Netwerk24 soek die Ma van die Jaar!

Daar is altesame R40 000 se prysgeld op die spel!
Daar is altesame R40 000 se prysgeld op die spel!

Die een is 'n rots vir haar dogtertjie wat 'n skaars geboorte-afwyking het. Die ander is 'n lewenslustige boervrou én 'n derduiwel op die rolbalbaan. Die ander bak 'n koek met karamel so dik soos jou duim . . . Dis voorbeelde van die soort ma's wat kan meeding in die opwindende nuwe kompetisie waarvoor ons jóú uitnooi om summier in te skryf: Netwerk24 is op soek na die Ma van die Jaar.

Is jy, jou ma of 'n ma-figuur in jou gemeenskap iemand wat dié titel verdien?

Stuur vir ons 'n kort video waarin jy vertel wie jy voorstel en hoekom sy moet wen.

Is sy 'n leier en steunpilaar in die gemeenskap? Stel sy haar eie behoeftes tweede sodat sy die beste ma vir jou of iemand anders kan wees? Is sy 'n bobaas-bakster?

(Klik om na al die inskrywings te kyk.)

WAT KAN JY WEN:

Daar is altesame R40 000 se prysgeld op die spel!

* Eerste prys: R25 000

* Tweede prys: R10 000

* Derde prys: R5 000

SO, HOE GEMAAK?

Dis maklik. Maak 'n kort video van tussen een en drie minute wat vertel hoekom jy die persoon nomineer. 'n Selfoonvideo is goed genoeg.

Hier is 'n paar voorbeelde van die tipe stories waarna ons op soek is.

Laai die video op jou Facebookblad en gebruik die volgende twee hutsmerke: #Netwerk24 én #mavandiejaar. Maak ook seker jy tag ons met 'n @Netwerk24. Die video moet as 'public' gedeel word sodat ons dit as 'n inskrywing kan optel.

Jy kan op dieselfde manier deur jou profiel op Instagram enTwitter inskryf.

As jy WhatsApp verkies, kan jy jou video direk aan Netwerk24 stuur na 072 970 1581 en ons sal dit namens jou oplaai.

SO, IN KORT: Vertel jou storie, laai dit op sosiale media, tag @Netwerk24 en gebruik die hutsmerke #Netwerk24 en #mavandiejaar.

Die kompetisie sluit 17 September 2017 om middernag.

KLIK VIR KOMPETISIEREëLS

VOLG DIE AKSIE!

Kom kuier gereeld hier om na al die nuwe inskrywings te kyk.

http://www.netwerk24.com/Inligting/ma-van-die-jaar-al-die-inskrywings-20170817Onthou om te deel of te ‘like' as ‘n video jou aangeraak het.

Dit kan help om die inskrywing onder die beoordelaars se aandag te bring.

* Vir enige navrae, stuur 'n e-pos aan web@netwerk24.com

SPELETJIES VANDAG

CTA