Lesego Tlhabi, wat bekendheid verwerf het as die satiriese vlogger "Coconut Kelz", het in 'n nuwe verkiesingsvideo vir 'n vrou R500 gegee sodat sy vir die DA moet stem.
"Wat sal dit vat vir jou om vir die party te stem?" vra Kelz, waarna die vrou antwoord dat sy geld en werk nodig het.
Kelz deel dan R100-note een vir een aan die vrou uit wat gesê het dat sy eintlik vir die EFF wil stem.
Sy het voordat sy geld uitgedeel het met Phumzile Van Damme van die DA gepraat sodat sy meer oor die DA kan leer omdat Kelz verskriklik passievol oor die DA is.
Kelz vra in 'n stadium vir Van Damme of sy Helen Zille, Wes-Kaapse premier, se tee aangedra het en of Mmusi Maimane, DA-leier, eintlik wit is.



















