Veiligheid by stemlokale in VS verskerp

Veiligheid is by stemlokale in Viljoenskroon en Marquard in die Vrystaat verskerp nadat betogings Dinsdag in die dorpe uitgebreek en 'n stemlokaal aan die brand gesteek is.

'n Saal wat aangrensend tot die stadsaal in Viljoenskroon is, is Dinsdag in die vroeë oggendure afgebrand.

Foto ter illustrasie.Foto: André Damons
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Dié saal sou as stemlokaal dien.

Mmabatho Rasengane, woordvoerder van die Verkiesingskommissie (OVK), sê die saal is langs 'n groter saal, wat nou as die stemlokaal gebruik sal word.

"Alles is reeds na die ander saal geskuif en kiesers sal Woensdag in dié saal stem. Alles gaan voort soos normaal," sê sy.

Die vermoede bestaan dat betogende inwoners, wat ontevrede is oor dienslewering, die gebou aan die brand gesteek het.

Volgens Rasengane is hulle bekommerd omdat ontevrede inwoners hulle tot geweld wend en stemlokale teiken om hul griewe te lug. Die OVK is ook bekommerd oor sy werkers by stemlokale. Die polisie het wel versterkings na die brandpunte gestuur, so die OVK is tevrede dat alles normaalweg sal kan voortgaan.

In Marquard was daar ook dreigemente van betogings.

Twee geboue, 'n saal en ‘n kliniek, is in Viljoenskroon aandie brand gesteek, sê brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder.Volgens hom het dit gebeur nadat 24 mense vroeër op ‘n aanklag van openbaregeweld in hegtenis geneem is.

"Niemand is nog in hegtenis geneem vir die uitbrand van diesaal en kliniek nie. Die situasie is kalm nou. Meer beamptes is na die dorpgestuur," sê Makhele.

Volgens hom het mense ook in Marquard betoog enbuitelande gebrand. Een persoon is Dinsdag in hegtenis geneem.

André Damons

SPELETJIES VANDAG

CTA