Pynappeltert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 gebakte kors van Broskorsdeeg* of Krummeltertkors*
  • 37,5 ml (2½ e) mielieblom
  • 250 ml (1 k) water
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 15 ml (1 e) botter
  • 2 eiers, geskei
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 30 ml (2 e) droë klapper (opsioneel)
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • gerasperde geel skil van 1 suurlemoen
  • 1 blik (400 g) gesnipperde pynappel, gedreineer
  • 90 ml (6 e) strooisuiker

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC (325 ºF).

2. Maak mielieblom met 'n bietjie van die water aan. Kook orige water en voeg mielieblommengsel, suiker en botter daarby. Roer aanhoudend tot dit kook.

3. Klits eiergele en sout saam, voeg by en bring weer op kookpunt.

4. Roer klapper (indien gebruik), suurlemoensap en -skil en pynappel by. Laat afkoel en skep vulsel in tertkors.

5. Klits eierwitte styf terwyl strooisuiker lepelsgewys daarby gevoeg word.

6. Skep eierwitskuim op vulsel en bak tert sowat 30 minute tot goudbruin. Laat heeltemal afkoel voor dit opgedien word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA