Ondersoek moet eers wag, sê VF+

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die VF Plus se Gautengse leierskorps wat in November 2023 verkies is voordat die uitslae tersyde gestel is. Kobus Hoffman, Philip van Staden en Grandi Theunissen. Foto: Facebook
Die VF Plus se Gautengse leierskorps wat in November 2023 verkies is voordat die uitslae tersyde gestel is. Kobus Hoffman, Philip van Staden en Grandi Theunissen. Foto: Facebook

Die VF Plus se dagbestuur het nog nie die aanbevelings van 'n interne ondersoek na sy Gautengse leiersverkiesing bespreek nie omdat eers die verkiesing en nou onderhandelings oor die ANC se voorgenome regering van nasionale eenheid (RNE) al sy aandag in beslag neem.

Dr. Pieter Groenewald, die leier van die VF Plus, het Vrydag gesê hy was die hele dag saam met partye in gesprek oor die voorwaardes van die RNE. Die VF Plus is genooi om deel te vorm van die RNE en het 'n verklaring van voorneme onderteken. Dié dokumente sit die grondslag van die RNE uiteen.

"Ons wil die aanbevelings van die verslag so gou as moontlik hanteer, maar dit word bemoeilik deur die feit dat ons by die RNE aangesluit het, en sal deelneem aan prosesse soos die nasionale dialoog as deel van die RNE se werksaamhede."

Hy sê hulle sal al die lede van die ondersoekpaneel bymekaar moet kry om die verslag te hanteer. Hy sê die party se uitvoerende dagbestuur het dadelik opgetree om die paneel se aanbeveling deur te voer dat Gauteng onder administrasie geplaas word. Die paneel het dit in Februarie versoek. Gauteng sou onder administrasie moes bly tot ná die verkiesing, en die paneel het voorgestel dat dit onder leiding van 'n persoon van buite die provinsie soos dr. Pieter de Necker, die uitvoerende hoof van die VF Plus, gebeur.

Groenewald sê hy kan geen verdere kommentaar lewer oor die paneel se aanbevelings nie omdat die dit nog nie deur die dagbestuur hanteer is nie

SPELETJIES VANDAG

CTA