Die groot wag vir die uitslae het begin. Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier namate die verkiesingsuitslae bekend gemaak word. Ons gaan dekking deur die nag verskaf asook oor die volgende paar dae.
Tot dusver:
- Kommer is uitgespreek oor die geldigheid van die verkiesing nadat minstens twee gevalle genoem is waar kiesers twee keer gestem het.
- Die OVK sê die integriteit van die uitslag is nie in die gedrang nie.
- Die DA het 'n regspan op 'n gereedheidsgrondslag geplaas hangende gesprekke tussen ringkoppe in die party oor die regverdigheid van die verkiesing.
- Vyf stemlokale kon weens onrus nie geopen word nie. Die sluit in drie lokale in die Inkosi Langalibalele-munisipaliteit in KwaZulu-Natal, die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap en die Ntabankulu-munisipaliteit, ook in dié provinsie.
2019-05-09 05:45:47
Byna 15% stemme getel
Hoewel die ANC teen 05:30 in agt van Suid-Afrika se nege provinsies die meerderheid stemme op hom verenig het, het hy tot dusver slegs 52,6% (653 046 stemme) van die nasionale steun gekry.
In die algemene verkiesing kry kiesers twee onderskeie stembriewe – een nasionaal en een provinsiaal – waarvan die uitslae apart getel word.
Uit die geldige stemme wat teen 05:30 bekend gemaak is, was die DA nasionaal in die tweede plek met 344 096 (28,6%) van die stemme, gevolg deur die EFF met 99 084 (7,5%) van die stemme en die VF Plus met 51 032 (9%).
Miljoene stemme moet egter nog getel word.
Die ANC het teen 05:30 voorgeloop met ’n meerderheid in die Noord-Kaap (54,1%), Gauteng (56%), KwaZulu-Natal (55,3%), die Vrystaat (59,7%), Noordwes (60,8%), Mpumalanga (64%) en Limpopo (65,8%).
In die Wes-Kaap het die DA met 57,2% van die stemme voorgeloop.
2019-05-09 05:05:38
In twee sleutelmunisipaliteite in Gauteng waar ’n DA-beheerde koalisie regeer – Johannesburg en Tshwane – was die voorlopige verkiesingsuitslae Donderdag net voor 05:00 sleg vir die DA.
Daar moet egter nog honderdduisende stemme getel word om ’n regverdige aanduiding te gee oor hoe die stemmery in die twee munisipaliteite verloop het.
Teen 04:45 het die ANC 7 898 (70%) van die stemme in Tshwane op hom verenig en 10 584 (58%) in Johannesburg.
In die 2016- munsipale verkiesing waar die DA besonders goed gevaar het, het die ANC se steun in Johannesburg tot 44% gedaal en in Tshwane tot 41%.
Die DA het in die algemene verkiesing in Johannesburg 3 967 (22%) van die stemme gekry en in Tshwane 1 203 (11%) waar hy nou na die EFF in die derde plek is.
Die EFF het in Tshwane 1 438 (13%) van die stemme gekry.
In Gauteng self het die ANC teen 05:00 met 58 649 (54%) stemme voorgeloop.
Die regerende party is gevolg deur die DA met 25 267 (23%) van die stemme, die EFF met 13 969 (13%) en die VF Plus met 5 808 (5%) van die stemme.
2019-05-09 04:51:25
2019-05-09 04:46:46
Wes-Kaap
In die Wes-Kaap is 20% (331) van die kiesdistrikte se uitslae al teen 04:30 uitgereik.
Dit sluit in die uitslae van 248 380 geldige stemme, terwyl die stemopkoms op 63,9% bereken word.
Die DA loop nog voor met 148 371 stemme (59,7%) en die ANC is tweede met 58 459 stemme (23,5%).
Good is derde met 9 346 stemme (3,7%), die ACDP is vierde met 7 516 stemme (3,03%), die EFF is vyfde met 6 737 stemme (2,7%) en die VF Plus is sesde met 4 638 stemme (1,87%).
2019-05-09 04:36:21
In Mamusa, die munisipaliteit waarin Schweizer-Reneke is, loop die ANC voor en teen 04:20 het hy 481 (51%) van die stemme op hom verenig.
Die VF Plus, in die tweede plek met 232 (25%) van die stemme, vaar tot dusver baie goed siende dat hy in die vorige verkiesing nie noemenswaardig daar presteer het nie.
Die EFF het 99 (11%) van die stemme gekry en die DA 96 (10%).
Die DA en die ANC was van die partye wat in 2018 ’n voorval by die Hoërskool Schweizer-Reneke ten sterkste veroordeel het nadat ’n rasseherrie daar uitgebreek het.
Elana Barkhuizen, ’n onderwyseres by dié skool, is toe onregmatig geskors nadat ’n foto van ’n gr. R-klas op sosiale media verskyn het, wat wys hoe swart en wit leerlinge apart sit.
Dit was nie haar klas nie.
Barkhuizen het uit vrees vir haar veiligheid en dié van haar familie tydelik die dorp verlaat.
Die arbeidshof in Johannesburg het later beslis haar skorsing was onregmatig en sy is terug skool toe.
Die DA het veral op sosiale media deurgeloop nadat sy jeugleier, Luyolo Mphithi, asook die LUR vir onderwys in Noordwes, Sello Lehari, Barkhuizen voortydig geïdentifiseer het.
2019-05-09 04:23:04Stilte voor die storm? Baie van die politieke partye se tafels by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria is dié tyd van die oggend leeg. Foto: Sarel van der Walt

2019-05-09 04:22:12
2019-05-09 04:21:21
Buiteperde
In hierdie stadium is die VF Plus met 4,15% van die steun, die ACDP met 1,31% en die Good-party van Patricia de Lille (1%) die enigste partye in die nasionale verkiesing met meer as 1% steun.
In totaal is net meer as 740 000 stemme getel. Die stempersentasie nadat 9,37% van die stemme getel is, is 63,86%.
2019-05-09 04:09:19
2019-05-09 04:07:44
Nasionaal
Donderdag om 04:00 was nog net 8,87% van die stemme in Woensdag se nasionale verkiesing getel.
Die ANC het 51,89% van die stemme, teenoor die DA se 29,44% en die EFF 6,94%. Die ANC het reeds meer as 350 000 stemme op hom verenig.
2019-05-09 04:06:35
Wes-Kaap
Die DA het het net voor 04:00 al meer as 100 000 stemme in die Wes-Kaap oortref.
Die party loop voor met 104 713 stemme (61%). Tans is die uitslae van 254 kiesdistrikte (16%) al bekend en word die stemopkoms op 62,9% bepaal.
In 2014 het die Wes-Kaap 'n stemopkoms van 72,7% behaal.
Die ANC is tweede met 37 882 stemme, oftewel 22%.
Good is derde met 6 656 stemme (3,8%).
Die Kaapse Party het ook tans meer stemme as Cope, met 664 stemme (0,39%) teenoor Cope se 614 stemme (0,36%).
2019-05-09 03:54:25
2019-05-09 03:52:55
2019-05-09 03:51:10
Oos-Kaap
Die ANC het teen 03:45 loshande in die Oos-Kaap voorgeloop. Van die 126 899 geldige stemme wat bekend gemaak is, het die ANC 90 634 (71%), die DA 20 497 (16%), die EFF 7 564 (6%) en die UDM 2 295 (2%) gekry. In die vorige algemene verkiesing het die ANC meer as tweederdes van die steun in die provinsie gekry.
2019-05-09 03:42:01
Mangaung
In Mangaung, die munisipaliteit waaronder Bloemfontein val, het die ANC teen 03:30 voorgeloop met 4 347 (61%) van die stemme. Die regerende party is gevolg deur die DA met 1 428 (20%) van die stemme en die EFF met 841 (12%). Die DA het ’n groot deel van sy veldtog op dié gebied toegespits en hoop om sy steun hier te laat groei. Die DA het in die vorige algemene verkiesing 21% van die stemme op hom verenig.
2019-05-09 03:25:24
Wes-Kaap
Elkeen van die topses partye in die Wes-Kaap het teen 03:15 beter gevaar as in 2014, behalwe die ANC.
Met 12,9% van die kiesdistrikte se uitslae wat al uitgereik is, het die DA gelei met 77 918 stemme, oftewel 60,2%. In 2014 het die party 59,3% behaal.
Die ANC het 29 775 stemme (23%) gehad teenoor 32,8% in 2014.
In sy eerste verkiesing is Good derde met 5 043 stemme (3,9%).
Die ACDP is vierde met 3 934 stemme (3,04%), teenoor 1,02% in 2014.
Die EFF het gedaal tot die vyfde plek met 3 764 stemme (2,9%), teenoor 2,1% in 2014.
Die VF Plus is sesde met 2 654 stemme oftewel 2,05%, teenoor 0,5% in 2014.
2019-05-09 03:17:10
Gauteng
Nadat die DA vroeër die oggend in Gauteng voorgeloop het, het die ANC teen 03:00 die meerderheid van die 19 796 geldige stemme wat bekend gemaak is op hom verenig.
Die ANC het 8 506 (43%), die DA 5 592 (28%), die EFF 2 641 (13%) en die VF Plus 1 742 (9%) van die stemme gekry.
In die vorige algemene verkiesing kon die VF Plus net 1,2% van die stemme in Gauteng kry.
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het vroeër gesê Gauteng en die Wes-Kaap is die provinsies waar hy vanjaar die meeste groei verwag. Die party wil vanjaar meer as ’n miljoen stemme oor die land heen op hom verenig.
2019-05-09 03:13:33
Hoe werk die proses nou?
Kiesbeamptes het begin tel die oomblik wat die laaste kruisie by stemlokale getrek is. Elke brief moet nagegaan word om seker te maak dit het 'n stempel om vervalste briewe uit te skakel.
Die stemme word by die betrokke stemlokale self getel. Die bedorwe stemme word eenkant gesit en daarna word die geldige stemme uitgesorteer volgens elke party.
Die uitslae word dan in 'n dokument neergepen en 'n afskrif word aan die OVK se munisipale kantoor verskaf. Dit word dan elektronies aangeteken.
En dan begin die proses van voor af! Eers as die eerste vaslegging se syfers met die tweede vaslegging klop, aanvaar die stelsel die resultate.
Hierna word die syfers geoudit alvorens die finale uitslag bevestig word.
2019-05-09 03:02:22
Nasionaal
Donderdag teen 03:00 was nog net 5,27% van die stemme in die nasionale verkiesing getel. Tans het die ANC 49,47% van die stemme op hom verenig, teenoor die DA se 31,86% en die EFF se 6,33%. Die ANC het 156 421 stemme gehad, die DA 100 733 en die EFF 20 023.
2019-05-09 02:56:42
Limpopo
Teen 02:40 was daar 4 153 geldige stemme in Limpopo getel, waarvan die ANC 2 048 (49%), die DA 944 (23%), die VF Plus 695 (17%) en die EFF 351 (8%) van die stemme gekry het.
Limpopo is een van die provinsies waar die DA hoop om ’n groot hoeveelheid steun by te kry.
2019-05-09 02:56:14
Wes-Kaap
Die DA se steun in die Wes-Kaap het teen 02:30 tot 62,3% oftewel 48 416 stemme gestyg, nadat die uitslag van 77 616 geldige stemme bekend gemaak is. Tans is 141 stemdistrikte (8,9%) in die provinsie se uitslae al uitgereik.
Die ANC is tweede met 16 536 stemme (21,3%).
Good is nou derde met 2 751 stemme (3,5%) en die ACDP vierde met 2 209 stemme (2,8 %).
Die EFF het teruggesak tot vyfde met 2 090 stemme (2,6%).
2019-05-09 02:30:46
Noord-Kaap
Teen 02:20 is 15 867 geldige stemme in die Noord-Kaap getel, waarvan die ANC 7 339 (46%), die DA 5 769 (36%), die VF Plus 1 226 (8%) en die EFF 785 (5%) gekry het. Die DA het in sy verkiesingsveldtog gehoop om beheer oor die Noord-Kaap van die ANC af te vat. In onderhoude met partyleiers blyk die DA egter meer optimisties te wees oor sy kanse om deur ’n koalisie beheer van Gauteng oor te neem.
2019-05-09 02:19:10Ook by die uitslagsentrum in Century City, Kaapstad, raak dit al hoe leër namate partylede gaan rus om vir Donderdagoggend gereed te maak.

2019-05-09 02:18:12
Noordwes
Teen 02:30 is die uitslag van 6 272 geldige stemme in Noordwes bekend gemaak.
Die ANC is met 3 174 (51%) van die stemme in die eerste plek. Die VF Plus is in die tweede plek met 1 167 (19%), gevolg deur die DA met 974 (15%) en die EFF met 792 (12%).
Die EFF, die amptelike opposisie in Noordwes, hoop om ’n groot hap uit die steun van die ANC in die provinsie te vat.
2019-05-09 02:07:48Dit raak nou baie stil in die nasionale uitslagsentrum. Hier sit ‘n klomp vaak mense wie se oë op die elektroniese telbord gerig is. Foto: Sarel van der Walt

2019-05-09 02:07:05
Ons praat met dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder:
2019-05-09 02:02:33
VF Plus skep so bietjie in Waterkloof
Na wat verneem word het die DA se steun by die stempunt by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria van sowat 2 000 stemme tot 1 100 gedaal. Die VF Plus se steun het glo van 7% tot 20% toegeneem. Dit is nie bekend wat die aantal stemme is wat dié party op hom verenig het nie.
2019-05-09 02:01:09
Vrystaat
Teen 01:50 is die uitslag van 6 413 geldige stemme in die Vrystaat bekend gemaak.
Van dié stemme het die ANC 3 644 (57%), die DA 1 338 (21%), die EFF 583 (9%) en die VF Plus (9%) gekry.
Dit beteken dat die ANC in hierdie vroeë stadium ver voorloop. Die Vrystaat is een van die provinsies wat in vanjaar se algemene verkiesing dopgehou word. Die DA se leier in die provinsie, Patricia Kopane, sê die DA wil sy steun daar verdubbel.
2019-05-09 01:47:58
Gauteng
Teen 01:30 is die uitslag van 6 793 geldige stemme in Gauteng bekend gemaak.
Die DA loop voor in Gauteng, waar die eerste klomp stempunte se stemme klaar getel is.
Verskeie peilings wys die ANC kan moontlik sy meerderheid in dié provinsie verloor.
Die DA het 2 881 (42%) van die stemme ontvang, die ANC 1 910 (28%) en die die VF Plus 1 109 (16%). Die EFF het 8%-steun gehad.
2019-05-09 01:46:11
Nasionaal
Toe sowat 109 000 stemme in die nasionale verkiesing teen 01:40 klaar getel was, het die ANC sowat 56 000 daarvan gehad, teenoor die DA se 32 500, die EFF se 6 541 en die VF Plus se 6 051.
2019-05-09 01:39:59
Wes-Kaap
Teen 01:30 is die uitslag van 28 335 geldige stemme in die Wes-Kaap bekend gemaak, waarvan die DA 15 841 (55,9%) ontvang het en die ANC 7 431 (26,2%). Altesame 63 stemdistrike (3,99 %) se uitslae het al verskyn. Die EFF (4,2%), VF Plus (2,7%) en ACDP (2,4%) het tans sowat dubbeld die persentasie stemme wat hulle in 2014 ontvang het.
2019-05-09 01:28:39
2019-05-09 01:22:24
2019-05-09 01:22:12
2019-05-09 01:22:01
2019-05-09 01:17:56Die DA het al 12 871 stemme (58,24 %) in die Wes-Kaap ontvang en die ANC staan op 5 116 (23,15 %).2019-05-09 01:16:54Die Wes-Kaap se uitslae teen 01:16, met die DA, die ANC, die EFF, Good en die VF Plus in die topvyf.

2019-05-09 01:15:51
2019-05-09 01:15:34
2019-05-09 01:15:02
Hoewel die DA sy kommer oor die kiesproses in die algemene verkiesing uitgespreek het, het die ANC die Verkiesingskommissie (OVK) oor sy werk gelukgewens.
Luidens ’n verklaring deur die ANC wat Donderdag kort ná middernag uitgereik is, het die OVK die verkiesing op ’n manier behartig wat die integriteit van die verkiesing bevestig.
Die OVK het laat Woensdagaand ’n onverwagse verklaring uitgereik waarin hy sê twee voorvalle waar kiesers meer as twee keer elk gestem het, word ondersoek.
James Selfe, federale voorsitter van die DA, het vroeër aan Netwerk24 gesê verskeie kwessies in die verkiesing ondermyn die geloofwaardigheid van die OVK. Onder meer die beweringe dat sommige kiesers meer as een keer gestem het.
Die ANC sê egter hy is oortuig dat die OVK en die skakelkomitees van politieke partye enige “uitstaande kwessies” sal oplos.
In dieselfde verklaring het die ANC sy dankbaarheid uitgespreek teenoor kiesers wat in slegte weerstoestande in sekere dele van die land gaan stem het.
“Ons wil ook ons dankbaarheid uitspreek aan alle ANC-vrywilligers wat hard gewerk het aan die veldtog,” lui die verklaring.
Die party het ook sy medelye betuig met die dood van twee kiesers by stempunte.
2019-05-09 01:06:05Teen 01:00 is die uitslae van 11 910 geldige stemme in die Wes-Kaap al bekend gemaak en die stemopkoms op 55,45% bepaal. Die uitslae van 30 stemdistrikte (1,9%) in die provinsie het al verskyn.2019-05-09 01:01:46
2019-05-09 00:57:23Die DA het sopas die ANC verbygesteek met 6 735 (56,5%) stemme in die Wes-Kaap, met die ANC wat al 2 784 (23,3%) stemme ontvang het. Die EFF het 473 stemme en Good het 382.2019-05-09 00:50:14In die Wes-Kaap is nog stemme bygetel en die ANC staan nou op 2 355, met die DA wat 1 549 stemme ontvang het. Die EFF het sover 3 96 stemme, Icosa het 234 en GOOD het 52.2019-05-09 00:39:55Nog nasionale uitslae is ook nou beskikbaar, met meer as 26 000 stemme wat al getel is.

2019-05-09 00:37:49
Die eerste uitslae vir die Wes-Kaap het pas verskyn.
Die ANC loop voor met 2 170 stemme en die DA het al 1 415 stemme ontvang.

2019-05-09 00:32:30
Wat jy moet weet ná die OVK se aankondiging:
Die Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdagaand kiesers probeer gerusstel dat die algehele integriteit van die kiesproses nie in die gedrang is nie.
Dít kom nadat die OVK van twee moontlike gevalle te hore gekom het waar kiesers in Woensdag se algemene verkiesing twee stemme elk uitgebring het, lui ’n verklaring wat Woensdagaand deur die OVK uitgereik is.
Om twee keer te stem is strydig met die Kieswet en oortreders kan tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word.
Partyleiers in die EFF en die DA het gesê hulle neem kennis dat die inkmerk wat op kiesers se linkerduim aangebring is om te wys dat kiesers reeds gestem het, relatief maklik verwyder kan word.
“Die kommissie sien hierdie beweringe in ‘n ersntige lig en het ondersoeke na die voorvalle begin,” lui die OVK se verklaring.
Luidens die verklaring het die kiesproses verskeie voorkomende maatreëls in gestel onder meer die skandering van ID-dokumente, inkmerke op duime en die vorm wat kiesers moet invul as hul stem by ’n stempunt waar hulle nie geregstreer het nie.
“Al hierdie maatreëls kan gebruik word om vas te stel of daar bedrog gepleeg is,” lui die verklaring.
2019-05-09 00:11:32Die eerste resultate het ingestroom. Foto: Deaan Vivier

2019-05-09 00:10:24Die eerste uitslag, van Umzimvubu in die Oos-Kaap, word gewen deur die ANC. Jesse Duarte sê op SABC dit is 'n sterk distrik vir die ANC, dit is te wagte.2019-05-09 00:05:24
Daar heers 'n ongemaklike stilte in die uitslagsentrum... dan wys die uitslag: 24 stemme uitgebring. ANC: 11 stemme, EFF 8 stemme.
En dan is die mediakonferensie verby.
2019-05-08 23:51:13
Van die vrae aan die OVK op die mediakonferensie:
Is die enigste waarborg dat 'n kieser net een keer gestem het die ink op 'n duim, terwyl daar bewyse is dat die ink maklik afgewas kan word? Daar is nie meer plakkers wat in 'n kieser se ID-dokument geplak word nie.
2019-05-08 23:50:12
Oor elektroniese kiesstelsels:
Daar is lande wat elektroniese toerusting gebruik het, wat dit laat vaar het omdat dit ook nie sonder probleme is nie.
“Ons is nie skaam om te sê ons sal die probleme ondersoek nie.”
2019-05-08 23:48:08
Intussen...
2019-05-08 23:47:10Die integriteit van die hele verkiesing is nie in die gedrang nie, sê Moepya.2019-05-08 23:46:33
Moepya
“Ons sal aandag gee aan die probleme omdat ons dit in ‘n ernstige lig beskou.”
“Ons ontken nie dat dinge verkeerd gegaan het nie. Ons sal dit ondersoek en deursigtig wees daaroor.”
2019-05-08 23:43:17Mosotho Moepya praat oor gerugte dat daar mense is wat meer as een keer gestem het. Foto: Deaan Vivier

2019-05-08 23:42:19Hy sê die OVK beskou die beweringe wat gemaak word oor onreëlmatighede in ‘n baie ernstige lig.2019-05-08 23:41:21
2019-05-08 23:41:03
2019-05-08 23:40:42Die uitslag van die verkiesing is van uiterste belang, sê Mosotho Moepya, kommissaris. Hy vra mense met bewyse van onreëlmatighede moet dit by die OVK aanmeld sodat dit behoorlik ondersoek kan word.2019-05-08 23:39:24
Hier is die volledige aankondiging van die OVK soos pas ontvang:
COMMISSION ASSURES NATION OF INTEGRITY OF THE ELECTIONS
23H008 MAY 2019
Tshwane (National Results Operations Centre) – In the light of serious allegationsregarding two potential instances of double voting, the Electoral Commission wouldlike to assure voters and all stakeholders of the overall integrity of the electoralprocess.Two separate instances have been brought to the attention of the ElectoralCommission over the past few hours in which it is alleged voters were able to castmore than one vote at different voting stations.The Commission views these allegations in the most serious light and has launchedinvestigations into these incidents.Fortunately the election process contains a number of checks and safeguards whichtogether serve to protect the integrity of the process.
These layers of securityinclude:
- The voters’ roll which only allows registered voters to vote – and only allowsfor a single registration per voter
- The requirement for voters to produce a valid ID document before they vote? The scanning of ID documents prior to voting
- The marking of a voter’s thumb with ink
- The completion of a form containing the details of voters and the signing of asworn declaration by voters where they vote at a voting station at which theyare not registered
- Party agents and observers monitoring all aspects of the voting, counting andresults capturing process
- In-built system-based exception reports for which various tolerance levelshave been setAll of these leave a detailed footprint of voter participation in the process and can beused both separately and in combination to identify instances of electoral fraud.As part of the process of finalizing the results of the elections, the Commission willassess data from scanners, VEC 4 forms (used when voters vote outside their votingdistricts) and the voters’ roll to identify potential risks.Where evidence is found to support electoral fraud, the Electoral Commission willfirstly quarantine the results of the affected voting districts and secondly will pursuecriminal charges against the perpetrators.The electoral process also allows for objections to be raised by political partiesthroughout the process. This includes instances where they believe a voter wasineligible to vote or has voted more than once.The Electoral Commission appeals to any party or person who may have evidence ofany electoral fraud or significant irregularity to report this immediately so that it canbe thoroughly investigated.The Electoral Commission will not allow the potential misconduct of one or twoindividuals – be they voters or election officials – to taint the overall outcome of theseelections.The integrity of the results is paramount to the credibility of all elections and allelection results are only finally captured and displayed in the results system wherethe Commission is satisfied in the integrity of the results.
ISSUED BY THE ELECTORAL COMMISSION
2019-05-08 23:24:31Deidre Carter, Cope, sê nadat sy gestem het, het sy met Domestos by die huis die ink van haar duim verwyder. Sy het toe na 'n volgende stemlokaal gegaan om te toets of die skandeerder haar weer sal optel. Dit het gewerk en sy kon weer stem, hoewel sy dit nie gedoen het nie. Sy sê sy kon binne 'n uur by vyf stemlokale weer geskandeer word en dus 'n strokie ontvang.2019-05-08 23:19:15
2019-05-08 23:16:09
2019-05-08 23:00:44Die EFF se Leigh-Ann Mathys sê op SABC dit is te vroeg om te praat oor koalisies. Die EFF is bekommerd daaroor dat kiesers die merke op hul vingers so maklik kon afvee.2019-05-08 22:59:34Die binnekant van die nasionale uitslagsentrum in Pretoria waar die verkiesing se resultate bekend gemaak gaan word. Foto: Deaan Vivier

2019-05-08 22:58:08Van die eerste stempunte waar 'n uitslag verwag word is Robbeneiland.2019-05-08 22:53:51James Selfe, DA, sê op SABC, dat die party glo hy kan die Wes-Kaap behou en die ANC in Gauteng onder 50% hou. Selfe sê die DA is bereid om koalisies te vorm met partye wat ooreenstem met bepaalde beleid van die DA. Selfe sê die EFF is een van daardie partye, maar die EFF se manifes maak dit moeilik om so n koalisie te vorm.2019-05-08 22:46:11Tellery het by stempunte begin wat om 21:00 gesluit het endie eerste stemuitslae van stemdistrikte met 'n kleiner aantal kiesers sal naverwagting begin om voor middernag op die uitslagsentrum te weerspieël,het die Verkiesingskommissie (OVK) bekend gemaak.2019-05-08 22:39:58
2019-05-08 22:21:49Uitslae van die kleiner stemdistrikte sal teen middernag beskikbaar wees, aldus die OVK.2019-05-08 22:20:06Die Verkiesingskommissie het Woensdagaand laat 'n vorderingsverslag uitgereik. Klik hier om die verslag te lees.
















