Slaaisous (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer 3,5 liter [14 k] sous)

  • 250 g botter of 200 ml (4⁄5 k) sonneblomolie
  • 500 ml (2 k) meelblom
  • 30 ml (2 e) mosterdpoeier
  • 1 ml (¼ t) rooipeper
  • 22,5 ml (1½ e) sout
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 2,25 liter (9 k) kookmelk
  • 8 eiers plus nog 'n paar eiergele
  • 500 - 625 ml (2 - 2½ k) wynasyn

1. Smelt botter in 'n kastrol oor kokende water of oor lae hitte.

2. Meng droë bestanddele en suiker saam en voeg by gesmelte botter of olie.

3. Roer kookmelk stadig by en kook 30 minute lank oor kookwater of baie lae hitte terwyl aanhoudend geroer word. Gebruik 'n groot draadklitser

4. Klop die eiers en eiergele en roer dit vinnig in; kook net tot die sous weer glad en dik is.

5. Laat afkoel en roer asyn by.

Wenke

• Die slaaisous is vir alle soorte slaaie geskik.

• Vir aartappelslaai kan die sous met melk of aartappelwater verdun word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA