Witwarm winterfees

Die Vrystaat Kunstefees het oudergewoonte kunstenaars en kunsteliefhebbers van heinde en verre gelok om die besonderse en unieke atmosfeer van dié uiters gewilde jaarlikse fees in pragtige, koel wintersdae en koue wintersaande op die Kovsie-kampus en elders in Bloemfontein te kom geniet. Hier is 'n blik op van die feestelikhede wat plaasgevind het.

Die kinderproduksieHans Haas Help in die kykNET-Repteater het die kleingoed in vervoering gehad. Foto: Mlungisi louw
Die kinderproduksieHans Haas Help in die kykNET-Repteater het die kleingoed in vervoering gehad. Foto: Mlungisi louw (SYSTEM)
Koos Kombuis het in die kinderstorie-uur in die Netwerk24-feeskafee sy kinderboek Eben die Ellendige Eenhoring vir die jong lesers voorgelees. Hier teken hy die boek vir Adriaan Francke (5).Foto: Conrad Bornman

Die bekende Boesman en kultuuraktivis !áru Ikhuisi Piet Berendse knoop 'n geselsie aan. Hy was baie trots om te sê dit is die RSG wat hom bel. Hy het die kleinspan geleer van spoorsny en die daaglikse lewe van die Boesman in die Kalahari. Dit was deel van die kinderteaterprogram.Foto: Conrad Bornman

Spoegwolf het Donderdagaand die gehoor in die stampvol Kopanong-Kovsiekerk gevra om hul selfoonliggies aan te skakel terwyl hulle "Blou", 'n snit van Koma, hul nuwe album, gesing het.Foto: Conrad Bornman

James Berlyn van die Tawdry Heartburn: Geheimprojek sal in ruil vir jou geheim gratis vir jou 'n manikuur gee of jou handpalm lees. Foto: Conrad Bornman

Die pianiste Brigitte Botha en Johan Cromhout het die gehoor in die Odei­on meegesleur na die wonderwêreld van die musiek van die meesters. Flying Fingers het werke ingesluit van Mozart, Schubert, Arensky en Liszt. Die blaaier is Anchen Froneman. Foto: Conrad Bornman

Dié "lugkastele" is deur Bloemfontein-gemeenskapslede ontwerp. Die skeppers van We can be heroes het inspirasie geput uit die Suidelike Halfrond se sterrekonstellasies, plaaslike mitologie en loutere verbeelding. Hulle wou die ruimte bo oogvlak aktiveer om mense te dwing om op te kyk. Foto: Conrad Bornman

Ruda Landman gesels Vrydag met die ontleders Pieter du Toit van News24 en Max du Preez van die nuut-herleefde Vrye Weekblad in die ATKV-boekeoase as deel van die kunstefees. Foto: Conrad Bornman

kunstefeesFoto: Mlungisi Louw
kunstefeesFoto: Mlungisi Louw
Twee straatkunstenaars vermaak feesgangers met hul verstommende toertjies. Die twee sterkmanne is Ally Diwa (onder) en Ismael Athman. Foto: Charles Smith

Ouma Ossewania gooi die gehoor met 'n skoot water nadat hulle in kru Afrikaans gevra is om die teater te verlaat.Foto:

SPELETJIES VANDAG

CTA