2025-09-27 14:44:04 — Goeiemiddag en welkom by ons regstreekse dekking van die Bokke se stryd teen die Poemas. Dis vandag die 39ste keer wat hierdie twee nasies op die rugbyveld kragte meet. Suid-Afrika het 33 van hul vorige ontmoetings gewen, vier verloor en een toets het gelykop geëindig.
2025-09-27 14:47:10 — Die Bokke het nog net een keer in 18 toetse op tuisbodem teen die Argentyne verloor. Dit was 'n dekade terug op die einste Kingspark in Durban, waar die spanne vandag ook slaags is.
2025-09-27 14:48:24 —
2025-09-27 14:56:25 — Angus Gardner, 'n Aussie, is vandag die skeidsregter. In 11 vorige Bok-toetse wat hy hanteer het, was Suid-Afrika net ses keer aan die wenkant.
2025-09-27 15:02:50 —
2025-09-27 15:04:56 — Die All Blacks het danksy hul sege vanoggend oor die Wallabies die voortou op die Rugbykampioenskap se puntelys geneem, maar as die Bokke vanaand wen, sal hulle danksy 'n beter punteverskil bo die Kiwi's inskuif op die punteleer.
2025-09-27 15:09:16 — Die volksliedere word nou gesing.
2025-09-27 15:12:54 — Die formaliteite is afgehandel en dis tyd vir rugga. Die Poemas skop af en hier gaan ons!
2025-09-27 15:16:42 — Die Poemas slaan die bal op die middellyn aan en dis die eerste vaste skrum van die wedstryd. Die Bokke het die Poemas in trurat, maar Angus Gardner sê hulle moet weer inslaan. Hierdie keer word die Poemas gestraf en Sacha Feinberg-Mngomezulu gaan teen die wind aanlê vir 'n skop van amper 50 m.
2025-09-27 15:17:37 — Sacha se skop is suiwer en die Bokke loop met 3-0 voor. Daar is vyf minute se spel verstreke.
2025-09-27 15:20:14 — Die Poemas val aan en gee 'n skoppie wat 5 m van die Bok-doellyn oor die kantlyn rol. Suid-Afrika wen sy lynstaanbal, maar Sacha F-M se lynskop is nie uit nie en die Poemas is terug op die aanval.
2025-09-27 15:22:12 — Nou word die Bokke vir onkantspel gestraf en Santiago Carreras mik pale toe. Dis 'n maklike skop en hy maak geen fout nie. Dis 3-3.
2025-09-27 15:24:05 — Die Poemas slaan die bal net buite hul kwartgebied aan nadat hulle onsuksesvol op hul eie hangskop meeding. Dis 'n belowende aanvallende posisie vir die Bokke.
2025-09-27 15:25:19 — Thomas du Toit word egter in die vaste skrum gestraf en die Poemas kan die druk verlig en boonop nou in die Bokke se halfgebied aanval van 'n lynstaan.
2025-09-27 15:27:37 — Die Bokke word 'n tweede keer vir onkantspel gestraf (Boan Venter is hierdie keer die skuldige) en Carreras mik pale toe. Sy skop van bykans 45 m is oor en die Poemas loop met 6-3 voor, met 15 minute verstreke.
2025-09-27 15:30:38 — Die Bokke het hul beste aanvallende fase spel van die wedstryd sover en Sacha F-M skop uiteindelik 'n hangskop tot diep in Argentinië se kwartgebied. Ethan Hooker ding goed mee en wen die bal, maar slaan dit kort daarna aan en die besoekers kan weer asemhaal.
2025-09-27 15:32:20 — Maar wag, Gardner sê nou die TV-skeidsregter het 'n ongeoorloofde duikslag deur die Poemas raakgesien en die Bokke kry 'n strafskop vlak voor die pale. Sacha F-M sê baie dankie en dis 6-6.
2025-09-27 15:36:00 — Die Poemas val aan, maar wen nie veel veld in die proses nie. Gardner het egter hierdie keer 'n hoogvat deur die Bokke raakgesien en die Poemas kry 'n strafskop op die middellyn, reg in die middel van die veld. Carreras skop die bal in die Bok-kwartgebied uit.
2025-09-27 15:38:28 — Die Bokke gaps die Poemas se ingooi en kan druk vir 'n wyle verlig. Carreras kom egter met 'n briljante 50-22-skop vorendag en gooi die bal 10 m van die SA doellyn af in. Hulle verbrou egter 'n tweede lynstaan-ingooi en kort daarna word Marcos Kremer gestraf.
2025-09-27 15:39:35 — '''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''
2025-09-27 15:41:20 — Die Bokke begaan 'n tegniese oortreding met hul lynstaan-ingooi en die Poemas kry 'n strafskop. Carrera slaag met 'n lang skop pale toe en dis 9-6 vir die Poemas met 26 minute verstreke.
2025-09-27 15:42:21 — Die Bokke wat met die All Blacks gemors het twee weke gelede het ongelukkig nog nie in Durban opgedaag nie en die tuisspan is sover skuldig aan 'n rits ongedwonge foute.
2025-09-27 15:47:12 — Die Bokke kry die bal terug van 'n Argentynse skop veldaf en neem die bal deur etlike fases waarna Eben Etzebeth uiteindelik oor die doellyn bars. Die TV-skeidsregter het egter 'n aanslaan deur Cobus Reinach in die aanloop tot die drie bespeur. Die kykwere toon die bal is uit Reinach se hande geskop. Die drie tel nie, maar die Bokke skop nou hoekie toe, pleks van pale toe.
2025-09-27 15:49:20 — Die Bokke dryf oor die doellyn met 'n lynstaan-rolmaalbeweging en 'n drie word aan Malcolm Marx toegeken! Sacha F-M se doelskop tref die regter-regoppaal, maar minstens die Bokke darem nou met 11-9 voor.
2025-09-27 15:52:42 — Die Bokke word gestraf vir 'n oortreding by die afbreekpunt en Santiago Carreras skop weer pale toe. Hy misluk hierdie keer en die Bokke is met vyf minute se speeltyd in die eerste helfte oor nog met 2 punte voor.
2025-09-27 15:56:52 — Hier het nou 'n bisarre ding gebeur. Cheslin Kolbe druk die bal dood en skop die bal na Sacha F-M se kant toe vir 'n doellyn-inskop. Santiago Chocobares vang die bal wat in sy rigting trek en gaan druk. Die probleem is egter dat Kolbe 'n skepskoppie gegee het en Gardner beslis dit was 'n wettige inskop! Carreras sit die doelskop oor en die Poemas is met 16-11 voor!
2025-09-27 15:58:50 — Die Poemas skop die bal veldaf nadat hulle die afskop-bemeester het. Maar Sacha F-M vang die bal, sool dit, sit sy eie skop agterna, pik die bal op en duik oor die doellyn vir 'n drie! Sy doelskop is oor en in 'n ommesientjie is die Bokke weer met 18-16 voor.
2025-09-27 16:02:29 — Die Poemas is egter gou weer op die aanval en Damian Willemse moet vyf meter van sy eie doellyn af die bal oor die kantlyn neem. Die Poemas dryf van die daaropvolgende lynstaan af, maar kry nie die bal gedruk nie. Malcolm Marx word gestraf omdat hy van die kant af ingekom het om die rolmaal te stuit en die boonop grond toe gebring het. Dis 'n strafdrie vir Argentinië en 'n geelkaart vir Marx. Die Poemas is met 23-18 voor.
2025-09-27 16:05:38 — Die Bokke kry nog een kans om aan te val en neem die bal deur etlike fases. Uiteindelik word die bal na Sacha F-M uitgegee, hy systap een of twee keer en duik langs die pale oor vir 'n drie! Sy doelskop is oor en die Bokke is met die rustyd met 25-23 voor.














