Ongeag wat die opkoms in Woensdag se algemene verkiesing gaan wees, is dit steeds die ANC wat die meeste voordeel sal trek.
Dit is een van die sleutelbevindings van die marknavorsingsfirma Ipsos se finale verkiesingspeiling wat Dinsdagoggend bekend gestel is.
Luidens die peiling - wat veral op scenarios van stemopkoms gefokus het - blyk ANC-ondersteuners in die geval van 'n lae opkoms steeds die meeste daartoe verbind te wees om te gaan stem en sal dit daarom veral die regerende party se steun verhoog.
"In die geval van 'n goeie stemopkoms, sal dit ook die ANC wees wat suksesvol was om kiesers, wat andersins nie sou gestem het nie, te oortuig om te gaan stem. Daarom sal sowel 'n swak as goeie opkoms by die stembusse tot die ANC se voordeel wees."
Luidens die peiling glo ook net 33% van geregistreerde kiesers dat die land in die regte rigting beweeg. "Meer as die helfte (52%) sê die land beweeg in die verkeerde rigting," het die peiling bevind.
*Lees Netwerk24 vir meer oor die berig.


















