Stemme word Vrydag nog getel en Netwerk24 bring jou die jongste nuus regstreeks. Volg die uitslae hier saam met ons namate dit bekend raak.
Tot dusver:
- Die ANC sal waarskynlik nie die 60%-kerf bereik nie en daar word verwag dat die party 57% van die stemme op hom sal verenig.
- Die EFF lyk tans sterk en glo hulle sal 10% van stemme op hom verenig.
- Die VF Plus het verras met meer as dubbel die aantal stemme as in 2014.
- Die DA vaar oor die algemeen swakker as in die vorige verkiesing. Benewens KwaZulu-Natal, lyk dit of die party nie die Noord-Kaap of Gauteng gaan wen nie.
2019-05-10 14:44:48
2019-05-10 14:43:13Oudpres. Goodluck Jonathan van Nigerië, voorsitter van die instituut vir volhoubare demokrasie, wat waarnemers na Suid-Afrika gestuur het vir die verkiesing, by die OVK se uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 14:39:45James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad en Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat in Gauteng, praat met mekaar by die OVK se uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 14:18:07Limpopo is die provinsie in die land waar die ANC die meeste stemme (77%) gekry het.2019-05-10 14:09:05
Verkiesing 'oor die algemeen regverdig'
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) is Woensdag ontplooi na meer as 1 000 stemlokale oor die land heen.
Saica is steeds besig om alle verslae vas te lê en te verwerk en deel dus slegs ‘n voorlopige gevolgtrekking.
Die omgewings buite die stemlokale was vreedsaam en die prosesse met betrekking tot die opening van die lokale is oor die algemeen goed bestuur, met slegs 'n paar klein voorvalle wat aangemeld is.
“Saica-lede het waargeneem dat ‘n aantal stemlokale ‘n tekort aan VEC4-vorms en stembriewe gehad het, maar op grond van voorlopige interpretasies van waarnemings, het die Instituut tot die gevolgtrekking gekom dat die werklike stemproses nie aansienlik hierder geraak is nie. Frustrasie onder die kiesers was die grootste probleem in dié verband,” het Willi Coates van Saica gesê.
“Telprosesse was lank en veeleisend. Heelwat van Saica se waarnemers was nog op 9 Mei om 7:00 steeds by lokale waar stembriewe getel is. Op grond van voorlopige verslae lyk dit of Saica in sy finale verslag kommer sal moet uitspreek oor die integriteit van die telproses by 'n beperkte aantal lokale. Die finale Saica-verslag sal op 17 Mei beskikbaar wees.”
“In die geheel is Saica se voorlopige gevolgtrekking egter dat die verkiesings oor die algemeen regverdig was.”
2019-05-10 13:56:20
Oudpres. Goodluck Jonathan van Nigerië, voorsitter van die instituut vir volhoubare demokrasie, wat waarnemers na Suid-Afrika gestuur het vir die verkiesing, stippel in sy voorlopige verslag uit daar was baie probleme in die aanloop tot die verkiesing. Hy wys baie van dié probleme uit en doen sekere voorstelle.
Hy sê kiesers-ink moet minstens twee dae hou. Dit sal keer dat kiesers twee keer stem. “Ons (die waarnemerspan) het geen voorvalle gesien van mense wat twee keer gestem het nie.”
2019-05-10 13:55:50
Die ANC se steunlandwyd staan op 57,24%. Die DA is in die tweede plek met 21,23%en die EFF se steun staan op 10,25%.
Tot dusver isaltesame 87,69%stemme landwyd getel.
2019-05-10 13:50:16Die DA se premierskandidaat in die Wes-Kaap, Alan Winde, word deur Ebrahim Rasool van die ANC geluk gewens met die DA se oorwinning in dié provinsie. Foto: Jaco Marais

2019-05-10 13:44:28Faiez Jacobs, ANC sekretaris in die Wes-Kaap, het Vrydag toegegee dat die ANC nie so goed in die provinsiale verkiesing gevaar het as verwag nie en die party is teleurgesteld dat soveel kiesers in die Kaapse Vlakte vir die DA 'n "tweede kans gegee het". Die ANC sal egter die DA in die provinsiale wetgewer verantwoordbaar hou en seker maak dat hy dienste lewer, sê Jacobs. Foto: Malherbe Nienaber

2019-05-10 13:32:59
KYK: Alan Winde, die DA se premierskandidaat in die Wes-Kaap, ná die voorlopige aankondiging dat die DA die Wes-Kaap behou.2019-05-10 13:24:16
Hoewel die algemene verkiesing gewys het die dekomkrasie in Suid-Afrika is nog sterk, is dit belangrik dat die land daarna streef om soos in 1994 met die eerste demokratiese verkiesing lang toue kiesers by stembusse te sien.
So het Sello Hatang, uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-stigting Vrydagmiddag op 'n mediakonferensie by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.
Hy sê die stigting is bekommerd oor die lae stempersentasie en dit is ter wille van die demokrasie nodig dat dit hoër moet wees soos in 1994.
Dié stigting was een van verskeie stigtings wat waarnemerspanne gehad het om toe te sien dat die verkiesing vry en regverdig is. Die Nelson Mandela-stigting het 41 waarnemers landwyd gehad.
Hoewel daar probleme was, en die stelsel kwesbaaar is, die probleme oorkombaar, het Hatang gesê.
Hy het die verkiesingskommissie (OVK) geluk gewens en sê die OVK het oor die algemeen “skitterende werk” gedoen.
Van die probleme wat hulle uitgesonder het was probleme met skandeerders, of die gebrek daarvan, te min stembriewe en die toegang vir gesstremdes tot die stempunte.
Die geheimhouding in die stemhokkies was ook nie na wense nie.
Die Stigting sal binne die volgende 30 dae 'n verslag aan die OVK lewer.
2019-05-10 13:18:23
Die ANC staanteen 13:15 op 49,6% steunin Gauteng. Die DA staan op 28,27% en die EFF op 14,08%.
Meer as 40% vanstemme moet nog in dié provinsie getel word.
2019-05-10 13:16:05Alan Winde, die DA se premierskandidaat in die Wes-Kaap, spreek Vrydagmiddag die media toe ná 'n aankondiging dat die DA die meeste stemme in dié provinsie verwerf het. Dit moet egter nog amptelik geproklameer word deur die OVK in Pretoria. Foto: Jaco Marais

2019-05-10 13:11:59
KYK NOU: Gauteng op 'n mespunt2019-05-10 12:57:01
KYK: Courtney Sampson van die OVK
Courtney Sampson van die OVK in die Wes-Kaap verwerp aantygings van swak beplanning wat sommige partye aanvoer na tekorte van stembriewe op plekke gelei het.
2019-05-10 12:51:23
Courtney Sampson,OVK voorsitter in die Wes-Kaap, spreek tans die media toe oor die verkiesing se finaleuitslae in die provinsie.
Een vraag is dat Sampson die syfers van top ses partye moet gee.
"Ek wou nie te veel in daardie detail ingaan nie want julle moet onthou dat die aankondiging en proklamasie van die uitslae is die mandaat van die OVK se hoofkantoor in Pretoria. Dit is waarom ek nie syfers wou noem nie."
"Tyd vir besware deur politieke partye in die provinsie sluit 17:00 vandag en dit sal regstreeks deur die OVK in Pretoria hanteer word."
2019-05-10 12:46:57
Courtney Sampson,OVK voorsitter in die Wes-Kaap, spreek tans die media toe oor die verkiesing se finaleuitslae in die provinsie.
Sampson wens nou vir Alan Winde geluk.
"Jy mag die volgende premier in die Wes-Kaap word as jou kollegas op jou besluit."
DA-lede klap nou hardop hande terwyl fotograwe verwoed foto's neem van Winde.
"Ons stemopkoms was 66%. Dit was 6% laer as in 2014. Die stembrief was ook baie groter as in 2014. Net finaal van my kant af was dit altyd 'n plesier om die mense van die Wes-Kaap te dien. Ons vra alle politieke partye om burgers daar buite met respek te behandel. Nou dat die verkiesings oor is, is ons almal Suid-Afrikaners."
Die media het nou 'n geleentheid om vrae te vra.
2019-05-10 12:43:08
Courtney Sampson,OVK voorsitter in die Wes-Kaap, spreek tans die media toe oor die verkiesing se finaleuitslae in die provinsie.
"Op stemdag was daar tot 20 000 mense wat ons met die verkiesing regdeur die provinsie gehelp het. Ek bedank ook die veiligheidstukture soos die polisie en die stad se ramp- en verkeersbestuurafdelings, sowel as die weermag en die staatsveiligheidsagentskap, sowel as LUR Anton Bredell wat altyd beskikbaar was."
"As ons hier weg gaan moet ons gaan voorberei vir tussenverkiesings."
Hy noem die partye nou op die naam soos hulle op die stembrief in die provinsie verskyn.
Daar was 34 partye op die Wes-Kaapse stembrief.
2019-05-10 12:30:46
Die Verkiesingskommissie (OVK) het Vrydag teen 10:30 die 90% merk oorgesteek met uitslae van 20 632 van die 22 924 stemlokale wat al verwerk is.
Van hierdie is 18 773 (81,89%) stemlokale se uitslae afgehandel.
Die Noord-Kaap neem die voortou waar uitslae vir al 707 stemlokale al verwerk is, gevolg deur die Wes-Kaap (98,6%), Noordwes (99,4%), Mpumalanga (99%) en die Oos-Kaap (97,59%).
Provinsies waar ‘n groot deel van die uitslae nog verwerk moet word, is Gauteng (81,99% verwerk), Limpopo (82% verwerk), Vrystaat (82,93 % verwerk) en KwaZulu-Natal (83,56% verwerk).
Van die 13 miljoen stemme wat teen 10:30 verwerk is, was 453 265 9 (3,47%) spesiale stemme en 179 511 (1,37%) bedorwe stembriewe.
2019-05-10 12:30:14
Courtney Sampson, OVK voorsitter in die Wes-Kaap, spreek tans die media toe oor die verkiesing se finale uitslae in die provinsie.
Hy sê die vaslê van alle data is afgehandel. Sommige provinsies sukkel nog soos Gauteng waar daar drie metro's is.
"Ek wil ook sê die OVK in Pretoria het die verantwoordelikheid om die uitslae Saterdag daar te verifieer. Daar is partye wat vir 'n onafhanklike oudit gevra het van sekere stemme. Die OVK nasionaal sal dit aanspreek. Dit word ondersoek en Saterdag sal hulle in staat wees om ons meer inligting daaroor te gee."
"Die tweede ding is dat hulle die WNNR gevra het om na die kwaliteit van die ink te kyk. Maar ek dink dit is goed dat hulle daardie besluit gemaak het omdat dit almal iewat gemaklik maak. Ek het na van die goed gekyk. En ek wil tyd spandeer om sommige mense te bedank vir hul rol in die verkiesings. Die groep wat ek die meeste wil bedank is my kollegas. In die nasionale, provinsiale en plaaslike kantore."
"Ek het sommige kommentare gelees oor die stembrief-proses wat weens swak beplanning gebeur het. Ek betwyfel sulke kommentaar. Dit wys duidelik dat mense nie die kwessie van verkiesingsbestuur verstaan nie."
2019-05-10 12:25:36
Mosiuoa Lekota,Cope-leier, het geen planne om af tree in die lig van die party se prestasie indie Mei nasionale en provinsiale verkiesing nie.
Die party hetDonderdag – toe 82, 7% van die stemme getel was - 37 729 stemme op hulfselfverenig. Dít teenoor die 123 235 stemme wat die party in die 2014-verkiesingontvang het wat dit drie setels in die Nasionale Vergadering besorg het.
Lekota het by dieVerkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê dieparty gaan nabetragting doen om te kyk waar dit verkeerd gegaan het.
“Natuurlik is eknie gelukkig met die situasie nie. Ek dink ernstige foute is gemaak. Ons moetonsself herorganiseer, want ek is ferm van die oortuiging dat wanneer ons dingereg doen sal ons in ‘n posisie wees om die party of te hef tot waar dit hoortwat ek dink aan die stuur van sake in die land is.Lekota isoortuig dat die beleidsposisies van die party is absoluut solied is. “Sommigevan die probleme wat ons ondervind het, was prakties van aard. Ons het nie baiegeld gehad nie en het nie geld gesteel of geld uit korrupsie ontvang nie. Onswas baie konsekwent om op die regte pad te bly.”
Hy het geenplanne om nou al die tuig neer te lê nie. “Ek het geen planne om af te treenie. Ek is nog jonk – kyk na hoofman (Mangosotho) Buthelezi en ander ouer mansen vroue sit nog steeds die stryd voort. Ek kan nie my werk los weensuitputting van die stryd nie. Die stryd om te sien dat Suid-Afrika beter wordis een wat ‘n leeftyd lank duur. As ek weens gestremdheid of iets ander getrefword, sal dit ‘n ander saak wees, maar ek dink nie my kamerade dink eersdaaraan dat ek moet aftree nie.”
Lekota hetbevestig dat as Cope daarin slaag om setels in die NV te wen, hy as partyleiersoontoe sal terugkeer.
2019-05-10 12:20:22
Davids is dan weer op die podium. Hy vra dan die eerw. Lionel Louw van die Electoral Conduct-waarnemingsmissie om ook paar woorde uit te spreek.
Louw sê hulle het verskeie stembusse besoek.
"Ons het op 'n paar kwessies afgekom wat deur kiesers en voorsittende beamptes geopper is. Dit was klein kwessies wat onmiddellik opgelos is. Ons beïndruk met die OVK-personeel se opleiding. Ons het afgekom op 'n personeellid wat deur kiesers aangeval is omdat hy in die ry moet wag. Die personeellid het gesê sy het net kalm gebly en die polisie gebel. As sy anders sou opgetree het, kon dit tot 'n erger situasie gelei het."
"Daar was verskillende lengtes toue by stemlokale. Daarom loof ons ook kinders wat geduldig in die rye gewag het om te stem. Daar was entoesiasme onder kiesers. Ons was ook beïndruk met die verskil in infrastruktuur wat gebruik is. In een gemeenskap was daar skole beskikbaar. In 'n ander gemeenskap was dit duidelik wat die gebrekke daar was en wat die OVK daar as stemlokaal moes gebruik. Hierdie kontras is wat ons almal gedurig in ons samelewing aan herinner word."
"Ons verstaan ook die situasie waar mense by ander stemlokale moes gaan stem omdat hulle nie by die een kon stem waar hulle geregistreer het nie. Ons verstaan waarom dit gebeur het."
* Louw praat by 'n mediakonferensie in die Wes-Kaap oor die verkiesingsuitslae
2019-05-10 12:12:37
Galant: "Net om terug te kom na kwessie van vertroue. Verkiesings gaan oor vertroue in ons leierskap en die mense wat ons kies. As kieser moet ek ook kan vertrou dat daar na my ook geluister moet word. Kiesers moet egter aktief bly in die lewe van die land en die munisipaliteite."
2019-05-10 12:11:04
Galant: "Wat ons wil sê aan almal wat gestem het, is dat die proses in die algemeen goed verloop het. Wat ons waargeneem het, was die kwessie van mense wat dubbel gestem het, ons kan nie veel daaroor sê nie omdat ons dit nie self waargeneem het nie. Maar dit is iets wat in die volgende 18 maande aandag moet kry voor die plaaslike verkiesings.
Dit was ook 'n massiewe taak vir die OVK wat sy enorme personeelgetalle te moes bestuur. Maar ons het opgetel waar meer opleiding nodig is vir van die personeellede."
2019-05-10 12:06:14
Trevor Davids, woordvoerder vir die OVK in die Wes-Kaap begin nou die mediakonferensie oor die finale uitslae in die provinsie.
Hy se die deklarasie van die uitslae sal deur die OVK in Pretoria gedoen word en dat hulle nie sal nie. "Ons maak net 'n aankondig oor die stand van die uitslae soos dit in die stelsel vasgevat is."
Die beswaar wat ander politieke partye aangegteken het teen die uitslae, raak ook nie die Wes-Kaap nie.
Hy nooi ook nou waarnemingsorganisasies en student-joernaliste wat die OVK gehelp het, om eers paar woorde te spreek voordat eerw. Courtney Sampson, OVK-voorsitter in die provinsie, sy aankondiging sal maak.
Galieb Galant van die More than Peace-organisasie spreek nou die konferensie toe. Hulle was waarnemers. Hy sê hulle het 130 stemlokale regoor die provinsie besoek.
Hul bevindinge is dat die verkiesings baie goed afgeloop het. Hy sê Suid-Afrikaners was goeie aktivistiese burgers wat deelgeneem het. Hy sê verkiesings gaan oor vertroue. "Vertroue wat ons in ons leiers plaas deur vir hulle te stem."
2019-05-10 12:01:03
“Ons ding nou mee. In Gauteng en die Wes-Kaap. Ons was die enigste party met ‘n boodskap,” sê Maimane.
Hy ontken nie vorige jaar was moeilik nie.
Maimane sê hy is bekommerd oor probleme met die stemmery.
"Van die probleme is vroeër al aan die OVK uitgewys."
2019-05-10 11:55:43
"Dit is oor hierdie wedloop in Suid-Afrika. Aan die een kant is nasionalisme, en aan die anderkant het jy 'n party vir alle Suid-Afrikaners," sê Maimane.
Maimane sê hulle het nie nou al hul groot deurbraak gemaak nie, maar dit sal met die verkiesings in 2021 (plaaslik) en 2023 (nasionaal) gebeur.
"Hierdie is nie ‘n leierskapskompetisie nie."
2019-05-10 11:53:21
Maimane sê niemand kan waarborg dat die ANC sy meerderheid in Gauteng gaan behou nie.
"Ek is trots op wat die DA gedoen het. Ons as 'n party sal teruggaan en harder werk om daai stemme (wat die party verloor het) terug te wen, en ek sal daardie projek lei. Ons gaan hard werk om te groei... hierdie is 'n party vir alle Suid-Afrikaners. Verandering is nie altyd maklik nie. Ons gaan nou fokus op die munisipale verkiesing in 2021."
2019-05-10 11:50:45
Maimane sê die DA wou mense byeenbring in ‘n verdeelde wêreld.
"Suid-Afrika sal eendag ‘n post-bevrydibgsbeweging era bereik. Die DA sal hard werk om die stemme wat hy verloor het, terug te wen. Ons kan ook in Soweto groei soos in Sandton," sê hy.
Maimane sê die DA is die enigste party wat die 'middel' bymekaar hou.
2019-05-10 11:47:36
KYK: DA hou 'n perskonferensie by OVK-sentrum
2019-05-10 11:46:56Mmusi Maimane, leier van die DA, is in die uitslagsentrum en gaan nou die media toespreek. Tientalle joernalists en TV-kameras pak hom toe.2019-05-10 11:46:34
Die plaaslike verkiesingsmoniteringsnetwerk sê die integriteit van die verkiesing word verseker omdat stemme by verkiesingslokale getel word onder die toesig van politieke partye wat die geloofwaardigheid van die uitslag onderteken. Nkosikhulule Nyembezi, voorsitter sê ondanks klein probleme het die OVK sy taak goed uitgevoer.2019-05-10 11:36:17Alan Winde, Ivan Meyer en Anton Bredell van die DA in die Wes-Kaap het by die uitslagsentrum opgedaag en bespreek die uitslae kort voor die OVK se nuusvergadering om 12:00. Foto: Malherbe Nienaber

2019-05-10 11:31:54
Peter Marais, premierskandidaat van die VF Plus, praat Vrydagoggend met die media in die Wes-Kaap se uitslagsentrum. Hy sê sy party kom vir die DA en het hulle uitgedaag om grond aan bruin mense te gee as hulle wel oor minderhede omgee. "Die DA het gewen, maar Afrikaans het verloor."2019-05-10 11:22:52
'n Senior bron in die regering het pas aan Netwerk24 gesê die ANC “is op hete kole” oor die provinsiale verkiesing in Gauteng.
Die bron sê die ANC is baie bekommerd dat as hy Gauteng verloor, “verloor hy die ekononomiese hartland van die land”.
Hy het reeds die Wes-Kaap verloor en kan nie bekostig om die mag in twee sulke sleutelprovinsies af te staan nie.
“Die uitslag is nog op 'n mespunt. Die uitslae in die metrogebiede begin nou sterk deurkom en enige iets kan gebeur.”
'n Paar minute gelede het die ANC se steun tot 49,61% gedaal, terwyl die DA op 28,38% staan en die EFF op 13,93%.
2019-05-10 11:17:57Peter Marais en Erika Botha-Rossouw van die VF Plus Vrydagoggend in die Wes-Kaap se uitslagsentrum in Century City, Kaapstad. Foto: Malherbe Nienaber

2019-05-10 11:15:01
KYK: Joernalis vertel van die verkiesing van 1994
Die joernalis Linda van Tilburg, wat met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 ‘n anker-aanbieder van die SAUK se TV-verkiesingsuitsending was, vertel hoe daardie geskiedkundige verkiesing met vandeesweek s’n vergelyk. Van Tilburg woon deesdae in Londen, maar hou haar vinger op die pols van wat in die Suid-Afrikaanse politiek gebeur.
2019-05-10 11:13:23
Die OVK se Wes-Kaapse uitslagsentrum in Century City in Kaapstad is tans 'n nes van bedrywighede soos die verskillende partye se verteenwoordigers wag op die finale verkiesingsuitslae in die provinsie.
Eerw. Courtney Sampson, OVK-voorsitter in die Wes-Kaap, het vroeër aangekondig dat hy die finale uitslae omstreeks 12:00 bekend sal maak.
Bekende politici wat tans by die uitslagsentrum op die uitslae wag is Ebrahim Rasool, ANC-verkiesingshoof in die provinsie, sowel as die ANC LP, Leonard Ramatlakane.
Peter Marais, die VF Plus se provinsiale premierskandidaat, is ook teenwoordig en het reeds 'n groep joernaliste toegespreek oor onder meer sy verwagtinge vir die DA wat na verwagting die verkiesing in die provinsie sal wen.
2019-05-10 10:53:28
In Limpopo verloop die tel van stemme stadiger as in ander provinsies.
Vrydagoggend was 65% van stemme in die provinsie al getel. Slegs 58% van geregistreerde kiesers in Limpopo het Woensdag die moeite gedoen om te gaan stem.
Die ANC loop tans loshande voor met 76,84%, gevolg deur die EFF met 12, 92% en die DA met 5,55%. Die DA het in 2014 se nasionale verkiesing in Limpopo 6,60% van die stemme gekry.
2019-05-10 10:52:56
Die ANC senasionale steun het teen 10:50 op presies 57% gestaan. Die DA staan teen diétyd op 21,8% en die EFF op 10,1%.
Die ANC se steunin Gauteng het teen dié tyd onder 50% geval na 49,61%. Die DA is in die tweedeplek in dié provinsie met 28,36% en die EFF staan op 13,96%.
2019-05-10 10:45:53Al Noordwes se stemdistrikte was kort voor 11:00 Vrydagoggend getel. Die ANC se finale steun in Noordwes vir die 2019-verkiesing, is 63,6% - dis 5% laer as in 2014. Die EFF geniet as amptelike opposisieparty nou 17% steun, byna 5% meer as in 2014. Die DA se steun is op 11,3% sowat 1% laer as in 2014, terwyl die VF Plus massief gegroei het vanaf 1,6 %-steun in 2014 tot 4% in hierdie verkiesing.2019-05-10 10:38:21
Die uitstaandestemdistrikte landwyd behoort nie ‘n beduidende verskil te maak ten opsigte vandie finale steun wat die ANC, DA en EFF in die verkiesings sal kry nie, berigLlewellyn Prince.
Theo Venter,Netwerk24 se verkiesingsontleder by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria,het Vrydagoggend só gesê nadat 78,42% stemdistrikte teen omstreeks 10:00 algetel is.
Die ANC het opdaardie stadium 56,93% van die nasionale steun geniet, gevolg deur die DA met21,97% en die EFF met 10,09%.
Venter het gesêhoewel dit groot stemdistrikte soos die in die metro’s van Johannesburg enPretoria in Gauteng, Durban in KwaZulu-Natal en selfs enkeles in Kaapstad is watnog uitstaande is, behoort dit ‘n beduidende verskil te maak, maar dat daardieverskille reeds in die huidige vooruitskattingsmodel bereken is en daarom nie‘n groot verskil op die einde sal maak nie.
2019-05-10 10:35:05
Om 10:30 isaltesame 80% van stemme oor die land heen getel.
Tot dusver is 12842 350 geldige stemme getel uit die 26,7 miljoen Suid-Afrikanerswat geregistreer het om te stem.
2019-05-10 10:24:02
Teen 10:20 hetAndile Mngxitama se Black First Land First (BLF)altesaam 12 369stemme gekry. Dit is 0,1% van die stemme oor die land heen.
Hlaudi Motsoeneng,voormalige bestuurshoof van die SAUK, se ACM het teendié tyd 3008 stemme gekry, wat sowat 0,02% van alle stemme is.
Die party met die minste stemme is die NationalPeople’s Ambassadors (NPA) met 1379 stemme, sowat 0,01% van landwye stemme.
2019-05-10 10:19:04
Teen 10:15 is soveelstemme in die onderskeie provinsies getel:
Oos-Kaap: 93,68%
Vrystaat: 69,46%
Gauteng: 58,93%
KwaZulu-Natal: 69,13%
Limpopo: 64,27%
Mpumalanga: 89,22%
Noordwes: 98,04%
Wes-Kaap: 96,9%
Noord-Kaap: 97,6%
2019-05-10 09:48:21
Teen 09:45 isaltesame 78,11%van stemme getel.
Sowat 12,48miljoen stemme is reeds getel en sowat 174 000 stembriewe is bedorwe.
Sowat 26,75miljoen mense was geregistreer om aan vanjaar se verkiesing deel te neem.
2019-05-10 09:32:22
Die ANC is op die oog af nog op koers om 'n volstrekte meerderheid in die provinsiale verkiesing in Gauteng te behaal.
Met byna 57% van die stemme wat al teen 9:30 in Gauteng getel is, loop die ANC voor met 50,43% van die stemme.
Die DA is in die tweede plek met 27,49%, gevolg deur die EFF met 14,15% en die VF Plus met 3,81%.
In hierdie stadium lyk dit of die stempersentasie 68,54% sal wees. Die nasionale stempersentasie is 65,47%.
2019-05-10 09:26:49
2019-05-10 09:25:13
2019-05-10 09:23:54
Só lyk die EFFse stemme oor die land heen:
Oos-Kaap: 7,77%
Vrystaat: 11,65%
Gauteng: 14,15%
KwaZulu-Natal: 8,83%
Limpopo: 14,35%
Mpumalanga: 12,97%
Noordwes: 18,59%
Wes-Kaap: 4,04%
Noord-Kaap: 9,57%
2019-05-10 09:20:46
Hier is ‘noorsig van die DA se steun tans:
Oos-Kaap: 15,89%
Vrystaat: 17,17%
Gauteng: 27,49%
KwaZulu-Natal: 15,19%
Limpopo: 5,60%
Mpumalanga: 9,96%
Noordwes: 10,77%
Wes-Kaap: 55,05%
Noord-Kaap: 25,89%
2019-05-10 09:17:15
Só lyk die ANC sesteun tans in die onderskeie provinsies:
Oos-Kaap: 68,59%
Vrystaat: 62,44%
Gauteng: 50,43%
KwaZulu-Natal: 53,00%
Limpopo: 75,28%
Mpumalanga: 69,97%
Noordwes: 62,46%
Wes-Kaap: 28,99%
Noord-Kaap: 57,25%
2019-05-10 08:58:09
IVP eis vinnige optrede na moord buite stempunt
Die IVP het die moord op ’n lid van die party op verkiesingsdag buite die stemlokaal by die Vikindlala School in wyk 1 in Greytown in KwaZulu-Natal ten sterkste veroordeel.
Volgens die party is die presiese omstandighede van die moord op Mthokozisi Ntuli nog nie bekend nie.
“Daar is nie plek in ons samelewing vir politieke onverdraagsaamheid nie,” lui die verklaring wat deur Narend Singh, voorsitter van die party se nasionale veldtogkomitee, uitgereik is.
“Ons vertrou dat die polisie alles in sy vermoë sal doen tydens die ondersoek, aangesien dit van kritieke belang is dat daar vasgestel word presies wat agter die moord skuil, veral tydens ’n verkiesing.”
Hy het ’n beroep op die ANC gedoen om sy samewerking in hierdie verband te gee.
“Ons hoop politieke moorde in die provinsie word opgelos met die nodige dringendheid.”
2019-05-10 08:54:35
2019-05-10 08:50:19Die ANC het tanssteeds die meeste steun van 57,22%, gevolg deur die DA met 21,82%en die EFF met 10,09%. 2019-05-10 08:48:09
Teen 08:45 was altesame76,54% van stemme oor die land heen getel.
Tot dusver is 12,1miljoen geldige stemme getel uit die sowat 26 miljoen mense wat geregistreerhet.
Altesame 17 547 vandie 22 925 stemdistrikte se telproses is afgehandel.
2019-05-10 08:26:30Solly Malatsi, DA-woordvoerder sê die lae kiesersopkoms en veral die ontbrekende jeugstem is 'n geleentheid vir die party om in toekomstige verkiesings te ontgin. Hy het in 'n regstreekse uitsending van Netwerk24 toegegee dat die VF+ van die DA se ondersteuners weggerokkel het. "Ons het egter nog 'n geleentheid vir groei onder minderheidsgroepe," sê Malatsi.2019-05-10 08:26:03
Roland Henwood, politieke ontleder van die Universiteit Pretoria, sê tydens 'n regstreekse uitsending van Netwerk24 hierdie verkiesing wys radikale linkse politiek gaan nie aanvaar word nie.
Dít sit die EFF in 'n moeilike posisie.
"Waarheen groei die EFF dan? Sou die EFF 'n bietjie regs groei, sluk die ANC hom in."
Hy sê die EFF het moeilike keuses om te maak op die pad vorentoe.
2019-05-10 08:15:14
Malatsi het in 'n regstreekse uitsending met Netwerk24 gesê die party het 'n "moeilike jaar" agter die rug, maar het sy blik op "die langtermyn".
"Een van die lesse wat die DA gaan toepas is om te kyk hoe ons, ons beter kan differensieër van ander partye in die toekoms," sê Malatsi.
2019-05-10 08:05:36
Solly Malatsi, woordvoerder van die DA, sê die party is tevrede met die uitslae tot dusver.
"Waar ons tans is, is 'n aanduiding van waar ons is ná 'n paar moeilike hoofstukke verlede jaar."
Hy sê dit is egter nooit 'n goeie ding om stemme te verloor nie omdat die party wel wil groei.
Hy sê daar is dele van hul kieserskorps wat na die VF Plus oorgeskuif het.
"Ons moet kyk om ons verhoudinge met wit, bruin en Indiërmense te behou as ons wil groei."
2019-05-10 08:01:06
KYK NOU: Waarheen met opposisiepolitiek na verkiesing 2019?
Met meer as driekwart van die stemme reeds getel is die uitslag van die nasionale verkiesing redelik bepaal. Die twee grootste opposisie partye, die DA en die EFF het swakker gevaar as verwag.
Wat hou die toekoms vir hulle in?
Gert van der Westhuizen, Stemme-redakteur praat hieroor met Roland Henwood, politieke ontleder van die Universiteit Pretoria. Solly Malatsi, die DA se nasionale woordvoerder en Bonolo Selebano politieke joernalis sluit ook tydens die uitsending by die gesprek aan.
2019-05-10 07:54:10Teen 8:00 Donderdagoggend is 94,6% van die stemdistrikte in Noordwes reeds getel. Die ANC is steeds die voorloper met 64,1% steun. Die EFF is nog die voorloper onder die opposisiepartye met 17% steun, terwyl die DA die derde sterkte party in die provinsie is met 10,9% steun. Die VF Plus geniet 3,9% steun. Byna 60% van die sowat 1,7 miljoen geregistreerde kiesers in dié provinsie het gestem. Daar was tot dusver 17 007 bedorwe stemme.2019-05-10 07:53:27
Gauteng is die provinsie waar die meestestemme nog getel moet word. Teen 07:50 is 55,86% van die stemme getel.
Die Noord-Kaap sestemme is byna klaar getel met 97,45% van stemme in dié provinsie watgetel is.
2019-05-10 07:31:36
Ramaphosa besoek uitslagsentrum in Pretoria:
Pres. Cyril Ramaphosa sal Vrydag om 10:00 die OVK se uitslagsentrum in Pretoria besoek.
Luidens 'n verklaring deur die presidensie sal Ramaphosa in die sentrum rondloop om te sien hoe die finale oomblikke van die uitslagproses verloop.
Foto: Deaan Vivier / Argief

2019-05-10 07:23:55
Noordwes:
Hoewel hier ook groot verdeeldheid onder ondersteuners van die omstrede oudpremier Supra Muhamepelo en Ramphosa heers, was die ANC ná 94,17% stemdistrikte getel is, voor met 62,51% steun.
Dit was gevolg deur die EFF met 18,53% steun. Die DA was derde met 10,75% steun en die VF Plus met 4,25%.
2019-05-10 07:23:16
Mpumalanga:
Teen 06:00 was 87,7% van die stemdistrikte in hierdie hartland van adjunkpres. David Mabuza al getel.
Die ANC is reeds voor met 69,85% van die steun.
Dit was gevolg deur die EFF met 13,02% steun, die DA met 9,99% en die VF Plus met 2,53%.
2019-05-10 07:22:36
Limpopo:
Hoewel dit die tuisprovinsie van Julius Malema, EFF-leier is, en daar kort voor die verkiesing sprake was dat inwoners in veral die Vuwani-streek die verkiesing wou boikot, was die ANC, met 59,84% stemdistrikte wat al getel is, ver voor met 75,44% van die steun.
Dit was gevolg deur die EFF met 14,29%, die DA met 5,49% en die VF Plus met 1,55%.
2019-05-10 07:22:02
Vrystaat:
Sowat 65,53% van die stemme is al in hierdie tuisprovinsie van die omstrede Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, getel.
Die ANC was met 62,56% loshande voor, gevolg deur die DA met 17,10%, die EFF met 11,61% en die VF Plus met 3,99%.
2019-05-10 07:21:30
Noord-Kaap:
Dié provinsie was saam met Gauteng die twee provinsies wat die DA ook na gestreef het om by die ANC af te rokkel.
Sowat 97,45% stemdistrikte was teen 06:00 al hier getel.
Die ANC is tans voor met 57,25%.
Die DA is in die tweede plek met 25,89% en die EFF met 9,57%.
2019-05-10 07:20:38
Oos-Kaap:
Die Oos-Kaap is een van pres. Cyril Ramaphosa se grootste steunblokke in die ANC en met 91,45% van stemdistrikte wat reeds in hierdie provinsie getel was, was die ANC voor met 68,45%.
Die DA was tweede met 16,03% van die steun, gevolg deur die EFF met 7,78%.
2019-05-10 07:17:11
KwaZulu-Natal:
Die erge verdeeldheid in die ANC in die provinsie raak al hoe duideliker met die party, wat ná 62,31% van stemdistrikte wat reeds getel is, nog net 52,98% stemme op hom daar kon verenig.
Die IVP het tot dusver ‘n sterk vertoning in die provinsie gelewer met 17,04% steun.
Dit was gevolg deur die DA met 15,31% en die EFF met 8,82%.
2019-05-10 07:14:27
Gauteng:
Word in vanjaar se verkiesing as die mees bestrede provinsie beskou. Teen 06:00 was nog net 55,79% van stemdistrikte in Gauteng getel. Die ANC was toe voor met 50,62% van die stemme, gevolg deur die DA met 27,28%, die EFF met 14,17% en die VF Plus met 3,82%.
2019-05-10 07:13:53
Wes-Kaap:
Met sowat 94,36% stemdistrikte wat al getel is in die voorheen DA-beheerde provinsie, was die DA voor met 54,76% steun. Dit was gevolg deur die ANC met 29.18%, die EFF met 4,03%, Patricia de Lille se Good met 3.04%, die ACDP met 2,65% en die VF Plus met 1,64%.
2019-05-10 07:11:32Vir baie was dit 'n lang nag by die OVK se uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Adrian de Kock

2019-05-10 07:08:26
2019-05-10 07:04:55
Die Kaapse Party,wat slegs verkiesbaar is in die Wes-Kaap, het tot dusver 8 270 stemme op hom verenig.
Jack Miller, leier van dié party,het vroeër vanjaar aan Netwerk24 gesê die enigsteoplossing is om die Wes-Kaap as ’n onafhanklike staat te verklaar wat privateeiendomsreg, ’n vryemarkekonomie en ’n gedesentraliseerde politieke stelsel salhê wat die mag van die politici wegneem en dit aan die mense teruggee.
Daarom het dié party slegs op provinsiale vlakdeelgeneem.
2019-05-10 06:47:10
Die ACM, onder leiding van Hlaudi Motsoeneng, voormaligebestuurshoof van die SAUK, het tot dusver 2 750 stemme verwerf. Dit is sowat 0,02 % van stemme landwyd.
Dít terwyl die BlackFirst Land First (BLF), onder leiding van Andile Mngxitama,teen 06:45 altesame 11 187 ofsowat 0,09% van stemme gekry het.
Die party wat totdusver die minste stemme verwerf het is die National People’s Ambassadors (NPA)met 1 232 stemme. Dit is 0,01%van stemme oor die land heen.
2019-05-10 06:37:01
ANC nog onder 60%
Teen 06:35 het die ANC57,22% van stemmelandwyd gehad. Die DA is in die tweede plek met 21,81% en die EFFstaan op 10,08%.
2019-05-10 06:25:29
Altesame 75% van stemme is teen 06:20 Vrydagoggend getel.
Dit is sowat 11,89 miljoen stemme uit die sowat 26,7 miljoen mense wat geregistreer het.
Meer as 166 000 stemme is bedorwe.
2019-05-10 06:11:57
Wat jy deurnag gemis het:
- Die ANC sal waarskynlik nie die 60%-kerf bereik nie en daar word verwag dat die party 57% van die stemme op hom sal verenig.
- Die EFF lyk tans sterk en glo hulle sal 10% van stemme op hom verenig.
- Dit sal dan die proses van grondonteiening sonder vergoeding verwesenlik as dié twee partye 67% behaal en saamwerk, iets wat Floyd Shivambu, EFF-onderleier, reeds laat gisteraand aan Netwerk24 bevestig het.
- Die VF Plus het verras met meer as dubbel die aantal stemme as in 2014.
- Patricia de Lille se GOOD-party doen goed vir 'n nuwe party, maar het nog net 0,5% van die stemme getrek.
- Cope se steun het ook tot dusver afgeneem. Dié party het tans 0,29% stemme.
- Die IVP lyk of dit die titel van amptelike opposisie by die DA in KwaZulu-Natal gaan afrokkel.
- Die DA vaar oor die algemeen swakker as in die vorige verkiesing. Benewens KwaZulu-Natal, lyk dit of die party nie die Noord-Kaap of Gauteng gaan verower waarop hulle gehoop het nie. Dit blyk ook die VF Plus het van hul kiesers afgerokkel.
2019-05-10 06:09:51
Die ANC vaar teen 06:00 met 31,8% van die steun die swakste in die Wes-Kaap sedert 1994.
So lyk die ANC se uitslae in vorige algemene verkiesings sedert 1994:
*1994 - 33,6%
*1999 - 42,62%
*2004 - 46,28%
*2009 - 32,86%
*2014 - 34,00%










