’n Donderstorm, ’n lughawehotel en ’n paartjie met lieflike lewensverhale
’n Saai aand in ’n lughawehotel neem ’n interessante wending. Sophia van Taak vertel.
RUBRIEK: Die dag toe ek amper ’n Himba-bruid geword het
Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras, skryf Sophia van Taak.
Van rekenaars tot porcini’s op Tafelberg: Ontmoet die sampioenkenner Gary Goldman
Tafelberg lok alle soorte mense... Fietsryers, naweekstappers en toeriste. En die “bergbokke” wat elke dag tot heel bo draf. En dan is daar die man met die mandjie. Wat kom maak hy hier? Piekniek vir een? Sophia van Taak het gaan uitvind.
De Hoop: ’n Veld vol belofte in die Overberg
Die De Hoop-natuurreservaat naby Bredasdorp in die Overberg is ’n vreedsame plek. Buiten ’n paar luiperds loop hier nie ander Groot Vyf-diere rond nie. Maar bring jou verkyker en kom kyk – hier steek baie in dié fynbos-vleiland-en-seereservaat se makker mooiheid.
Stap tot by die Wolfbergboog en kamp wild onder die Sederberg se sterre
Die Sederberg is ’n bergagtige kontrei waar die son en die wind nog bandeloos rinkink en alles in hulle pad verweer en verwring. Maar op ’n oornagstaproete in dié warboel van klippe en klowe kry ’n mens jou binneste ’n slag weer in orde.
Versteekte juwele in die Tuinroete: 5 riviere wat jy moet beleef
Die Tuinroete is een van ons land se gewildste bestemmings. Die magdom strandjies is karaktervol en die woude voel byna gewyd, maar het jy al dié streek se riviere beleef? Hier’s jou nuwe gunstelinge!
RUBRIEK: Om ’n pa op te pak
Uit die argief: Dis ons almal se voorland – daardie dag wanneer die dood jou dwing om van ’n ouer afskeid te neem. Maar met die oppak van iemand se leeftyd ontdek jy dalk dinge wat jy nooit geweet het nie.
Kamp hier: Beaverlac
Rotspoele, stilte en geen selfoonsein... As jy smag na só ’n wegbreeknaweek dan is Beaverlac net die plek.
Rubriek: ’n Geleende woonwa en moleste op Mosselbaai
Uit die argief: Kindertjies en diere – ’n resep vir moeilikheid. Voeg daarby ’n geleende woonwa en ’n Paasnaweek vol verwagtinge en die waarskuwingsligte begin flikker, sê Sophia van Taak.
Brief uit Dordabis
Uit die argief: Op reis deur Namibië midde-in ’n droogte het sy tot ’n belangrike insig gekom, skryf Sophia van Taak: As die boere nie moed opgee nie, durf toeriste ook nie.




