Kors
- 125 g (½ k) botter of margarien
- 125 ml (½ k) suiker
- 1 eier, geskei
- 500 ml (2 k) klapper
Vulsel
- 100 ml (2⁄5 k) suurlemoensap
- 1 blik (397 g) kondensmelk
- 2 eiers, geskei
- 'n knippie sout
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 45 ml (3 e) strooisuiker
1. Kors: Smelt botter en roer suiker, eiergeel en klapper in. Meng goed.
2. Druk die helfte van die mengsel onder in 'n tertbord vas.
3. Vulsel: Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).
4. Voeg suurlemoensap by kondensmelk om 'n dik, romerige mengsel te vorm.
5. Klits eiergele en voeg saam met sout en skil by kondensmelkmengsel. Meng goed.
6. Klits al 3 eierwitte styf terwyl strooisuiker lepelsgewys daarby gevoeg word. Vou in.
7. Skep in tertkors. Skep orige klapperkorsmengsel oor vulsel.
8. Bak 30 - 40 minute tot klapperpuntjies mooi ligbruin is.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















