Amandeltert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 gebakte kors van Broskorsdeeg sonder vloeistof*
  • 250 ml (1 k) botter
  • 190 ml (¾ k) suiker
  • 250 ml (1 k) hawermout
  • 'n knippie sout
  • 1 eier
  • 5 ml (1 t) amandelgeursel
  • 100 g donker sjokolade, gekap
  • 125 ml (½ k) room
  • 100 g gevlokte amandels

1. Smelt botter en suiker saam. Roer oor matige hitte tot suiker gesmelt het en botter nie meer bo-op dryf nie.

2. Roer hawermout, sout, eier en amandelgeursel daarby in. Kook sowat 3 minute oor lae hitte tot die mengsel gaar is.

3. Haal van die stoof af.

4. Laat effens afkoel en skep vulsel in die tertkors.

5. Smelt sjokolade en room 1 minuut lank in die mikrogolfoond (700 watt). Roer tot glad en smeer oor tert. Strooi amandelvlokkies oor en laat afkoel.

Variasie

• Vir 'n klappertert, vervang die hawermout met klapper en laat die amandelgeursel weg. Smeer 30 - 45 ml (2 - 3 e) appelkooskonfyt op die boom van die kors en versier met droë klapper in plaas van gevlokte amandels.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA