Aardklop se feesterrein by die Noordwes-Universiteit se Fanie du Toit-sportterrein, op die oewer van die Mooirivier, bied samesyn, kos- en kunsvlytstalletjies van uitsonderlike gehalte en vermaak vir die gesin.
Gratis, veilige en gerieflike parkeerplek is beskikbaar vanaf die ingang in Hennie Bingle-straat.
Datums en tye
- Feesterrein: 24 tot 28 September van 09:00 tot 21:00
- Verhoogkroeg: 11:00 tot 23:00
- Terreinverhoog: 12:00 tot 22:00
Toegangskaartjies
- Kaartjies is aanlyn te koop by Ticketpro, by die Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke gedurende die fees. Geen kontant sal by die ingangshekke of kantoor aanvaar word nie. Albei opsies bied ook 'n weekkaartjie.
- Dagkaartjie: R70 vir die feesterrein of R120 vir die feesterrein, terreinverhoog en verhoogkroeg.
- Weekkaartjie: R210 vir die feesterrein of R360 vir die feesterrein, terreinverhoog en verhoogkroeg.
- Kinders onder 12: Gratis
- Feesgangers kan uitsien na meer as 300 kunsvlytstalletjies en sal kan smul by meer as 50 kosstalletjies.
Pendeldiens
- Pendel blitsvinnig tussen verskillende venues, en ondersteun op die manier ook ons plaaslike diensverskaffers.
- Die sentrale vertrekpunt is geleë oorkant die feesterrein se hoofingang.
- Koopbewyse is aanlyn beskikbaar by Ticketpro, die feeskantoor by The Roots en ook die sentrale vertrekpunt.





















