Buitelewe

Gholfdag ‘enorme sukses’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die VDT Prokureurs-gholfdag ten bate van die Beeld-Kinderfonds het vanjaar na raming R24 000 ingesamel.

Die gholfdag was op 3 November op die Woodhill-gholflandgoed in Pretoria en is vanjaar vir die 19de keer aangebied, sê Adrie van Staden, uitvoerende hoof van die Beeld-Kinderfonds.

Sy sê die dag was 'n reusesukses en gee die fonds 'n broodnodige finansiële inspuiting om kinders in nood te help.

Die Beeld-Kinderfonds samel geld in om projekte te ondersteun wat nie net tydelike ver­ligting aan kinders gee wat swaarkry nie, maar ook die siklus van armoede in kinders se lewe probeer breek sodat hulle as volwassenes onafhanklik van staatstoelaes en welsynhulp kan wees.

Jy kan ook bydra en 'n verskil in 'n kind se lewe maak.

Betaal jou bydrae elektronies aan die Beeld-Kinderfonds in die Absa-tjekrekening, met rekeningnommer 2840157329 en takkode 632005 in. Gebruik jou selfoonnommer, naam en van as verwysing.

Kontantbetalings kan by 'n Absa-kitsbank gedoen word. Kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings.

Andersins, SMS die woord KINDERS na 41522 (R30 per SMS).

Die hoofborge wat die VDT Prokureurs-gholfdag moontlik gemaak het, is van links Charl Van Eettveldt (Cosmopolitan Projects), Piet Joubert (Aïda), Johan Liebenberg en Barbara Coetzee (albei van VDT Proku­reurs), Johannes Jacobs (We Buy Cars), Adrie van Staden (Beeld-Kinder­fonds), Arnold Prinsloo (Eskort), Kevin Kitchenbrand (UOAS) en Charl Mocke (CMV Rekenmeesters).
Die hoofborge wat die VDT Prokureurs-gholfdag moontlik gemaak het, is van links Charl Van Eettveldt (Cosmopolitan Projects), Piet Joubert (Aïda), Johan Liebenberg en Barbara Coetzee (albei van VDT Proku­reurs), Johannes Jacobs (We Buy Cars), Adrie van Staden (Beeld-Kinder­fonds), Arnold Prinsloo (Eskort), Kevin Kitchenbrand (UOAS) en Charl Mocke (CMV Rekenmeesters). (SYSTEM)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM