag ’n vergadering van alle politieke partye belê en gesê geweld is nie in die belang van die nasie nie en “ons moet ons tot vreedsame dialoog wend om oplossings vir enige probleem te vind”.– Reuters

2025-09-09 09:36:15 — Die polisie in Frankryk het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat varkkoppe buite verskeie moskees in die Parys gevind is.

Die koppe is op openbare paaie in Parys en by twee nabygeleë gebiede buite die stad ontdek.

Bruno Retailleau, minister van binnelandse sake, het die dade veroordeel en dit as “skandalig” en “absoluut onaanvaarbaar” beskryf.

“Ek wil hê ons Moslem-landgenote moet hul geloof in vrede kan beoefen.”– AFP

2025-09-09 09:42:47 — Meer as 20 mense is dood in ’n Russiese aanval op ’n dorp in die Donetsk-streek, Oekraïne.

“ ’n Brutale, barbaarse Russiese lugaanval met ’n lugbom op die landelike nedersetting, Yarova, in die Donetsk-streek. Direk op mense. Gewone burgerlikes. Op die presiese oomblik toe pensioene uitbetaal is. Volgens voorlopige inligting is meer as 20 mense dood,” het pres. Wolodimir Zelenski op sosiale media geskryf.– AFP

2025-09-09 10:06:57 — Ethiopië het Dinsdag amptelik Afrika se grootste hidroëlektriese dam ingewy.

Die projek gaan energie aan miljoene Ethiopiërs verskaf.

Ethiopië, die vasteland se tweede mees bevolkte nasie met meer as 120 miljoen mense, beskou die Grand Ethiopian Renaissance Dam van $5 miljard as sentraal tot sy ekonomiese ambisies.

Die dam se krag het geleidelik toegeneem sedert die eerste turbine in 2022 aangeskakel is en het Dinsdag sy maksimum kapasiteit van 5 150 MW bereik.

Dit plaas dit onder die 20 grootste hidroëlektriese damme ter wêreld.– Reuters

Ethiopia inaugurates GERD hydropower project, in Guba An Ethiopian flag flutters in the wind next to the Grand Ethiopian Renaissance Dam (GERD), built along the Blue Nile, during its inauguration, in Guba, Benishangul-Gumuz region, Ethiopia, September 9, 2025. REUTERS/Tiksa Negeri (Tiksa Negeri/REUTERS)

’n Ethiopiese vlag wapper in die wind langs die Grand Ethiopian Renaissance Dam (GERD), wat langs die Blou Nyl gebou is, tydens die inwyding daarvan in Guba, Benishangul-Gumuz-streek, Ethiopië.Foto: Reuters


2025-09-09 10:19:20 — Die Amerikaanse skrywer Dan Brown, skepper van die bekende reeksThe Da Vinci Code,het Dinsdag sy nuutste riller in 16 tale bekend gestel.

The Secret of Secrets,wat byna 700 bladsye in Engels is, merk Brown se terugkeer agt jaar ná sy laaste roman,Origin.

Brown sê hierdie boek is “verreweg die mees ingewikkelde en ambisieuse roman wat ek tot nog toe geskryf het”.– AFP

2025-09-09 11:18:17 — Die erkenning van Palestynse staatskap sal die Midde-Ooste destabiliseer.

Dit is die mening van Gideon Saar, Israeliese minister van buitelandse sake.

Saar het Zagreb, die hoofstad van Kroasië, Dinsdag besoek. “Die huidige inisiatief om ’n sogenaamde Palestynse staat te erken . . . beloon Hamas vir die slagting van 7 Oktober,” het Saar aan joernaliste gesê, met verwysing na die aanval op Israel in Oktober 2023 wat die oorlog ontketen het.

“Hierdie inisiatief sal ons nie nader aan vrede of veiligheid bring nie; inteendeel, dit sal slegs die streek destabiliseer,” het hy gesê.– AFP

ZAGREB, CROATIA - SEPTEMBER 9: Israeli Foreign Minister Gideon Sa'ar and Croatian Foreign Minister Gordan Grlic Radman (not seen) speak at a press conference following their meeting in the Croatian capital Zagreb on September 9, 2025. (Photo by Stipe Majic/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Gideon Saar, Israeliese minister van buitelandse sake, luister Dinsdag na vrae op ’n nuuskonferensie op sy besoek aan Zagreb, Kroasië.Foto: Getty Images

2025-09-09 11:29:08 — Swede het ’n lisensie van stapel gestuur maatskappye wat met kunsmatige intelligensie (KI) werk, toelaat om wettiglik liedjies te gebruik vir die opleiding van hul modelle terwyl die skrywers en komponiste daarvoor vergoed word.

Die stap is in reaksie op ’n toename in generatiewe KI-gebruik in Swede wat tot regsgedinge gelei het.

Die skeppers beweer KI-firmas gebruik hul materiaal sonder toestemming of vergoeding om hul modelle op te lei.

Die lisensie, wat meer as 100 000 liedjieskrywers, komponiste en musiekuitgewers in Swede verteenwoordig, laat KI-stelsels toe om op kopieregbeskermde werke te oefen terwyl tantième aan die skrywers en komponiste betaal word.– Reuters

2025-09-09 11:49:34 — Geen perdewedrenne sal Woensdag in Brittanje plaasvind nie nadat jokkies, afrigters en die eienaars van renbane hul eerste staking in die geskiedenis van die land se perdewedrenne aangekondig het.

Dié stap is in reaksie op die regering se plan om belasting op aanlyn weddenskappe van 15% tot 21% te verhoog.

Die bedryf waarsku dat hierdie verhoging ernstige gevolge vir die perdewedrenbedryf sal hê, met ’n geskatte verlies van £330 miljoen (nagenoeg R7,8 miljard) oor vyf jaar en duisende werkgeleenthede in die weegskaal.– Reuters

Last race at Lingfield in the early evening (Mike Matthews Photography/Getty Images)

’n Argieffoto van jokkies in ’n perdewedren in Lingfield, Brittanje. Brittanje se eerste staking in die perdewedrenbedryf vind Woensdag plaas.Foto: Getty Images

2025-09-09 12:10:47 — Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, het Dinsdag op die opening van die Internasionale Motorskou (IAA) in München ’n beroep gedoen om innovasie binne die motorbedryf om bedreigings van China en die VSA, sowel as oormatige burokrasie, af te weer.

Motorvervaardigers in Duitsland worstel tans met moeilike uitdagings, soos hoër Amerikaanse invoertariewe, ’n verskuiwing na elektriese voertuie en ’n prysoorlog in China.

“Internasionale mededinging in die motorsektor, nie net vir elektriese voertuie nie, neem toe. Hierdie mededinging is veral sterk vanuit China en die VSA,” sê Merz, wat ’n beraad beplan om die uitdagings die hoof te bied.– Reuters

IAA Mobility 2025 auto show in Munich German Chancellor Friedrich Merz sits in a BMW iX3 at the IAA Mobility 2025 auto show in Munich, Germany, September 9, 2025. REUTERS/Kai Pfaffenbach (Kai Pfaffenbach/REUTERS)

’n Merz in ’n BMW  . . .

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, sit Dinsdag op die 2025- Internasionale Motorskou (IAA) in München, Duitsland, in ’n BMW iX3.Foto: Reuters


2025-09-09 12:20:47 — Pres. Wladimir Poetin is gereed om ander lande binne te val ná sy besluit om die konflik in Oekraïne te begin, waarsku Karol Nawrocki, die president van Pole.

“Ons vertrou nie Wladimir Poetin se goeie bedoelings nie,” het Nawrocki Dinsdag aan verslaggewers gesê op ’n nuuskonferensie met sy Finse ampsgenoot, pres. Alexander Stubb, in Helsinki.

Pole en Finland, wat al twee lede van Navo is, deel grense met Rusland.

Volgens Nawrocki is pres. Donald Trump “die enigste leier van die vrye wêreld” wat Poetin kan dwing om vir ’n skietstilstand te onderhandel.– AFP

2025-09-09 12:36:27 —

Aftermath of fatal bus-train collision in Atlacomulco A drone view shows the remains of a double-decker bus, in the aftermath of a collision with a train, in Atlacomulco, Mexico, September 8, 2025, in this screen grab taken from a video. Reuters TV/via REUTERS (Reuters TV/via REUTERS)

Die wrakstukke van ‘n dubbeldekker-passasiersbus wat Maandag teen ‘n trein in Atlacomulco, Mexiko, gebots het. Tien mense is dood en 61 beseer.Foto: Reuters

2025-09-09 12:46:55 — Pole sal sy grens met Belarus Donderdag om middernag sluit weens die “Zapad-2025”- militêre oefeninge in Belarus.

Dié oefeninge deur Belarus en Rusland, wat naby die Poolse grens plaasvind, wek kommer in Pole, Litaue en Letland.

Donald Tusk, Poolse premier, beskryf dit as “baie aggressief” en sê dit noodsaak die sluiting van alle grens- en spooroorgange vir nasionale veiligheid.

Die verhouding tussen Pole en Belarus is sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 op ’n laagtepunt.– Reuters

2025-09-09 13:12:05 — Pres. Ramchandra Paudel het Dinsdag 'n oproep om nasionale eenheid in Nepal gedoen ná twee dae van gewelddadige protesoptogte.

Dit sluit saamtrekke in teen 'n regeringsverbod op sosiale media wat K.P. Sharma Oli, Nepal se premier, gedwing het om te bedank.

“Ek doen 'n beroep op almal, insluitend betogers, om saam te werk vir 'n vreedsame oplossing vir hierdie moeilike situasie,” sê Paudel in 'n verklaring nadat betogers die parlement sowel as sy kantoor aan die brand gesteek het.

“Ek vra alle partye om selfbeheersing te toe te pas, om nie verdere skade toe te laat nie, en om by gesprekvoering aan te sluit.”– AFP

2025-09-09 13:29:26 — John Elkann, voorsitter van Ferrari, het saam met sy broer, Lapo, en suster, Ginevra, ingestem om €183 miljoen aan die Italiaanse belastingowerhede te betaal.

Dié betaling skik ‘n dispuut oor die belasting op hul ouma, Marella Caracciolo, se erfenis. As deel van die ooreenkoms sal Elkann ‘n jaar lank gemeenskapsdiens moet doen.

Aanklaers in Turyn sê dié skikking beteken alle ondersoeke oor moontlike belastingontduiking is nou afgehandel. Die hof moet die ooreenkoms nog goedkeur, maar daar word nie skuld beken nie.

Boonop word die strafregtelike saak teen Lapo en Ginevra laat vaar.– Reuters


2025-09-09 13:33:59 — Die Israeliese weermag het Dinsdag 'n aanval op senior Hamas-leiers uitgevoer.

Internasionale nuusagentskappe berig oor ontploffings en rook bo Doha, Katar, waar Hamas se politieke leiers gesetel is.

Hoewel die Israeliese militêre woordvoerder nie die presiese ligging van die aanval bekend gemaak het nie, dui waarnemings daarop dat Doha geteiken is.

Hamas het nog nie op die aanval gereageer nie.– AFP

2025-09-09 13:39:05 —

Leaflets dropped by the Israeli military urge people to evacuate south to al-Mawasi and land in Gaza City, on September 9, 2025. The Israeli military says on Tuesday that it acts with ''greater force'' in Gaza City and warns residents to flee, in a statement posted on X. Israel intensifies its bombardment of the city in preparation for an operation to take control of it, despite repeated entreaties from Western nations and aid agencies to stop. (Photo by Majdi Fathi/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Pamflette in Gasastad, wat deur die Israeliese weermag versprei is, dring daarop aan dat inwoners suidwaarts na Al-Mawasi moet ontruim.Foto: Getty Images

2025-09-09 14:01:00 —

’n Motor sleep Dinsdag ’n waentjie uit Gasastad suidwaarts op die kuspad in Noeseirat in die sentrale Gasastrook. Israel het sy aanvalle op Gasastad verskerp ter voorbereiding op sy militêre operasie en inwoners beveel om die stad te verlaat.Foto: AFP

2025-09-09 14:09:11 — Die gewapende vleuel van die Palestynse militante groep Hamas het Dinsdag verantwoordelikheid aanvaar vir ’n skietaanval in Jerusalem Maandag waarin ses mense dood is.

Die Ezzedine al-Kassam-brigades het in ’n verklaring op Telegram gesê: “Die Ezzedine al-Kassam-brigades kondig sy verantwoordelikheid aan vir die skietaanval wat gister (Maandagoggend) plaasgevind het naby die Ramot-nedersetting se aansluiting, wat op die grond van ons geliefde Jerusalem lê.”– AFP

2025-09-09 14:31:23 — Iran, ’n ondersteuner van Hamas, het Dinsdag aanvalle wat op dié Palestynse militante groep se leiers in Doha, Katar, gemik was as ’n “growwe skending” van internasionale reëls en regulasies veroordeel.

“Hierdie uiters gevaarlike en misdadige aksies is ’n growwe skending van alle internasionale reëls en regulasies, ’n skending van Katar se nasionale soewereiniteit en territoriale integriteit,” het ’n woordvoerder van Iran se buitelandse ministerie aan staatstelevisie in Iran gesê. – AFP

Aftermath of an Israeli attack on Hamas leaders, according to an Israeli official, in Doha A damaged building, following an Israeli attack on Hamas leaders, according to an Israeli official, in Doha, Qatar, September 9, 2025. REUTERS/Ibraheem Abu Mustafa (Ibraheem Abu Mustafa/REUTERS)

’n Beskadigde gebou in Doha, Katar, ná ’n Israeliese aanval Dinsdag op Hamas-leiers.Foto: Reuters


2025-09-09 14:44:23 — António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Dinsdag Israel se aanvalle op Hamas-leiers in Katar veroordeel en dit ’n "flagrante skending" van Katar se soewereiniteit genoem.

" ... Katar is ’n land wat ’n baie positiewe rol gespeel het om vir ’n (Gasa)-skietstilstand en die vrylating van alle gyselaars te bemiddel. Ek veroordeel hierdie flagrante skending van die soewereiniteit en territoriale integriteit van Katar," het Guterres op ’n mediakonferensie gesê.– AFP

2025-09-09 14:59:29 — Pous Leo het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die gevolge van Israel se aanvalle op Hamas-leiers in Doha, Katar.

"Daar is tans werklik ernstige nuus: Israel se aanval op sommige Hamas-leiers in Katar. Die hele situasie is baie ernstig," het Leo buite die pouslike somerwoning Castel Gandolfo gesê, het die ANSA-nuusagentskap berig. – Reuters

FILE PHOTO: Pope Leo XIV inaugurates Borgo Laudato Si' in Castel Gandolfo FILE PHOTO: Pope Leo XIV presides over a Liturgy of the Word, after inaugurating a new Vatican-run ecological training centre, Borgo Laudato Si', a space comprising of gardens and agricultural land on the sprawling grounds of the papal villa in Castel Gandolfo, a small hamlet on the outskirts of Rome, Italy, September 5, 2025. REUTERS/Guglielmo Mangiapane/File Photo (Guglielmo Mangiapane/REUTERS)

Pous Leo XIVFoto: Reuters

2025-09-09 15:31:13 — Hy het opdrag gegee vir die aanvalle Dinsdag op Hamas-leiers in Doha, Katar, ná ’n dodelike skietvoorval in Jerusalem die vorige dag waarvoor die Palestynse militante groep verantwoordelikheid aanvaar het, het Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, gesê.

"Gister (Maandag), ná die dodelike aanvalle in Jerusalem en Gasa, het premier Netanyahu alle veiligheidsagentskappe opdrag gegee om voor te berei vir die moontlikheid om Hamas-leiers te teiken," lui ’n gesamentlike verklaring van Netanyahu en die minister van verdediging, Israel Katz.

"Vandag (Dinsdag) teen middagete, weens ’n operasionele geleentheid... het die premier en die minister van verdediging besluit om die opdrag wat gisteraand gegee is, uit te voer."– AFP

2025-09-09 16:01:04 —

Protest against Monday's killing of 19 people after anti-corruption protests, in Kathmandu A demonstrator writes on the parliament building during a protest against Monday's killing of 19 people after anti-corruption protests that were triggered by a social media ban, which was later lifted, during a curfew in Kathmandu, Nepal, September 9, 2025. REUTERS/Adnan Abidi TPX IMAGES OF THE DAY (Adnan Abidi/REUTERS)

’n Betoger skryf Dinsdag op die Nepalese parlementsgebou in Katmandoe tydens ’n protesoptog teen die dood Maandag dood van 19 mense in betogings teen korrupsie en ’n verbod op sosiale media, wat later opgehef is.Foto: Reuters

2025-09-09 16:07:19 — Spanje se regering het Dinsdag ’n wetsontwerp voorgestel om rook op buitelugplekke, insluitend strande, kroeg- en restaurantterrasse, bushaltes en stadions te verbied.

Die verbod sal ook vir damprook en e-sigarette geld.

Meer as 50 000 mense sterf jaarliks in Spanje aan rookverwante oorsake, met sowat 137 sterftes per dag, volgens data van die gesondheidsministerie.– Reuters


2025-09-09 16:34:36 — Aktiviste op ’n hulpflottielje op pad na Gasa wat beweer hulle is oornag in ’n “hommeltuig-aanval” by Tunisië geteiken, sê hulle bly vasberade om die oorlogsgeteisterde Palestynse gebied te bereik.

“Ons wil is sterker en ons is meer vasberade (as ooit) om deur die blokkade teen Gasa te breek,” het die Tunisiese organiseerder Ghassen Hentsjiri aan ’n skare in die Tunisiese hoofstad, Tunis, gesê.

Volgens hom is die hulpvlootjie se vertrek steeds vir Woensdag geskeduleer.– AFP

2025-09-09 17:01:27 — Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, het Dinsdag gesê die dae van enige immuniteit vir “terroristeleiers” is verby.

Dit kom ure nadat Israel Hamas-leiers in Doha, Katar, aangeval het.

“Die dae is verby dat terroristeleiers enige vorm van immuniteit kon geniet... Ek sal nie toelaat dat so ’n soort immuniteit bestaan nie,” het hy in ’n televisietoespraak gesê.– Reuters

2025-09-09 17:24:44 — Elon Musk se sosialemediaplatform, X, is deur ’n Kanadese siviele tribunaal beboet omdat die maatskappy geweier het om ’n nie-konsensuele intieme foto te verwyder wat gedeel is sonder die betrokke vrou se toestemming.

Die tribunaal in Brits-Columbië het beslis dié foto, wat herhaaldelik deur ’n X-gebruiker geplaas is, oortree die provinsie se wet op die  beskerming van intieme beelde.

Terwyl X beveel is om die foto wêreldwyd te verwyder, het die platform net toegang in Kanada beperk, en gebruikers elders toegelaat om dit steeds te sien en deel.

Die tribunaal het nie die rede van X, dat hy nie die mag het om wêreldwyd op te tree nie, aanvaar nie en X met die maksimum boete van K$100 000 beboet.

Die vrou kan nou verder boetes eis indien X nie aan die bevel voldoen nie.– Reuters

2025-09-09 17:29:41 — Die Israeliese weermag sê hy kon Dinsdag daarin slaag om ’n missiel te onderskep wat uit Jemen afgevuur is.

Die missiel is onderskep kort nadat lugaanvalsirenes in Jerusalem geaktiveer is.

“Na aanleiding van die sirenes wat ’n kort rukkie gelede in verskeie gebiede in Israel afgegaan het, het die Israeliese lugmag ’n missiel onderskep wat uit Jemen gelanseer is,” lui ’n verklaring wat deur die Israeliese weermag uitgereik is.– AFP

2025-09-09 17:34:13 — António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het lande Dinsdag versoek om hul stygende besteding aan hul weermagte te herevalueer en eerder meer aan menslike ontwikkeling te bestee.

Guterres het beklemtoon dat die wêreld in 2024 ’n rekordbedrag van $2 700 miljard – ongeveer $334 per persoon – aan militêre uitgawes bestee het.

Hy het uitgelig dat dié bedrag byna 13 keer meer is as wat die rykste lande tot amptelike ontwikkelingshulp bydra.

Volgens Guterres is daar ’n dringende behoefte om weg te beweeg van oorlogsbesteding na belegging in vrede en vooruitgang.– AFP


2025-09-09 17:45:16 —

CUPERTINO, CALIFORNIA - SEPTEMBER 09: Apple CEO Tim Cook speaks during the keynote address at an Apple special event on September 09, 2025 in Cupertino, California. Apple will announce a new generation of iPhones during a special event at Apple headquarters. (Photo by Justin Sullivan/Getty Images) (Justin Sullivan/Getty Images)

Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, praat op ’n spesiale geleentheid in Cupertino, Kalifornië. Die Amerikaanse tegnologiemaatskappy het aangekondig dat hy ’n nuwe generasie van sy iPhone bekendstel.Foto: Getty Images

2025-09-09 18:07:18 — Vyf lede van Hamas, onder wie die seun van Chalil al-Hajia, Hamas se verbanne Gasa-leier, is dood in ’n Israeliese aanval in Doha, sê die Palestynse militante groep.

Volgens Hamas het Israel egter misluk in wat die groep ’n poging noem om sy onderhandelingspan vir ’n skietstilstand te vermoor.

Die groep se topleierskorps het die Israeliese aanval in Doha oorleef, het Soehail al-Hindi, lid van Hamas se politieke buro, vroeër aan die TV-netwerk Al Jazeera gesê.– Reuters

2025-09-09 18:08:55 — Pres. Donald Trump het nie saamgestem met Israel se besluit om Hamas in Katar aan te val nie, sê die Withuis.

Terwyl die uitskakeling van Hamas ’n “waardige doelwit” is, “bevorder ’n aanval in die hoofstad, Doha, nie Israel of Amerika se doelwitte nie,” sê Karoline Leavitt, Withuis-woordvoerder.

“Die president beskou Katar as ’n sterk bondgenoot en vriend van Amerika, en voel baie sleg oor die ligging van dié aanval,” voeg sy by.– AFP

WASHINGTON, DC - SEPTEMBER 09: White House Press Secretary Karoline Leavitt speaks during a daily press briefing in the Brady Press Briefing Room at the White House on September 9, 2025 in Washington, DC. Leavitt discussed a range of topics during the briefing including recent immigration enforcement actions by the Trump administration and the release of new documents related to the Jeffrey Epstein investigation by a Congressional committee yesterday. (Photo by Win McNamee/Getty Images) (Win McNamee/Getty Images)

Withuis-antwoorde

Karoline Leavitt, Withuis-woordvoerder, beantwoord vrae van joernaliste op ’n mediakonferensie in Washington.

Foto: Getty Images

2025-09-09 18:21:34 — Sébastien Lecornu, Franse minister van verdediging, is Dinsdag deur pres. Emmanuel Macron as die nuwe premier van Frankryk aangewys om François Bayrou te vervang.

Dit volg nadat Franse parlementslede Bayrou Maandag uitgeskop het weens sy skuldbeperkingsplan.

Macron het Lecornu aangesê om “die parlement te raadpleeg met die oog op die aanvaarding van die land se begroting en die ooreenkomste te bereik wat noodsaaklik is vir die besluite wat in die volgende paar maande geneem gaan word”, sê die Franse regering in ’n verklaring.– AFP

French Minister of Defence Sebastien Lecornu arrives at the Elysee presidential palace for an official state dinner, as part of Kazakhstan's President's state visit to France, in Paris, on November 5, 2024. One year after the French president's visit to Kazakhstan, the two countries' Presidents met again at the Elysée Palace with the shared aim of strengthening the "strategic partnership" between France and the Central Asian country, an economic and military ally of Russia, with which it shares a common border of over 7,500 kilometers. (Photo by Ludovic MARIN / AFP) (Photo by LUDOVIC MARIN/AFP via Getty Images) (LUDOVIC MARIN/AFP via Getty Images)

Nuwe Franse premier

Sébastien Lecornu, Franse minister van verdediging wat Dinsdag as die nuwe premier van Frankryk aangewys is.

Foto: Getty Images

2025-09-09 19:02:10 —

Israeli troops carry the coffin of fellow soldier Amit Arye Regev who was killed a day earlier in the war in the Gaza Strip, during his funeral at the military cemetery in the central city of Modiin on September 9, 2025. (Photo by GIL COHEN-MAGEN / AFP) (GIL COHEN-MAGEN/AFP)

Israeliese soldate dra Dinsdag die kis van hul makker Amit Arye Regev op sy begrafnis by die militêre begraafplaas in die sentrale stad Modi’in. Regev is Maandag in die oorlog in die Gasastrook dood.Foto: AFP


2025-09-09 19:14:45 — Brittanje, Frankryk en Duitsland het Dinsdag Israel se lugaanvalle op Hamas se politieke leiers in Doha, Katar, veroordeel.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het dit “onaanvaarbaar, ongeag die motief” genoem, en bygevoeg: “Die oorlog moet nie toegelaat word om in die streek te uit te brei nie.”

Keir Starmer, Britse premier, het gesê die aanval skend Katar se soewereiniteit en kan moontlik “verdere eskalasie” in die onstabiele streek veroorsaak.

Johann Wadephul, Duitse minister van buitelandse sake, het gesê die aanval skend nie net Katar se territoriale soewereiniteit nie, maar stel ook alle pogings in gevaar om die Gasa-gyselaars se vrylating te verseker.– AFP

2025-09-09 19:35:37 — Katar ontken hy het vooraf ’n waarskuwing van Amerika ontvang oor Israel se aanval Dinsdag op Hamas-leiers in Doha, en sê hy is eers gewaarsku nadat die aanval reeds begin het.

Die Withuis het vroeër gesê pres. Donald Trump het opdrag gegee dat Katar gewaarsku moet word dat die aanval gaan plaasvind.

“Verklarings wat die ronde doen oor Katar wat vooraf oor die aanval ingelig is, is vals. Die oproep wat van ’n Amerikaanse amptenaar ontvang is, het gekom terwyl ontploffings van die Israeliese aanval in Doha gehoor is,” het ’n woordvoerder van Katar se ministerie van buitelandse sake op X gesê.– AFP

This frame grab taken from an AFPTV footage shows smoke billowing after explosions in Doha's capital Qatar on September 9, 2025. An Israeli military official told AFP that the military had carried out air strikes on Doha on September 9 in an operation targeting senior leaders of Palestinian militant group Hamas. (Photo by Jacqueline PENNEY / AFPTV / AFP) (JACQUELINE PENNEY/AFP)

'n Skermgreep van AFPTV-beelde wys swart rook wat opstyg nadat Israel Dinsdag Hamas-leiers in ’n klein woonkompleks in Doha, Katar, in ’n lugaanval geteiken het. Minstens ses mense is in die aanval dood.Skermgreep: AFP

2025-09-09 20:01:50 —

Members of the Ethiopian Republic March Band perform at the Grand Ethiopian Renaissance Dam (GERD) during its official inauguration ceremony in Guba, on September 9, 2025. Ethiopia inaugurated the continent's largest hydroelectric project on September 9, 2025 with Prime Minister Abiy Ahmed calling it a "great achievement for all black people" despite years of diplomatic rancour over the dam with downstream neighbour Egypt. (Photo by Luis TATO / AFP) (LUIS TATO/AFP)

’n Ethiopiese marsorkes tree Dinsdag ten tyde van die amptelike inwydingsgeleentheid van die Groot Ethiopiese Renaissance-dam van $5 miljard in Guba op. Dit is onder die 20 grootste hidroëlektriese damme ter wêreld.Foto: AFP

2025-09-09 20:11:52 — ’n Regter in die staatsgreepverhoor van oudpres. Jair Bolsonaro van Brasilië het Dinsdag gestem om hom skuldig te bevind. Vier ander moet nog hul beslissing gee.

Tronkstraf van langer as 40 jaar staar Bolsonaro (70) in die gesig as minstens drie van die vyf regters hom skuldig bevind aan pogings om aan die mag vas te klou nadat hy in die verkiesing in 2022 deur Luiz Inácio Lula da Silva verslaan is.

Regter Alexandre de Moraes het bevind Bolsonaro en sewe medebeskuldigdes het “ál die strafregtelike oortredings gepleeg waarvan die prokureur-generaal hulle aangekla het”.– AFP

2025-09-09 20:22:41 — Katar het Dinsdag aan die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad gesê hy sal nie “hierdie roekelose Israeliese gedrag en die voortdurende ontwrigting van streeksveiligheid” duld nie.

Dit kom nadat Israel vroeër die dag ’n lugaanval op Hamas-leiers in Doha uitgevoer het.

“Katar veroordeel ten sterkste hierdie lafhartige, misdadige aanval, wat ’n flagrante skending van alle internasionale wette en norme is,” het Katar se VN-ambassadeur in ’n skrywe aan die raad gesê en die aanval as ’n “ernstige eskalasie” beskryf.– Reuters


2025-09-10 03:25:53 — ’n Federale regter het pres. Donald Trump tydelik verhoed om Lisa Cook, president van die Federale Reserweraad (Fed), te verwyder.

Die voorlopige uitspraak deur Jia Cobb, distriksregter in Washington DC het gelui dat die Trump-administrasie se bewerings dat Cook bedrog gepleeg het voordat sy die amp beklee het, waarskynlik nie voldoende gronde vir haar verwydering is nie.

Cook ontken dat sy die wet oortree het.– Reuters

2025-09-10 03:30:54 — Pole sê hy het sy eie en Navo-lugverdediging gebruik om hommeltuie neer te skiet weens ’n Russiese lugaanval op die weste van Oekraïne.

Pole se militêre bevel sê die Poolse lugruim is herhaaldelik deur “hommeltuig-tipe voorwerpe” geskend.

“ ’n Operasie is aan die gang wat daarop gemik is om hierdie voorwerpe te identifiseer en te neutraliseer... wapens is gebruik en dienspersoneel doen stappe om die voorwerpe wat neergeskiet is, op te spoor,” het die weermag gesê.– Reuters

2025-09-10 03:41:21 — Die Global Sumud Flotilla (GSF), ’n internasionale hulpinisiatief om noodsaaklike voorrade aan Gasa te lewer, het Woensdag gesê een van sy bote is by ’n Tunisiese hawe met ’n hommeltuig aangeval.

Die GSF het Dinsdag ook ’n aanval aangemeld en gesê een van sy vaartuie is in Tunisiese waters by die Sidi Bou Said-hawe deur ’n hommeltuig getref.

Die Tunisiese owerhede het gister se bewering as vals beskryf.

’n Woordvoerder van die Tunisiese kuswag het nog nie op Reuters se navrae gereageer nie.– Reuters

Demonstration in support of the Global Sumud Flotilla in Italy NAPLES, ITALY - SEPTEMBER 9: People gather to stage a demonstration in support of Global Sumud Flotilla on September 09, 2025 in Naples, Italy. After the explosion that hit one of the Sumud Flotilla boats, many protesters in several Italian cities took to the streets in support of the fleet carrying humanitarian aid to Palestinians. (Photo by Silvia Bazzicalupo/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Mense betoog Dinsdag ter ondersteuning van die Global Sumud Flotilla in Napels, Italië.Foto: Getty Images/Anadolu

2025-09-10 04:19:26 — ’n Israelies-Russiese nagraadse student van Princeton-Universiteit in New Jersey wat in 2023 in Irak ontvoer is, is uit gevangenskap vrygelaat.

Elizabeth Tsurkov is in Maart 2023 deur die milisie Kataib Hezbollah ontvoer ten tyde van ’n reis na Irak vir navorsing.

Pres. Donald Trump het gesê dat Tsurkov “nou veilig in die Amerikaanse ambassade in Irak is nadat sy maande lank gemartel is”.– Reuters

2025-09-10 04:49:57 — Soldate het Woensdag die strate van Katmandoe, Nepal, gepatrolleer te midde van ’n onbepaalde aandklokreël ná gewelddadige betogings en die bedanking van die land se premier.

Die ergste ontwrigting in dekades is veroorsaak deur ’n sosialemediaverbod wat verlede week ingestel is, maar teruggetrek is nadat 19 mense Maandag in betogings dood is.

“Ons probeer eers die situasie normaliseer,” het Raja Ram Basnet, weermagwoordvoerder, Woensdag gesê.

“Ons is daartoe verbind om die lewe en eiendom van mense te beskerm.”– Reuters


2025-09-10 04:57:18 — Die hoogste hof in Amerika het Dinsdag ingestem om in November betoë aan te hoor oor die wettigheid van pres. Donald Trump se omvangryke tariewe nadat sy administrasie ’n spoedige uitspraak oor die kwessie versoek het.

’n Laer hof het bevind dat Trump sy gesag oorskry het deur ekonomiese noodmagte te gebruik om wydlopende tariewe op te lê, maar het toegelaat dat die maatreëls tydelik van krag bly.– AFP

2025-09-10 05:42:06 — Oekraïne se minister van buitelandse sake het Woensdag gesê dat Russiese hommeltuie wat in ’n aanval op Oekraïne in Pole se lugruim vlieg, pres. Wladimir Poetin se straffeloosheid en sy uitbreiding van die oorlog toon.

“Poetin bly net eskaleer, sy oorlog uitbrei en die Weste toets,” het Andrii Sibiha gesê.

“Hierdie situasie toon dat die besluit uiteindelik geneem moet word om vennote se lugverdedigingsvermoëns in buurlande in staat te stel om hommeltuie en missiele in die Oekraïense lugruim te onderskep, insluitend dié wat Navo-grense nader.”– Reuters

2025-09-10 06:22:21 — Die Deense farmaseutiese reus Novo Nordisk het Woensdag aangekondig dat hy 9 000 poste wêreldwyd, of 11% van sy werksmag, gaan aflê namate die vervaardiger van Ozempic en Wegovy toenemende mededinging vir sy behandeling teen vetsug ervaar.

“Ons markte ontwikkel, veral in vetsug, omdat dit meer mededingend en verbruikersgedrewe word. Ons maatskappy moet ook ontwikkel,” het Mike Doustdar, pas aangestelde uitvoerende hoof, gesê.– AFP, Reuters

2025-09-10 06:54:24 — Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sê agt Russiese hommeltuie wat “op Pole gemik” was en deur Moskou geloods is, het Pole gedwing om lugverdediging te ontbied.

“Dit was nie net een Shahed (hommeltuig), wat ’n ongeluk genoem kon word, nie, maar minstens agt aanvalshommeltuie wat op Pole gemik was,” het Zelenski gesê, met verwysing na die hommeltuie wat deur Iran ontwerp en deur Moskou ontplooi is.

Hy het bygevoeg dat die voorval ’n “uiters gevaarlike presedent vir Europa” verteenwoordig.– AFP

2025-09-10 07:00:44 — El Salvador het beslag gelê op 1,4 ton pakkies kokaïen wat in die Stille Oseaan gedryf het, het pres. Nayib Bukele Dinsdag gesê en dit ’n hou “teen internasionale dwelmsmokkelary” genoem.

Die besending is ongeveer 1 600 km suidwes van El Cordoncillo by die Jaltepeque-riviermonding aan El Salvador se Stille Oseaan-kus gevind, het hy gesê.

Bukele sê die dobberende pakkies dwelms is $35 miljoen werd.– AFP


2025-09-10 07:03:26 — Pole is gereed om te reageer op enige aanvalle of provokasies, het die Poolse premier gesê nadat die land Russiese aanvalshommeltuie wat sy lugruim binnegekom het ten tyde van ’n Russiese aanval op Oekraïne, neergeskiet het.

“Ons het te doen met ’n grootskaalse provokasie... Ons is gereed om sulke provokasies af te weer. Die situasie is ernstig en niemand twyfel dat ons ons moet voorberei vir verskeie scenario’s nie,” het Donald Tusk gesê.– Reuters

2025-09-10 07:36:48 — Die Europese Unie (EU) skaar hom in volle solidariteit by Pole nadat krygshommeltuie van ’n Russiese aanval op Oekraïne Dinsdagaand die Poolse lugruim binnegekom het, het António Costa, president van die Europese Raad, gesê.

“Gisteraand se gebeure is ’n duidelike herinnering dat die veiligheid van een die veiligheid van almal is.

“Rusland se voortgesette aggressie teen Oekraïne en roekelose betreding van EU-lidlande se lugruim hou ’n direkte bedreiging vir die veiligheid van alle Europeërs en vir kritieke infrastruktuur oor ons vasteland in.”– Reuters

2025-09-10 08:02:38 — Sewe mense is Woensdag in ’n ontploffing by ’n Suid-Koreaanse militêre basis beseer in ’n streek naby die grens met Noord-Korea, het die Yonhap-nuusagentskap berig.

’n Plaaslike brandweerbeampte het die ontploffing bevestig, maar nie verdere besonderhede verskaf nie.

Die brandweer is tans op die toneel. Daar word vermoed dat die ontploffing veroorsaak is deur plofstof wat vir opleiding gebruik is.

Die ministerie van verdediging was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.– Reuters

2025-09-10 08:19:37 — Pres. Donald Trump het EU-amptenare Dinsdag aangespoor om tariewe van tot 100% teen China te hef as deel van ’n strategie om druk op pres. Wladimir Poetin te plaas.

Trump het ook die EU aangemoedig om soortgelyke hoë tariewe op Indiese produkte te hef, het ’n Amerikaanse amptenaar gesê wat anonimiteit versoek het omdat privaat gesprekke ter sprake is.

China en Indië is groot kopers van Russiese olie en speel as sodanig ’n belangrike rol om Rusland se ekonomie aan die gang te hou.– Reuters

2025-09-10 08:45:57 — Pole het geen bewyse verskaf dat die hommeltuie wat in die land neergeskiet is, van Russiese oorsprong was nie, het ’n Russiese diplomaat luidens ’n berig van Rusland se RIA-staatsnuusagentskap gesê.

“Ons beskou die beskuldigings as ongegrond. Geen bewyse is aangebied dat hierdie hommeltuie van Russiese oorsprong is nie,” het Andrei Ordasj, Rusland se verteenwoordiger in Pole, gesê.– Reuters


2025-09-10 08:51:22 — Mense het Woensdag oor Frankryk heen betoog, verkeer ontwrig, brande in vullisdromme gestig en soms met die polisie gebots as deel van die veldtogOn bloque tout(Ons blokkeer alles) om hul woede oor politici en beplande begrotingsbesnoeiings uit te druk.

Veiligheidsmagte is oor die land heen ontplooi om versperrings so vinnig moontlik te verwyder, het amptenare gesê.

Tientalle betogers is in hegtenis geneem en daar was ’n paar botsings met die polisie.

Die betogings kom twee dae nadat die parlement Francois Bayrou in ’n vertrouensmosie as premier verwyder het.– Reuters

2025-09-10 09:23:18 — Die Nederlandse lugmag het ondersteuning gebied met die neerskiet van Russiese hommeltuie oor Pole oornag, het Dick Schoof, premier van Nederland, gesê.

“Dit is goed dat Nederlandse F35-vegvliegtuie ondersteuning kon bied. Nederland staan bankvas agter ons Navo-bondgenoot Pole.”

Schoof sê die “skending” van die Poolse lugruim deur Russiese hommeltuie is “verdere bewys dat Rusland se aggressiewe oorlog ’n bedreiging vir Europese veiligheid inhou”.– AFP

2025-09-10 09:29:26 — As Israel nie Hamas-leiers Dinsdag in ’n lugaanval op Katar doodgemaak het nie, sal dit volgende keer slaag, het Yechiel Leiter, Israeliese ambassadeur in Amerika, gesê.

Israel is gekritiseer weens sy aanval op Katar.

“Op die oomblik kry ons ’n bietjie kritiek. Hulle sal daaroor kom. En Israel word ten goede verander,” het gesê.

“Terwyl ons toenemend die vermoë van hierdie vyande van vrede en van die Westerse beskawing om terrorisme te pleeg, stuit, word die streek ten goede verander .”– Reuters

2025-09-10 09:33:39 — Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het Europa aangespoor om sy onafhanklikheid in ’n “vyandige” wêreld te bevestig.

“Slaglyne word tans getrek vir ’n nuwe magsgegronde wêreldorde,” het Von der Leyen in haar jaarlikse toespraak oor die stand van die EU gesê.

“So, ja, Europa moet veg. Vir sy plek in ’n wêreld waarin baie groot moondhede óf ambivalent óf openlik vyandig teenoor Europa is.

“Dit moet Europa se oomblik van onafhanklikheid wees.”– AFP

2025-09-10 10:13:15 — Pres. Sjeik Mohammed bin Zajed Al Nahian van die Verenigde Arabiese Emirate het Woensdag in Katar aangekom in solidariteit een dag nadat Israel ’n lugaanval op Hamas-amptenare in Doha van stapel gestuur het.

Jordanië se kroonprins sal na verwagting ook Woensdag Katar besoek, terwyl Saoedi-Arabië se kroonprins na verwagting Donderdag in Doha sal aankom, het ’n amptenaar met kennis van die saak aan Reuters gesê. –Reuters


2025-09-10 10:22:17 — Sébastien Lecornu, wat deur pres. Emmanuel Macron gekies is om Frankryk se vyfde premier in twee jaar te wees, het Woensdag sy amp ingeneem te midde van wydverspreide betogings teen die regering.

Lecornu het teen middagete by die premier se woning aangekom, waar hy met François Bayrou, die voormalige premier, vergader het.

Die parlement het Bayrou Maandag verwyder vanweë beplanning oor die land se begroting.– Reuters

Day of protests calling to "Block Everything" in France Police officers in riot gear clash with demonstrators gathering during a day of protests as part of a grassroots protest movement called "Bloquons Tout" ("Let's Block Everything") calling for nationwide all-day disruption, in Paris, France, September 10, 2025. REUTERS/Abdul Saboor TPX IMAGES OF THE DAY (Abdul Saboor/REUTERS)

Polisiebeamptes in onlustedrag bots met betogers wat byeenkom as deel van ’n beweging genaamd “Ons blokkeer alles”.Foto: Reuters

2025-09-10 10:44:57 — ’n Dieretuinwerker is in ’n leeu-aanval in Thailand dood.

Die aanval het plaasgevind by Safari World Bangkok, wat homself een van Asië se grootste opelug-dieretuine noem.

“Die oorledene is ’n dieretuinpersoneellid wat gewoonlik die leeus gevoer het,” het Sadoedí Poenpoegdí, direkteur van wildlewebeskerming van die departement van nasionale parke, wildlewe en plantbewaring, gesê.

Hy is blykbaar deur ses of sewe van die groot katte aangeval toe hy uit sy motor geklim het.– AFP

2025-09-10 11:17:45 — China het die skep van 'n nasionale natuurreservaat by die betwiste Scarborough-rif in die Suid-Chinese See goedgekeur.

Dit kom te midde van die land se pogings om sy territoriale eise en maritieme regte in die streek te versterk.

Die Scarborough-rif, wat China die Huangyan-eiland noem en in die Filippyne as die Panatag-rif bekend staan, is lankal reeds 'n brandpunt in die dispuut oor die soewereintiteit daarvan tussen China en die Filippyne. –Reuters

2025-09-10 11:29:20 — Sebastien Lecornu, nuwe premier van Frankryk, sê dat sy nuwe regering kreatief sal moet wees en met opposisiepartye sal moet praat.

Hy het bygevoeg dat daar dalk ook 'n verandering in beleid sal moet wees. Lecornu, pres. Emmanuel Macron se vyfde premier in minder as twee jaar, is Woensdag in die amp aangestel te midde van landwye protesoptogte teen die regering se begrotingsbesnoeiings.

"Daar moet veranderinge wees. Nie net in terme van vorm of metode nie, maar in wese," het Lecornu tydens die oorhandigingseremonie gesê.– Reuters

France's outgoing Prime Minister Francois Bayrou (L) waves to guests as he is escorted towards the exit by France's newly-appointed Prime Minister and former Minister of Armed Forces Sebastien Lecornu (R) at the end of the handover ceremony at the Hotel Matignon in Paris on September 10, 2025. French President on September 9, 2025, named defence minister and his close ally Sebastien Lecornu as the new prime minister to resolve a deepening political crisis as protests began on the same day throughout France. (Photo by Ian LANGSDON / POOL / AFP) (Photo by IAN LANGSDON/POOL/AFP via Getty Images) (IAN LANGSDON/POOL/AFP via Getty Images)

Uit met die oue, in met die nuwe

Frankryk se uitgaande premier, Francois Bayrou (links), waai Woensdag vir gaste tydens 'n oorhandigingseremonie in Parys. Sebastien Lecornu (regs) is die nuwe premier van Frankryk.Foto: Getty Images

2025-09-10 11:35:48 — Hongkong se wetgewende raad het Woensdag 'n wetsontwerp verwerp wat beperkte wetlike regte sou verleen aan selfdegeslagpaartjies wat hul verbintenis oorsee geregistreer het.

Hoewel die wetsontwerp hospitaalbesoeke en sekere ander regte sou waarborg, het dit fel teenstand van pro-Beijing-wetgewers en godsdienstige groepe gekry, wat aangevoer het dat dit gesinswaardes ondermyn.

Uit die 85 lede, het 71 daarteen en 14 daarvoor gestem. LGBTQ-groepe het die besluit as teleurstellend bestempel.– Reuters


2025-09-10 11:44:14 —

PARIS, FRANCE - SEPTEMBER 10: French Riot Police clash with "Bloquons Tout" (Block Everything) protestors near Gare du Nord during a day of demonstration against President Macron and his government on September 10, 2025 in Paris, France. Various protest groups in France have called for the general strike on Wednesday under the slogan, "Bloquons Tout" (French for "Block Everything") over the government's proposed austerity measures to reduce the public debt. On Monday, French Prime Minister François Bayrou lost a vote of confidence after opposition party groups across the political spectrum opposed his unpopular budget. (Photo by Kiran Ridley/Getty Images) (Kiran Ridley/Getty Images)

Onlustepolisie bots met betogers van "Bloquons Tout" (“blokkeer alles” in Frans) naby Gare du Nord in Parys tydens 'n betoging teen die regering van pres. Emmanuel Macron.

Foto: Getty Images

2025-09-10 12:03:25 — Iran weier toegang aan kerninspekteurs van die Verenigde Nasies (VN), het Abbas Araghchi, minister van buitelandse sake, Woensdag tydens 'n onderhoud gesê.

Dit volg ondanks 'n ooreenkoms tussen die twee kante om samewerking te hervat.

"Gegrond op hierdie ooreenkoms word daar tans geen toegang aan die IAEA-inspekteurs gegee nie," het Araghchi aan staatstelevisie gesê, met verwysing na die Internasionale Atoomenergie-agentskap.

"Hierdie ooreenkoms self skep geen toegang nie. Gegrond op die verslae wat Iran later sal verskaf, moet daar eers oor die tipe toegang onderhandel word," het hy bygevoeg.– AFP

2025-09-10 12:16:54 — Jokkies, afrigters en eienaars in die Britse perdewedrenbedryf het Woensdag gestaak teen 'n voorgestelde belastingverhoging op weddenskappe.

Dit is die eerste keer in die bedryf dat daar betoog word in Brittanje. Die regering oorweeg voorstelle om die belastingkoers op aanlyn wedrenweddenskappe, tans 15 persent, tot 21 persent te verhoog om dit in lyn te bring met aanlyn speletjies.

'n Besluit oor enige belastingverhoging sal op 26 November in die regering se begroting, 'n jaarlikse belasting- en bestedingsplan, aangekondig word.– AFP

2025-09-10 12:24:20 —

Drones shot down in Polish airspace prompt military patrols A police officer stands below as firefighters work on the destroyed roof of a house, after Russian drones violated Polish airspace during an attack on Ukraine, with some being shot down by Poland with the backing from its NATO allies, in Wyryki, Lublin Voivodeship, Poland, September 10, 2025. REUTERS/Kacper Pempel (Kacper Pempel/REUTERS)

'n Polisiebeampte loop verby brandbestryders wat herstelwerk doen aan die verwoeste dak van 'n huis in Wyryki, Lublin Woiwodship, Pole, nadat Russiese hommeltuie die Poolse lugruim binnegedring het tydens 'n aanval op Oekraïne.Foto: Reuters

2025-09-10 12:32:02 — Rusland se ministerie van verdediging sê dat sy hommeltuie 'n groot aanval op militêre fasiliteite in die weste van Oekraïne uitgevoer het, maar dit was nie deel van sy planne om enige teikens in Pole te tref nie.

Die ministerie sê dat sy magte al sy teikens getref het. Volgens die ministerie het die Russiese hommeltuie "wat na bewering die grens met Pole oorgesteek het" 'n reikafstand van nie meer as 700 km nie.

"Nietemin is ons bereid om met die Poolse ministerie van verdediging oor hierdie onderwerp te konsulteer," sê die ministerie.– Reuters


2025-09-10 12:37:03 — Die Deense farmaseutiese reus Novo Nordisk het Woensdag aangekondig dat hy 11 persent van sy personeel gaan aflê.

Die vervaardiger van die gewigsverliesmiddels Ozempic en Wegovy sê die besluit volg op toenemende mededinging in die mark. Altesaam 9 000 poste gaan besnoei word, waarvan 5 000 in Denemarke.

Deur hierdie maatreël beoog die maatskappy om 8 miljard kroon (ongeveer $1,3 miljard) te bespaar. Dit is reeds die derde keer dié jaar dat Novo Nordisk sy verdienstevooruitskatting na onder aanpas.

Die maatskappy verwag nou 'n groei in bedryfswins van slegs 4 tot 10 persent, in plaas van die vorige voorspelling van 10 tot 16 persent.– AFP

2025-09-10 12:47:38 —

Vera Wang Haute Spring/Summer 2026 wedding dress collection at China Fashion Week in Beijing A model presents a creation at Vera Wang's Haute Spring/Summer 2026 wedding dress collection show during China Fashion Week in Beijing, China September 10, 2025. REUTERS/Tingshu Wang (Tingshu Wang/REUTERS)

'n Model vertoon 'n skepping by Vera Wang se Haute Lente/Somer 2026-trourokvertoning tydens die Chinese modeweek in Beijing.Foto: Reuters

2025-09-10 13:05:22 — Kaja Kallas, hoof van buitelandse beleid van die Europese Kommissie, sê dat pres. Wladimir Poetin van Rusland die Weste se vasberadenheid met die hommeltuig-inval oor die Poolse lugruim wou toets.

“Wat hy wil doen, is om ons te toets – hoe ver hy kan gaan. En elke keer is hy dapperder, want hy kan dapperder wees omdat ons reaksie nie sterk genoeg is nie,” het Kallas Woensdag aan joernaliste gesê.

“Ek dink dit is ’n boodskap wat hulle probeer stuur om ons eenheid te toets,” het sy bygevoeg.– AFP

2025-09-10 13:07:41 — Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, het dit aan sy Chinese ampsgenoot, Dong Jun, duidelik gemaak dat Amerika nie konflik met China wil hê nie en nie "regimeverandering" nastreef nie.

Hegseth het in 'n oproep Dinsdag aan die Chinese minister van verdediging gesê dat die VSA sy belange in die Asië-Stille Oseaan-gebied sal beskerm, sê die Pentagon in 'n verklaring.

Die twee ministers het toe ooreengekom om die kwessie op 'n latere stadium verder te bespreek.– Reuters

2025-09-10 13:20:05 — Die polisie in Nepal het Woensdag bevestig dat meer as 13 500 gevangenes uit tronke oor die land heen ontsnap het tydens betogings teen die regering die afgelope week.

Volgens Binod Ghimire, polisiewoordvoerder, het drie polisielede in die gebeure gesterf. Die massa-ontsnapping het plaasgevind te midde van wydverspreide betogings in die hoofstad Katmandoe en ander stede deur burgerlike groepe wat die regering se bestuur en ekonomiese beleid kritiseer.

Betogers beweer dat korrupsie en die stygende lewenskoste die land in ’n krisis dompel.– AFP

TOPSHOT - CORRECTION / Fire rages through the Singha Durbar, the main administrative building for the Nepal government, in Kathmandu on September 9, 2025, a day after a police crackdown on demonstrations over social media prohibitions and corruption by the government. Nepali youth protesters set fire to parliament on September 9 as the veteran prime minister obeyed furious crowds to quit, a day after one of the deadliest crackdowns in years in which at least 19 people were killed. (Photo by Prabin RANABHAT / AFP) / "The erroneous mention[s] appearing in the metadata of this photo by Anup OJHA has been modified in AFP systems in the following manner: [Byline - Prabin RANABHAT] instead of [Byline - Anup OJHA]. Please immediately remove the erroneous mention[s] from all your online services and delete it (them) from your servers. If you have been authorized by AFP to distribute it (them) to third parties, please ensure that the same actions are carried out by them. Failure to promptly comply with these instructions will entail liability on your part for any continued or post notification usage. Therefore we thank you very much for all your attention and prompt action. We are sorry for the inconvenience this notification may cause and remain at your disposal for any further information you may require." (Photo by PRABIN RANABHAT/AFP via Getty Images) (PRABIN RANABHAT/AFP via Getty Images)

’n Brand woed in die Singha Doerbar, die hoofadministrasiegebou van die Nepalese regering, in Katmandoe tydens gewelddadige betogings.Foto: AFP


2025-09-10 14:00:16 —

TOPSHOT - A protester holds a Palestine and transgender flag while stand among smoke of tear gas canisters during a demonstration as part of the "Bloquons tout" ("Let's block everything") protest movement, in Montpellier, southern France, on September 10, 2025. The broad anti-government campaign, dubbed "Bloquons tout" ("Let's block everything"), calls for a a shutdown of France on September 10 with a string of protest actions and civil disobedience around the country, while the handover of power between the new Prime Minister and his predecessor, who suffered a crushing loss in a confidence vote on September 8, is scheduled for the same day at noon. (Photo by Gabriel BOUYS / AFP) (GABRIEL BOUYS/AFP)

’n Betoger met ’n Palestynse en transgender-vlag gehul in traangasrook gedurende ’n betoging Woensdag in Montpellier, Frankryk, as deel van dieBloquons tout(“kom ons blokkeer alles”)-protesbeweging teen onder meer beplande begrotingsbesnoeiings.Foto: AFP

2025-09-10 14:10:46 — Kamala Harris, voormalige Amerikaanse visepresident, meen dit was roekeloos om oudpres. Joe Biden toe te laat om hom vir ’n tweede termyn verkiesbaar te stel, luidens ’n uittreksel uit haar memoires wat Woensdag uitgereik is.

Harris, wat Biden vervang het as die Demokratiese presidentskandidaat in 2024, maar teen Donald Trump verloor het, erken dat die toe 81-jarige Biden moeg geraak het en geneig was tot ’n gestruikel, wat sy ouderdom getoon het.

Sy het gekap na Withuis-personeel wat sy daarvan beskuldig dat hulle haar nie ondersteun het nie en soms aktief in haar pad gestaan het terwyl sy Biden se adjunk was.– AFP

Former Vice President Kamala Harris Attends The State Of The People Power Tour In Los Angeles LOS ANGELES, CALIFORNIA - JUNE 06: Former Vice President Kamala Harris speaks at the State of the People POWER Tour opening ceremony on June 6, 2025 in Los Angeles, California. The ten city State of the People POWER Tour is a national campaign aimed at �uniting Black communities through healing, direct relief, and power building.� Mario Tama/Getty Images/AFP (Photo by MARIO TAMA / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP) (MARIO TAMA/Getty Images via AFP)

Kamala Harris, voormalige Amerikaanse visepresident en Demokratiese presidentskandidaat.Foto: AFP

2025-09-10 14:35:06 — Rusland het Pole Woensdag daarvan beskuldig dat hy "mites" versprei en geen bewyse het nie nadat Pole verskeie hommeltuie neergeskiet het wat oornag sy lugruim binnegedring het.

Rusland se ministerie van buitelandse sake het gesê sy militêre magte het nie Pole geteiken nie, en dat sy hommeltuie nie voldoende reikafstand het om Pole te bereik nie.

"Hierdie konkrete feite weerlê die mites wat Pole weer eens versprei om die Oekraïne-krisis verder te eskaleer," het die ministerie gesê.

Die Russiese ambassade in Warskou, Pole, het vroeër gesê Pole “het nie enige bewyse verskaf van die Russiese oorsprong van die voorwerpe wat Pole se lugruim binnegedring het nie".– AFP

2025-09-10 15:00:38 —

Smoke billows in Gaza City after Israeli strikes on a tower on September 10, 2025, following Israel's announcement it would target tall buildings identified as being used by Hamas ahead of its forces' planned conquest of the urban hub. Israel's military said on September 9, it will act with "great force" in Gaza City and told residents to leave as it stepped up a deadly assault on the Palestinian territory's largest urban centre. (Photo by Omar AL-QATTAA / AFP) (OMAR AL-QATTAA/AFP)

Rook styg Dinsdag op in Gasastad ná Israeliese aanvalle. Israel het gewaarsku hy gaan hoë geboue teiken wat deur Hamas gebruik word.Foto: AFP

2025-09-10 15:14:10 — ’n Man wat Woensdag ’n onderwyser (52) en ’n leerling (16) by ’n landbouskool in die suidelike Franse dorp Antibes met ’n mes gesteek het, is in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

"Die aanvaller is in hegtenis geneem, hy is nie meer 'n bedreiging nie," het ’n polisiewoordvoerder gesê. Die twee gewondes is buite gevaar.

Die polisie het gesê die aanvaller is ’n voormalige leerling van die skool, maar kon geen onmiddellike besonderhede oor sy motief  gee nie.– Reuters


2025-09-10 15:35:53 — Die Sweedse regering het Woensdag planne aangekondig om die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid van 15 na 13 te verlaag om die toenemende werwing van kinders vir skiet- en bomaanvalle deur misdaadsindikate te beveg.

"Die aantal misdade waarby kinders jonger as 15 betrek word, het in ’n dekade verdubbel. En die verdagtes in dodelike skietvoorvalle word al hoe jonger," het die regering in ’n artikel in die koerantExpressengeskryf. "Hierdie verwikkeling moet stopgesit word."– AFP

2025-09-10 16:04:24 —

Aftermath of a recent monsoon season, in Karachi A resident carries a bag of groceries as he wades through a flooded street after a rain, following a recent monsoon season, in Karachi, Pakistan September 10, 2025. REUTERS/Akhtar Soomro TPX IMAGES OF THE DAY (Akhtar Soomro/REUTERS)

’n Inwoner dra Woensdag ’n sak kruideniersware in ’n oorstroomde straat in Karatsji, Pakistan, ná onlangse hewige moesonreën.Foto: Reuters

2025-09-10 16:10:49 — Minstens 9 mense is dood en 111 ander beseer in Israeliese aanvalle Woensdag op Hoethi-teikens in Jemen, sê die rebellegroep.

Die Israeliese weermag sê in ’n verklaring sy lugmag het “militêre teikens van die Hoethi-terreur-regime in die gebiede van die hoofstad, Sanaa, en Al-Djawf getref".

Luidens die verklaring het die teikens “militêre kampe, die hoofkantoor van die Hoethi’s se openbare-betrekkinge-afdeling en ’n brandstofopslagplek” ingesluit.– AFP

2025-09-10 16:35:33 — ’n Siriese man is Woensdag in Wes-Duitsland tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op drie mense verlede jaar in ’n Islamities gemotiveerde mesaanval by ’n somerfees in die Duitse stad Solingen.

’n Hof in Düsseldorf, sowat 25 km wes van Solingen, sê Issa Al Hasan (27) was 'n lid van Isis. In die aanval in Augustus verlede jaar is nog agt mense ernstig gewond.– AFP

2025-09-10 17:09:24 — Prins Harry het Woensdag by koning Charles se woning in Londen aangekom vir hul eerste samekoms in 20 maande – moontlik ’n belangrike stap om die openbare skeuring tussen pa en seun te oorbrug.

Dit is die eerste keer dat Harry, die hertog van Sussex, sy vader besoek sedert Februarie verlede jaar, kort nadat Charles se kankerdiagnose aangekondig is.

Harry is gesien toe hy by Clarence House, die koning se huis, aankom.

Charles (76) het vroeër die dag ander koninklike pligte daar afgehandel.

Harry (40) het Maandag in Brittanje geland vir verskeie ander verpligtinge en het Woensdag ’n sentrum besoek wat spesialiseer in die behandeling van slagoffers wat in ontploffings beseer is.– Reuters


2025-09-10 17:23:03 — Pres. Donald Trump het Rusland Woensdag gekritiseer vir die “betreding” van die Navo-bondgenoot Pole se lugruim met hommeltuie, nadat die Withuis gesê het hy hou berigte oor die voorval dop.

“Wat is dit met Rusland wat Pole se lugruim met hommeltuie skend? Hier gaan ons!” het Trump op sy Truth Social-platform geskryf.

Trump het nie uitgewei oor wat hy met die laaste deel van die kort boodskap bedoel nie.– AFP

2025-09-10 17:27:30 — Mexiko gaan sy invoertariewe op motors uit Asië, veral China, tot 50% verhoog.

Dit is Woensdag deur Marcelo Ebrard, minister van ekonomie, aangekondig.

Volgens Ebrard word invoertariewe op voertuie reeds gehef, maar die regering beplan nou om dit tot die maksimum toegelate vlak te verhoog.

Die verhoogde tariewe sal van toepassing wees op ligte voertuie sowel as motoronderdele.

Dié stap is gerig op die beskerming van Mexiko se eie motorbedryf te midde van groeiende mededinging deur Chinese vervaardigers. Die vorige tariefvlak was 20%.– Reuters

2025-09-10 17:33:58 —

A "selfie" taken by NASA's Perseverance Mars rover, made up of 62 individual images A "selfie" taken by NASA's Perseverance Mars rover, made up of 62 individual images, on July 23, in this image released on September 10, 2025. A rock nicknamed "Cheyava Falls," which has features that may bear on the question of whether the Red Planet was long ago home to microscopic life, is seen to the left of the rover near the center of the image. NASA/JPL-Caltech/MSSS/Handout via REUTERS THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY (NASA/JPL-Caltech/MSSS/via REUTERS)

’n “Selfie” geneem op 23 Julie deur Nasa se Perseverance Mars-verkenner en bestaande uit 62 individuele beelde, is te sien in dié foto uitgereik op 10 September. ’n Rots met die bynaam “Cheyava-waterval”, wat kenmerke het wat moontlik verband hou met die vraag of die Rooi Planeet lank gelede die tuiste van mikroskopiese lewe kon gewees het, word links van die verkenner naby die middel van die foto gesien.Foto: Nasa via Reuters

2025-09-10 18:04:12 — Brian Driscoll, voormalige waarnemende FBI-direkteur, en twee ander afgedankte senior amptenare het Woensdag pres. Donald Trump se regering gedagvaar.

Hulle beweer hulle is verlede maand sonder rede afgedank as deel van ’n “veldtog van vergelding” teen amptenare wat nie as lojaal genoeg beskou is nie.

Luidens die hofstukke sê Kash Patel, huidige FBI-direkteur, hy is beveel om almal te ontslaan wat aan ’n strafregtelike ondersoek na Trump gewerk het. Patel het glo aan Driscoll gesê: “Die FBI het probeer om die president in die tronk te sit en hy het dit nie vergeet nie.”

Steve Jensen, voormalige assistent-direkteur van die Washington-kantoor, en Spencer Evans, vorige hoof van die Las Vegas-kantoor, is ook eisers in die saak.– Reuters

2025-09-10 18:08:37 — Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Woensdag ’n beroep op Katar gedoen om “terroriste” op sy grondgebied te verdryf of te vervolg. Dit volg ’n dag nadat Israeliese aanvalle Hamas-amptenare in die hoofstad, Doha, geteiken het.

“Ek sê aan Katar en alle lande wat terroriste huisves, julle verdryf hulle of julle bring hulle voor die gereg. Want as julle dit nie doen nie, sal ons,” sê die premier in ’n toespraak, wat die aanvalle op 11 September 2001 in Amerika  herdenk.– AFP


2025-09-10 18:15:35 —

Preparations to open a GHF humanitarian aid distribution center near the Al-Mawasi area of Gaza's Khan Younis An Israeli soldier stands by during preparations for the opening of a new U.S.-backed Gaza Humanitarian Foundation (GHF) distribution center near the Al-Mawasi area of Khan Younis in the southern Gaza Strip September 10, 2025 REUTERS/Shir Torem EDITOR'S NOTE: REUTERS PHOTOGRAPHS WERE REVIEWED BY THE IDF AS PART OF THE CONDITIONS OF THE EMBED. NO PHOTOS WERE REMOVED. (Shir Torem/REUTERS)

’n Israeliese soldaat staan wag tydens voorbereidings vir die opening van ’n nuwe Amerikaans gesteunde Gaza Humanitarian Foundation (GHF)-verspreidingsentrum naby die Al-Mawasi-gebied van Chan Joenis in die suide van die Gasastrook.– Reuters

2025-09-10 18:22:38 — Buitelandse burgers wat vinnig Frankryk verlaat het, word daarvan beskuldig dat hulle nege varkkoppe by verskeie moskees in die omgewing van Parys gelos het.

Die voorval, wat Dinsdag plaasgevind het, het kommer oor toenemende anti-Moslem-haat laat ontstaan. Volgens ondersoekers het ’n boer in Normandië aan twee mans met ’n voertuig, vermoedelik met Serwiese nommerplate, verskeie varkkoppe verkoop.

Veiligheidskameras wys hoe dieselfde voertuig in Parys aankom voordat die koppe voor moskees afgelaai is.

Aanklaers sê daar was ’n “duidelike doelwit om onrus te saai”. ’n Ondersoek na die voorval is aan die gang.– AFP

2025-09-10 19:03:10 —

Cuba's electrical grid collapses in nationwide blackout Brothers Ernesto, Luis and Aldo Gonzalez sit in the living room of their house during a national power grid collapse, the fourth in less than a year, which caused a nationwide blackout, in Havana, Cuba September 10, 2025. REUTERS/Norlys Perez TPX IMAGES OF THE DAY (Norlys Perez/REUTERS)

Die broers Ernesto, Luis en Aldo Gonzalez sit Woensdag in die halfdonker sitkamer van hul huis in Havana, Kuba, tydens ’n nasionale kragnetwerk-ineenstorting wat ’n landwye kragonderbreking veroorsaak het, die vierde in minder as ’n jaar.Foto: Reuters

2025-09-10 19:12:21 — Charlie Kirk, ’n konserwatiewe kommentator en noue bondgenoot van pres. Donald Trump, is Woensdag by ’n geleentheid by die Utah Valley-Universiteit geskiet, het NBC News berig en ’n woordvoerder van die universiteit aangehaal.

Volgens die woordvoerder het Kirk ’n aanbieding gedoen toe daar geskiet is, en “sover ons kennis strek, is hy getref en deur sy veiligheidspan van die perseel verwyder”.

Fox News het berig dat Kirk gehospitaliseer is.

“Ons monitor die berigte oor die tragiese skietvoorval waarby Charlie Kirk by die Utah Valley-Universiteit betrokke was noukeurig,” het Kash Patel, hoof van die federale speurdiens (FBI), op X gesê.

In sy reaksie het Trump gesê: “Almal moet bid vir Charlie Kirk wat geskiet is.”– Reuters, AFP

2025-09-10 19:22:15 — Die dodetal ná Israel se aanvalle Woensdag op gebiede in Jemen wat deur die Hoethi-rebellegroep beheer word, het tot 35 gestyg, het die groep gesê.

“Die getal martelaars en gewonde burgerlikes weens die verraderlike Sionistiese misdaad het gestyg... tot 35 martelaars en 131 gewondes,” het ’n rebellewoordvoerder op X gesê, en bygevoeg dat dit nie ’n finale dodetal is nie.– AFP


2025-09-10 19:35:11 — Kanada het Woensdag gesê dat hy sy verhouding met Israel heroorweeg ná Israeliese lugaanvalle wat Hamas-leiers in Doha, Katar, geteiken het.

“Ons is besig om ons verhouding met Israel te evalueer,” het Anita Anand, minister van buitelandse sake, aan verslaggewers gesê.

“Die aanval gister (Dinsdag) in Katar was onaanvaarbaar. Dit was ’n skending van Katar se lugruim.”– AFP

2025-09-10 20:02:02 —

A protester kicks a tear gas canister during a demonstration as part of the "Bloquons tout" ("Let's block everything") protest movement, in Toulouse on September 10, 2025. The broad anti-government campaign, dubbed "Bloquons tout" ("Let's block everything"), calls for a a shutdown of France on September 10 with a string of protest actions and civil disobedience around the country, while the handover of power between the new Prime Minister and his predecessor, who suffered a crushing loss in a confidence vote on September 8, is scheduled for the same day at noon. (Photo by Ed JONES / AFP) (ED JONES/AFP)

’n Betoger skop Woensdag ’n traanrookgranaat by ’n betoging in Toulouse, Frankryk, as deel van die ‘Bloquons tout’ (‘Kom ons blokkeer alles’)-protesbeweging teen onder meer beplande begrotingsbesnoeiings.Foto: AFP

2025-09-10 20:10:55 — Israel se aanval op Hamas Dinsdag in Doha, Katar, het enige hoop vir gyselaars in Gasa verpletter het, het sjeik Mohammed bin Abdulrahman al-Thani, die Katariese eerste minister, Woensdag in ’n onderhoud met CNN gesê.

Hy het ook gevra het dat sy Israelse eweknie, Benjamin Netanyahu, "tot geregtigheid gebring moet word."

“Ek dink wat Netanyahu gister (Dinsdag) gedoen het, het enige hoop vir daardie gyselaars totaal vernietig,” Al Thani gesê.

Hy het verder gesê Netanyahu het Katar se “tyd gemors” om saam met Egipte as bemiddelaar op te tree tussen Israel en Hamas oor die Gasa-oorlog, en dat Katar se bemiddelingsrol “herevaluseer”.

Al Thani het ookgesê daar sal ’n reaksie op die aanval wees, en dat dit tans met streekvennote bespreek word. – Reuters

2025-09-10 20:13:00 — Israel se aanval op Hamas Dinsdag in Doha, Katar, het enige hoop vir die gyselaars in Gasa verpletter, het sjeik Mohammed bin Abdoelrahman al-Thani, premier van Katar, Woensdag in ’n onderhoud met CNN gesê.

Hy het ook gevra dat sy Israeliese ampsgenoot, Benjamin Netanyahu, “voor die gereg gebring moet word”.

“Ek dink wat Netanyahu gister gedoen het, het enige hoop vir daardie gyselaars totaal vernietig,” het Al-Thani gesê.

Netanyahu het Katar se “tyd gemors” om saam met Egipte as bemiddelaar tussen Israel en Hamas oor die Gasa-oorlog op te tree, en dat Katar sy bemiddelingsrol “herevalueer”, het hy gesê.

Volgens Al-Thani sal daar ’n reaksie op die aanval wees en dat dit tans met streekvennote bespreek word.– Reuters

2025-09-11 03:30:42 — Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie ná die skietdood van Charlie Kirk (31), ’n regse aktivis en kommentator en ’n invloedryke bondgenoot van pres. Donald Trump.

Kirk is Woensdag noodlottig in die nek gewond op ’n geleentheid by ’n universiteit in Utah, wat die deelstaat se goewerneur as ’n sluipmoord beskryf het.

Kash Patel, direkteur van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI), het gesê ’n persoon is vir ondervraging aangehou en toe vrygelaat. “Ons ondersoek duur voort.”– Reuters

Key Speakers At The Turning Point Action Conference Charlie Kirk, founder and executive director of Turning Point USA, speaks at the Turning Point Action conference in West Palm Beach, Florida, US, on Saturday, July 15, 2023. The Federal Election Commission reports due Saturday for the second quarter of 2023 will also show which Republicans are mounting a serious challenge to former President Donald Trump for the GOP nomination. Photographer: Eva Marie Uzcategui/Bloomberg via Getty Images (Bloomberg/Bloomberg via Getty Images)

Charlie KirkFoto: Bloomberg/Getty Images


2025-09-11 03:40:57 — Drie mense is dood en 70 beseer toe ’n tenkwa omgeslaan, in vlamme uitgebars en op ’n snelweg in die suidooste van Mexikostad ontplof het.

Die massiewe ontploffing en brand het verskeie voertuie naby die grens tussen die hoofstad se Iztapalapa-distrik en Chalco in die naburige Mexiko-deelstaat verswelg.

Beeldmateriaal wys hoe brandbestryders die vlamme bestry en die verkoolde oorblyfsels van die tenkwa en nabygeleë voertuie afkoel.– Reuters

2025-09-11 03:47:49 — ’n Manlike verdagte in ’n skietery waarin twee medeleerlinge by ’n hoërskool naby Denver gewond is, is Woensdag ure ná die voorval dood aan beserings wat hy homself toegedien het.

Jacki Kelley, woordvoerder van die kantoor van die sheriff van Jefferson, het gesê die verdagte was een van drie leerlinge wat met skietwonde in die hospitaal opgeneem is ná die skietery by die Evergreen High School.

Die skieter het met ’n handwapen skote binne en buite die skool afgevuur, het Kelley gesê.– Reuters

2025-09-11 04:01:47 — Ghana het ingestem om burgers van Wes-Afrika te aanvaar wat uit Amerika gedeporteer is, het pres. John Dramani Mahama laat Woensdag aan verslaggewers gesê.

Pres. Donald Trump het ’n onbuigsame benadering tot immigrasie, met die doel om miljoene immigrante wat onwettig in Amerika is, te deporteer en poog om die getal verwyderings na sogenaamde derde lande te verhoog.

’n Groep van 14 gedeporteerdes, onder wie Nigeriërs en ’n persoon van Gambië, het reeds in Ghana aangekom en die regering het hul terugkeer na hul lande van herkoms vergemaklik.– Reuters

2025-09-11 04:03:37 — Tunisië sê die “aanval” op ’n skip by die Sidi Bou Said-hawe is “georkestreer”.

Dit kom nadat die Global Sumud Flotilla (GSF), wat voorberei om hulp aan Gasa te lewer, gesê het een van sy bote is met ’n hommeltuig aangeval in die tweede sodanige aanval in twee dae.

Die Tunisiese ministerie van binnelandse sake, wat geen party of land beskuldig het nie, het in ’n verklaring gesê hy ondersoek die hommeltuigaanval.– Reuters

2025-09-11 04:15:43 — ’n Franse parlementêre kommissie wat die sielkundige gevolge van TikTok ondersoek, beveel aan dat sosiale media vir kinders onder 15 verbied word.

Benewens die verbod, beveel die kommissie ’n digitale aandklokreël vir 15- tot 18-jariges aan om sosiale media tussen 22:00 en 08:00 ontoeganklik te maak.

Die kommissie is in Maart op die been gebring nadat sewe gesinne TikTok in 2024 gedagvaar het omdat die sosialemediaplatform na bewering hul kinders blootgestel het aan inhoud wat hulle tot selfdood kan dryf.– AFP


2025-09-11 04:36:08 — Die Verenigde Nasies se Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Woensdag gesê sy werkers sal in Gasastad aanbly ten spyte van beroepe van Israel se weermag dat mense moet vlug.

“Aan burgerlikes in Gasa: Die WGO en vennote bly in Gasastad.”

Israel se weermag verskerp sy aanvalle op Gasastad met die doel om die stad te beset. Israel het vandeesweek burgerlikes daar gewaarsku om die gebied te verlaat.– AFP

2025-09-11 05:01:39 — Oudpres. Joe Biden het Woensdag by talle ander Amerikaanse politici aangesluit deur die noodlottige skietery van die regse aktivis Charlie Kirk te veroordeel en gevra vir die beëindiging van geweld.

“Daar is geen plek in ons land vir hierdie soort geweld nie. Dit moet nou eindig. Ek en Jill (Biden se vrou) bid vir Charlie Kirk se familie en geliefdes,” het Biden gesê.

Intussen het pres. Donald Trump beveel dat Amerikaanse vlae  tot Sondagaand halfstok hang.– AFP

2025-09-11 05:02:54 — ’n Prominente Duitse orkes se optrede by ’n Belgiese fees is gekanselleer weens kommer oor sy Israeliese dirigent.

Die München Filharmoniese Orkes sou op 18 September optree, gelei deur sy toekomstige hoofdirigent, die Israeliese musikant Lahav Shani.

Shani is tans die musiekdirekteur van die Israeliese Filharmoniese Orkes.

Gevolglik het die feesorganiseerders gesê hulle kon “nie voldoende duidelikheid gee oor sy houding” teenoor die Israeliese regering nie.– AFP

2025-09-11 05:05:17 — New York berei voor om die verwoestende aanvalle van 11 September 2001 Donderdag te herdenk.

Dit volg 24 jaar ná die dodelike kaping van vliegtuie wat byna 3 000 lewens geëis het en Amerika vir altyd verander het.

JD Vance, visepresident, sal na verwagting geleenthede by Ground Zero in Manhattan bywoon, waar die World Trade Center se tweelingtorings vernietig is in gekoördineerde aanvalle wat ook daartoe gelei het dat ’n straler by die Pentagon in Washington neergestort het.

Nog ’n straler, Vlug 93, het in die platteland van Pennsilvanië neergestort toe passasiers die kaper oorrompel en beheer oor die vliegtuig geneem het.– AFP

Elizabeth Adams reacts at the 9/11 Memorial & Museum reflecting pool ahead of the 24th anniversary of the September 11, 2001 attacks on the World Trade Center, in the Manhattan borough of New York City Elizabeth Adams reacts at the 9/11 Memorial & Museum reflecting pool ahead of the 24th anniversary of the September 11, 2001 attacks on the World Trade Center, in the Manhattan borough of New York City, U.S., September 10, 2025. REUTERS/Jeenah Moon (Jeenah Moon/REUTERS)

Elizabeth Adams huil Woensdag by die 9/11 Memorial & Museum in die Manhattan-distrik van New York een dag voor die 24ste herdenking van die aanvalle op die World Trade Center op 11 September 2001.Foto: Reuters

2025-09-11 06:38:59 — Die polisie in Australië fynkam meer as een miljoen lêers van ’n vermeende kinderseksoortreder.

Die man van Sydney, wie se naam nie genoem kan word nie, is in Julie aangekla as deel van ’n ondersoek na die vervaardiging van aanlyn materiaal van kindermishandeling.

Hy was ’n kinderversorgingswerker.

Ondersoekers het ongeveer 1,4 miljoen elektroniese lêers geïdentifiseer op toestelle wat gedurende ’n deursoeking van die man se huis gekonfiskeer is.– AFP


2025-09-11 07:04:41 — Die dodetal in vandeesweek se vloede op Bali, Indonesië, het tot 14 gestyg, hoewel die reën opgehou het en watervlakke in die meeste gebiede daal.

Twee mense word vermis in Denpasar en 125 reddingswerkers is ontplooi om na hulle te soek. Meer as 500 mense skuil in skole en moskees.

Stortreën Dinsdag en Woensdag het vloede in Denpasar en ses van Bali se agt streke veroorsaak, wat hoofpaaie, insluitend toegang tot die eiland se internasionale lughawe, versper het.

Daar was ook grondstortings in sommige gebiede.– AFP

2025-09-11 07:08:34 — Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sal op Pole se versoek ’n spoedvergadering hou om Rusland se skending van Pole se lugruim te bespreek, het die Poolse ministerie van buitelandse sake Donderdag gesê.

Die stap kom in reaksie op ’n ongekende oornag-operasie waarin Pole, gesteun deur Navo-bondgenote, Woensdag verskeie Russiese hommeltuie neergeskiet het wat sy lugruim binnegedring het.

Dit is die eerste keer dat ’n Navo-lid Russiese militêre bates in sy eie grondgebied direk aangeval en vernietig het sedert die begin van die oorlog in Oekraïne.– Reuters

2025-09-11 08:00:09 — Nasa het begin om Chinese burgers met geldige visums te verbied om by sy programme aan te sluit, wat die toenemende wedloop om geleenthede in die ruimte te ontgin tussen die mededingende moondhede beklemtoon.

Die beleidsverskuiwing is eerste deur Bloomberg News gerapporteer en deur die Amerikaanse regeringsagentskap bevestig.

“Nasa het interne stappe gedoen met betrekking tot Chinese burgers, insluitend die beperking van fisieke en aanlyn toegang tot ons geriewe, materiaal en netwerk om die veiligheid van ons werk te verseker,” het Bethany Stevens van Nasa gesê.– AFP

2025-09-11 08:28:41 — Die Utah Valley-Universiteit, waar Charlie Kirk doodgeskiet is, sal tot Maandag gesluit bly met alle klasse, persoonlik en virtueel, wat opgeskort is.

Die universiteit sê in ’n verklaring hy is “geskok en hartseer oor die tragiese afsterwe” van Kirk wat by ’n geleentheid op die kampus gepraat het.

Die universiteit sê hulle treur saam met hul studente, fakulteit en personeel “wat hierdie onuitspreeklike tragedie aanskou het”.– BBC

Political Activist Charlie Kirk Shot Dead At Utah Valley University OREM, UTAH - SEPTEMBER 10: People run after shots were fired during an appearance by Charlie Kirk at Utah Valley University on September 10, 2025 in Orem, Utah. Kirk, founder of Turning Point USA, was speaking at his "American Comeback Tour" when he was shot in the neck and killed. (Photo by Trent Nelson/The Salt Lake Tribune/Getty Images) (The Salt Lake Tribune/Getty Images)

Mense hardloop weg nadat ’n skoot afgevuur is tydens die praatjie deur Charlie Kirk by die Utah Valley-Universiteit in Orem, Utah.Foto: Getty Images/The Salt Lake Tribune

2025-09-11 09:10:23 — https://x.com/Keir_Starmer/status/1965896152345415805


2025-09-11 09:12:11 — https://x.com/BorisJohnson/status/1965887175335026990

2025-09-11 09:35:31 — Ron DeSantis, Republikeinse goewerneur van Florida, het gevra dat Charlie Kirk se moordenaar, wat steeds op vrye voet is, die doodstraf moet kry.

“Ons benodig ’n baie vinnige vervolging vir die doodstraf. Ek wil nie hê dit moet vir ewig en ’n dag duur nie. Ons benodig geregtigheid hiervoor.”

Utah, waar die skietery plaasgevind het, is een van vyf Amerikaanse deelstate wat die doodstraf deur ’n vuurpeloton magtig.– Sky News

Charlie Kirk shooting: Supporters gather outside of Timpanogos Regional Hospital OREM, UTAH - SEPTEMBER 10: Supporters gather outside of Timpanogos Regional Hospital to mourn Charlie Kirk who was fatally shot during a speaking event at Utah Valley University in Orem, Utah, United States on September 10, 2025. (Photo by Tayfun Coskun/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

’n Plakkaat buite die Timpanogos-streekhospitaal waar ondersteuners byeengekom het om te treur oor Charlie Kirk wat by die Utah Valley-Universiteit in Amerika doodgeskiet is.Foto: Anadolu via Getty Images

2025-09-11 09:48:20 — Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, sê Charlie Kirk is vermoor omdat hy die waarheid gepraat en vryheid verdedig het.

“ ’n Vriend van Israel, hy het die leuens beveg en vir die Joods-Christelike beskawing gestaan. Ek het slegs twee weke gelede met hom gepraat en hom na Israel genooi. Ongelukkig sal daardie besoek nie plaasvind nie.

“Ons het ’n ongelooflike mens verloor. Sy grenslose trots in Amerika en sy dapper geloof in vryheid van spraak sal ’n blywende impak laat.”– Reuters

2025-09-11 10:10:15 — Brittanje het Peter Mandelson as ambassadeur in Amerika afgedank weens sy verhouding met die oorlede seksoortreder Jeffrey Epstein.

Mandelson is ondersoek oor sy verhouding met Epstein nadat ’n verjaardagboek uitgereik is wat ’n brief insluit waarin Mandelson na bewering vir Epstein as “my beste vriend” beskryf het.

Nuwe inligting het in e-posse wat deur Mandelson geskryf is, na vore gekom, het Brittanje se ministerie van buitelandse sake gesê.

“Die e-posse toon dat die diepte en omvang van Peter Mandelson se verhouding met Jeffrey Epstein wesenlik verskil van dít wat ten tyde van sy aanstelling bekend was.”– Reuters

Middle East conflict UK Ambassador to the US, Lord Peter Mandelson arrives at the Cabinet Office in central London. Prime Minister Sir Keir Starmer has called an emergency Cobra committee today to discuss the security situation in the Middle East, the PA news agency understands. Picture date: Wednesday June 18, 2025. (Photo by Jonathan Brady/PA Images via Getty Images) (Jonathan Brady - PA Images/PA Images via Getty Images)

Peter MandelsonFoto: Getty Images/PA Images

2025-09-11 10:39:56 — Die Nederlandse regering beplan om die invoer te verbied van goedere wat in Joodse nedersettings in Israelies-besette Palestynse gebiede vervaardig word.

Dit is weens Israel se planne vir die Wesoewer en sy militêre offensief in Gasa.

Nederland het in Julie ’n reisverbod ingestel teen twee regse Israeliese kabinetsministers, maar die regering was tot nou toe huiwerig om verdere stappe te doen.

Casper Veldkamp, voormalige minister van buitelandse sake, het verlede maand bedank omdat hy geen steun ontvang het binne die kabinet om bykomende maatreëls teen Israel te tref nie.– Reuters


2025-09-11 11:16:48 — ’n Franse parlementêre komitee het Donderdag ’n strafregtelike klag teen TikTok ingedien oor die “bewuste bedreiging” wat die platform inhou vir kinders se gesondheid.

Arthur Delaporte, voorsitter van die komitee, sê TikTok stel doelbewus die lewe van sy jong gebruikers in gevaar en die saak is na die Paryse aanklaer verwys. Die ondersoek volg op klagtes deur sewe gesinne wat TikTok daarvan beskuldig dat hy kinders blootstel aan gevaarlike inhoud.

Daar word voorgestel dat kinders onder 15 sosiale media verbied word, en tieners tussen 15 en 18 jaar oud slegs tussen 08:00 en 22:00 toegang daartoe mag hê. TikTok het voorheen gesê hy neem kinders se geestesgesondheid ernstig op.

Die besluit oor vervolging lê nou by die Paryse aanklaer.– AFP

BATH, UNITED KINGDOM - MARCH 10: A 12-year-old boy looks at a smartphone screen displaying the TikTok logo on March 10, 2024 in Bath, England. Following the lead of the EU Commission and several US administrations, TikTok was banned from UK government phones last year amid security concerns around the Chinese-owned video app. Recently TikTok announced that every account belonging to a user below age 18 have a 60-minute daily screen time limit automatically set. (Photo by Matt Cardy/Getty Images) (Matt Cardy/Getty Images)

’n Seun kyk na TikTok op sy selfoon. ’n Franse parlementêre komitee het Donderdag ’n strafregtelike klag teen die platform ingedien oor die “bewuste bedreiging” wat dit inhou vir kinders se gesondheid.Foto: Getty Images

2025-09-11 11:25:41 — Duitse ondersoekers het Donderdag die kantoor van die regse parlementslid Maximilian Krah deurgesoek nadat sy immuniteit opgehef is te midde van ’n ondersoek na beweerde omkopery met China.

Krah, van die party Alternatief vir Duitsland (AfD), ontken die beskuldigings van geldwassery en korrupsie, en noem dit “polities gemotiveerd”.

Die ondersoek kom nadat ’n voormalige assistent van Krah, Jian Guo, vroeër vanjaar in Brussel gearresteer is oor beweerde spioenasie vir China.

Krah ontken dat hy bewus was van sy assistent se optrede. Volgens die Duitse media het Krah glo meer as € 50 000 van maatskappye met bande met Guo ontvang.– AFP

2025-09-11 11:36:24 — ’n Woordvoerder van die Europese Kommissie sê dit is te vroeg om te sê wanneer die 19de pakket sanksies teen Rusland ingestel sal word ná die terugkeer van ’n afvaardiging van die Europese Unie (EU) uit Amerika.

Kommissie-amptenare, insluitend die EU se sanksiegesant David O’Sullivan, het dié week met die Trump-administrasie vergader in ’n poging om die sanksies te koördineer.

Die woordvoerder sê gesprekke met die VSA en ander wêreldwye vennote sal voortgaan.

Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 stel die EU sanksies in teen Rusland, gemik op sy ekonomie, finansies en individue wat met die Kremlin verbind word.– Reuters

2025-09-11 11:45:45 —

SUDBURY, ENGLAND - SEPTEMBER 11: Catherine, Princess of Wales visits Sudbury Silk Mills on September 11, 2025 in Sudbury, England. The Princess of Wales is visiting mills in Sudbury and Cuxton today as she celebrates British creativity and craftmanship. (Photo by Mark Cuthbert/UK Press via Getty Images) (Mark Cuthbert/UK Press via Getty Images)

Catherine, prinses van Wallis, besoek meulens in Sudbury, Engeland, ter viering van Britse kreatiwiteit en vakmanskap.Foto: Getty Images

2025-09-11 12:15:44 — Swede het aangekondig dat die land in die volgende twee jaar 70 miljard kroon vir militêre steun aan Oekraïne sal verskaf.

Pal Jonson, Sweedse minister van verdediging, sê die meeste van die geld sal gebruik word vir aankope soos Archer-artilleriestelsels wat reeds in die oorlog teen Rusland gebruik word.

Jonson het bygevoeg dat Swede gereed is om bystand aan Pole te verleen, ná ’n vermoedelik Russiese hommeltuig-aanval oor Poolse grondgebied.

“Ons het dadelik aan Pole gesê ons is bereid om hulpbronne beskikbaar te stel indien nodig,” het Jonson gesê.

Die steun sal binne die raamwerk van Navo gekoördineer word. Pole, saam met Navo-vennote, het van die Russiese hommeltuie neergeskiet. Rusland ontken egter verantwoordelikheid vir die voorval.– Reuters


2025-09-11 12:22:35 — Nepal se weermag sê 192 gevangenes wat Maandag en Dinsdag tydens gewelddadige betogings ontsnap het, is weer aangekeer.

Volgens die polisie het ongeveer 13 500 gevangenes tydens die chaos uit tronke landwyd ontsnap. Die ontsnapping van gevangenes het bygedra tot die uitdagings wat die owerhede moes hanteer.

Volgens die regering moes soldate en polisiebeamptes probeer om die orde te herstel in die nasleep van die betogings teen korrupsie en beperkte ekonomiese geleenthede in die Himalaja-land.– AFP

2025-09-11 12:38:21 — BND, Duitsland se buitelandse intelligensiediens, moet versterk word om die land se grootte en ekonomiese belang te reflekteer, sê Friedrich Merz, Duitse bondskanselier.

Merz het Donderdag tydens die inhuldiging van die nuwe hoof, Martin Jäger, gewaarsku dat Europa se veiligheid nou meer broos is as ooit tevore weens stygende hibriede aanvalle soos sabotasie, spioenasie en disinformasie.

Jäger, voorheen ambassadeur in Oekraïne, neem die leisels oor by Bruno Kahl.

“Die veiligheidsituasie was nog nooit so ernstig soos nou nie,” sê Merz.

Hy het beklemtoon dat Duitsland ’n proaktiewe benadering en ’n sterker intelligensiediens nodig het om sy verantwoordelikheid in Europa na te kom.– Reuters

Handover of office from the President of BND to Martin Jaeger, in Berlin German Chancellor Friedrich Merz speaks on the day of the handover of the presidency of Federal Intelligence Service BND (Bundesnachrichtendienst), in Berlin, Germany, September 11, 2025. REUTERS/Liesa Johannssen/Pool (Liesa Johannssen/REUTERS)

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, woon Donderdag die inhuldiging van Martin Jäger, nuwe hoof van die buitelandse intelligensiediens (BND) in Berlyn, Duitsland, by.Foto: Reuters

2025-09-11 13:20:27 — Spencer Cox, goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Utah, beskou die sluipmoord op Charlie Kirk, regse aktivis en kommentator, as polities gedrewe.

Kirk is Woensdag deur 'n enkele skoot in die nek noodlottig gewond op 'n geleentheid by die Utah Valley-universiteit in Orem, ongeveer 65 km suid van Salt Lake City.

Cox sê Kirk se saamtrekke op universiteitskampusse was deel van 'n tradisie van oop politieke debat wat "fundamenteel was vir die vorming van ons land, vir ons mees basiese grondwetlike regte".

"Wanneer iemand die lewe van 'n persoon neem as gevolg van hul idees of hul ideale, dan word daardie einste grondwetlike fondament bedreig," sê Cox.

Die skieter is nog op vrye voet, sê die polisie.– Reuters

Charlie Kirk fatally shot at Utah Valley University event A Make America Great Again hat sits at a table inside a tent bearing the slogan 'The American Comeback Tour', cordoned off after U.S. right-wing activist, commentator, Charlie Kirk, an ally of U.S. President Donald Trump, was fatally shot during an event at Utah Valley University, in Orem, Utah, U.S. September 10, 2025. REUTERS/Jim Urquhart

 TPX IMAGES OF THE DAY (Jim Urquhart/REUTERS)

Moordtoneel...

Die afgesperde gebied waar Charlie Kirk, Amerikaanse regse aktivis en kommentator, Woensdag noodlottig gewond is op 'n geleentheid by die Utah Valley-universiteit in Orem in die Amerikaanse deelstaat Utah.Foto: Reuters

2025-09-11 13:39:23 — Speurders in Utah het die moordwapen wat gebruik is om die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk te vermoor, opgespoor, sê die Amerikaanse speurdiens, die FBI.

Die vuurwapen, 'n hoë-kaliber geweer, is in 'n beboste gebied gevind waar die verdagte glo ná die aanval in gevlug het.Kirk, 'n bekende politieke figuur en stigter van die organisasie Turning Point USA, is Woensdag doodgeskiet in wat as 'n sluipmoord beskryf word.

Die voorval het regoor Amerika verontwaardiging ontlok en die aandag weer gevestig op geweld teen politieke aktiviste.

Die ondersoek duur voort, terwyl die owerhede probeer om die motief en identiteit van die skieter vas te stel. Kirk was landswyd bekend vir sy uitgesproke  standpunte.– Reuters

2025-09-11 13:41:30 — ’n Begrafnisdiens vir die ses mense wat in 'n Israeliese lugaanval op Hamas-leiers in Katar dood is, is Donderdag in ’n moskee in Doha onder streng veiligheidsmaatreëls gehou.

Sheikh Tamim bin Hamad Al Thani, emir van Katar, het saam met treurende familielede en militêre lede die diens bygewoon. Een van die kiste was met die landsvlag van Katar bedek, en die ander met Palestynse vlae.

Die oorledenes sluit in vyf Hamas-lede, onder wie Hamam – seun van die onderhandelaar Khalil al-Hayya, sy assistent Jihad Labad, drie lyfwagte, en ’n polisieman van Katar, Badr Saad Mohammed al-Humaidi al-Dosari.

Die oorledenes sal na afloop van die diens in die Mesaimeer-begraafplaas begrawe word. Israel se aanval was gemik op Hamas-leiers, maar die topbestuur is glo nie getref nie.– AFP


2025-09-11 13:46:12 —

Ceremony marking the 24th anniversary of the September 11 attacks at the Pentagon U.S. President Donald Trump and U.S. first lady Melania Trump walk during a ceremony marking the 24th anniversary of the September 11, 2001, attacks on the United States at the Pentagon, in Washington D.C., U.S., September 11, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein (Evelyn Hockstein/REUTERS)

Pres. Donald Trump en sy vrou, Melania, op 'n seremonie by die Pentagon in Washington DC  ter herdenking van die 24 jaar sedert die aanvalle op 11 September 2001 op die VSA.Foto: Reuters

2025-09-11 14:01:41 — Amerikaanse ondersoekers het Donderdag gesê hulle is vol vertroue dat hulle die skieter sal identifiseer wat die regse beïnvloeder Charlie Kirk by ’n universiteit in Utah doodgeskiet het nadat hulle beeldmateriaal van die verdagte verkry het.

“Ons het goeie videomateriaal van hierdie individu. Ons gaan dit nie in hierdie stadium uitreik nie,” het Beau Mason, kommissaris van Utah se departement van openbare veiligheid, aan verslaggewers gesê.

“Ons werk deur middel van sekere tegnologieë en metodes om hierdie individu te identifiseer,” het hy gesê, en bygevoeg: “Ons is tans vol vertroue in ons vermoëns.”– AFP

2025-09-11 14:13:52 —

Flag unfurled on 9/11 at the Pentagon in Washington A Virginia State Trooper salutes as a U.S. flag is unfurled from the roof of the Pentagon at a ceremony marking the 24th anniversary of the September 11, 2001 attacks on the United States, in Washington, D.C., U.S., September 11, 2025. REUTERS/Kevin Lamarque TPX IMAGES OF THE DAY (Kevin Lamarque/REUTERS)

’n Polisieman van die deelstaat Virginia salueer Donderdag ’n Amerikaanse vlag wat vanaf die dak van die Pentagon oopvou op ’n seremonie van die 24ste herdenking van die 11 September 2001-aanvalle.Foto: Reuters

2025-09-11 14:36:27 — Pres. Donald Trump het Donderdag aangekondig dat hy die hoogste Amerikaanse burgerlike eerbewys postuum aan die vermoorde regse aktivis Charlie Kirk sal toeken.

“Ek is bly om aan te kondig dat ek binnekort aan Charlie Kirk die presidensiële medalje van vryheid postuum sal toeken,” het Trump gesê op ’n seremonie by die Pentagon ter herdenking van die 11 September 2001-aanvalle.– AFP

2025-09-11 15:04:49 — Uitdrukkings van transgender- en antifascistiese ideologie is gegraveer op die ammunisie wat in die geweer gevind is wat owerhede meen gebruik is om die Amerikaanse konserwatiewe aktivis Charlie Kirk dood te skiet, hetThe Wall Street JournalDonderdag berig.

Die koerant het ’n persoon met naby kennis van die ondersoek aangehaal, asook ’n wetstoepassingsbulletin. Die koerant het berig dat die geweer drie patrone in sy magasyn gehad het, almal gegraveer.– Reuters

TOPSHOT - A general view of a wreath laid by mourners outside the US Embassy in Pretoria on September 11, 2025 following the fatal shooting of US youth activist and influencer Charlie Kirk while speaking during an event at Utah Valley University in Orem, Utah, United States. US youth activist and influencer Charlie Kirk, a major ally of President Donald Trump, was shot on September 10, 2025 at a US university. Kirk was speaking at an event at Utah Valley University when the attack happened. (Photo by Phill Magakoe / AFP) (PHILL MAGAKOE/AFP)

Kranse Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria ter ere van die konserwatiewe jeugaktivis en beïnvloeder Charlie Kirk wat Woensdagaand by ’n universiteit in Amerika doodgeskiet is. Foto: AFP


2025-09-11 15:16:23 —

Palestinians queue to receive a hot meal from a charity kitchen in the Nuseirat refugee camp in the Israel-besieged Gaza Strip on September 11, 2025, amid a UN-declared famine after nearly two years of war. (Photo by Eyad BABA / AFP) (EYAD BABA/AFP)

Palestyne staan Donderdag in toue om ’n warm ete van ’n welwillendheidskombuis in die Noesairat-vlugtelingkamp in die Gasa-strook te ontvang.Foto: AFP

2025-09-11 15:38:37 — Ierland sal nie aan volgende jaar se Eurovision-kompetisie deelneem indien Israel deelneem nie, het die Ierse nasionale uitsaaier RTE Donderdag gesê.

“Dit is RTE se standpunt dat Ierland nie aan die 2026-Eurovision-kompetisie sal deelneem indien Israel se deelname voortgaan nie,” lui ’n verklaring deur die uitsaaier.

“RTE voel dat Ierland se deelname gewetenloos sal wees inaggenome die voortgesette en skokkende verlies van lewens in Gasa."

Ierland het Eurovision al sewe keer gewen – meer as enige ander land.– AFP

2025-09-11 16:07:50 —

’n Skermgreep van beeldmateriaal wat deur Katar TV vrygestel is, wys sjeik Tamim bin Hamad Al Thani, die Katarse emir, wat Donderdag die begrafnis bywoon van die mense wat vroeër die week in ’n Israeliese aanval op Hamas-leiers in Doha dood is. Foto: AFP

2025-09-11 16:17:40 — Die FBI het Donderdag foto's vrygestel van ’n man wat beskryf word as ’n persoon van belang in die moord op die regse jeugleier Charlie Kirk.

Die foto’s, wat ’n man in ’n pet, donkerbril en gemaklike klere wys, is op die FBI se X-rekening geplaas.

Daarin doen hulle ’n beroep "op die publiek se hulp om hierdie persoon van belang te identifiseer in verband met die noodlottige skietvoorval." – AFP

Right-wing Trump ally Charlie Kirk shot dead at US university This image released by the Federal Bureau of Investigation (FBI) shows an image of a person of interest in the investigation into the fatal shooting of Charlie Kirk that occurred on September 10, 2025, at Utah Valley University in Orem, Utah. The gunman who shot dead US right-wing youth leader Charlie Kirk in a targeted killing remained at large Thursday but authorities said they have video images of the suspect and have recovered a "high-powered" rifle. Kirk, a 31-year-old superstar on the Republican right who was credited with helping Donald Trump return to the presidency last year, was shot while addressing a large crowd at Utah Valley University on Wednesday. (Photo by HANDOUT / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / FBI / HANDOUT" - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Volgens die FBI is hierdie man ’n persoon van belang in die ondersoek na die moord op Charlie Kirk. Foto: AFP

2025-09-11 16:22:03 — Hamas het Donderdag gesê Israel se aanval op sy onderhandelaars in Katar was gemik op die vernietiging van Gasa-skietstilstandonderhandelinge, en het Amerika daarvan beskuldig dat hulle ’n "medepligtige" is.

"Hierdie misdaad was ... ’n sluipmoord op die hele onderhandelingsproses," het die Hamas-amptenaar Fawzi Barhoum by ’n nuuskonferensie gesê.

"Ons bevestig dat die Amerikaanse administrasie ’n volle medepligtige in hierdie misdaad is," het hy bygevoeg. – AFP

SPELETJIES VANDAG

CTA