'n Bejaarde kieser is by 'n stempunt in Elandspoort, Pretoria, dood, het die Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag voor middagete gesê.
Die OVK sê ook in 'n verklaring dat een van sy adjunk- voorsittende beamptes in die Oos-Kaap dood is nadat hy laasnag siek geword het.
'n Voertuig met OVK-personeellede was in die Oos-Kaap in 'n ongeluk, maar geen ernstige beserings is aangemeld nie.
Navrae oor die sterftes is aan die polisie gerig.


















