Weskus-kuier: Salig op Strandfontein
Die meeste kusdorpe aan die Weskus is plat, behalwe Strandfontein waar duine en hoë wit kranse alkant uittroon. Die dorp self lê teen ’n effense helling en ’n see-uitsig is dus ’n gegewe.
Weskus-slenterstap: In die San se voetspore
Op die Shoreline of the San-slenterstap omvou die Weskus se ru natuurskoon jou soos ’n koel misbank. En op sy afgeleë strande waai die suidoostewind jou siel skoon.
Strand, woud én berge: 7 dae in die lieflike Tuinroete
Dis ’n ou twispunt in gesinne of vriendekringe: Julle wil saam toer, maar daar’s ’n kranige voëlkyker of twee in die groep terwyl die res, wel, ’n veer voel. Hoe gemaak? Beplan ’n vakansie wat strande, woude, berge, ’n rits doendinge én voëlkykkolle insluit. En waar kry ’n mens dit alles? Langs die Tuinroete, natuurlik!
Lesotho: Verken die bergkoninkryk se beste
Jy hoef nie ’n 4x4 te hê om Lesotho te verken nie – selfs nie eens in die winter nie. Hou net op die teerpaaie en ryg die land se hoogtepunte binne ’n week in.
Bom dia, Mosambiek!
Wanneer jy aan kokosneutbome, spierwit strande en koraalriwwe dink, verwag jy dit op ’n eksotiese eiland. Maar Evan Naudé het dit alles in een van ons buurlande gevind.
Die vele gesigte van die Namib-Naukluft
As jy ’n sin vir avontuur het, is die roep van die woestyn iets wat jy nie kan ignoreer nie. Evan Naudé het vanaf Solitaire tot duskant Walvis gery, en die geraamtes, skeepswrakke en slipfaces van die Namib-Naukluft beleef.
RUBRIEK: The Good, The Bad... en die blouaap
Uit die argief: Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.
Bly hier: Arendsrus Country Lodge, George
Hierdie gasteplaas lê knus in die voetheuwels van die Outeniekwaberg sowat 20?km noordwes van George naby die R404.
RUBRIEK: As Moeder Natuur haar strip
Uit die argief: In ’n mens se jeug vang jy dinge aan waaroor jy nou lag, maar wat jy nie sommer weer wil beleef nie. Evan Naudé onthou ’n kampvakansie toe Moeder Natuur hom deeglik beproef het.
Brief uit Beijing
Uit die argief: Wanneer jy op ’n lughawe sit en wag, is min dinge so vermaaklik as om mense dop te hou, skryf Evan Naudé.






