Lekker doendinge in Clanwilliam

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Foto: ALICIA ERASMUS)

Daar is vele toeristetrekpleisters wat Clanwilliam een van die mees geskikte en sentrale oorstaanplekke gedurende blomtyd maak.

Die Ou Tronk-museum is beslis 'n besoek werd. Herschill Pieterse verwelkom besoekers hier met baie staaltjies en stories uit toeka se dae, soos byvoorbeeld die storie van die swart engel wat daar in die een hoek van die binnehof staan. Die storie het te doen met die bekende seun van Clanwilliam, C. Louis Leipoldt, se ma. Laat Herschill julle meer hieroor vertel.

Clanwilliam word beskou as die hoofstad van rooibos en die beste plekke om rooibostee te proe, is by die Velskoendraai-padstal en Thi-Art (gesetel in die House of Rooibos).

By Velskoendraai kan rooibos-entoesiaste meer as 100 soorte rooibos proe, maar blomkykers kan ook 'n lekker plaasontbyt geniet wat jou heeldag energie sal gee om blomme te kyk. Saans verander Velskoendraai egter in 'n gesellige restaurant waar blomkykers elke aand sal wil kom eet en plaaslike wyne proe. Dis die perfekte plek om jou padkos vir blommekyk aan te vul en 'n hekelwerkie, sepie of ander aandenking vir geliefdes te koop. Velskoendraai is onlangs deur die webtuiste Getaway aangewys as een van die top-padstalle in Kaapstad wat jy moet besoek.

Thi-Art is die nuutste toevoeging tot plekke om in Clanwil­liam te besoek. Op koue dae brand die kaggel, die koffie is sterk en hul gebak is uit die boonste rakke.

As jy die plaaslewe wil beleef, is die rooibosplaas Skimmelberg ideaal. Hulle bied ook rooibostoere en -proeë op die plaas aan.

Die blommense van Clanwil­liam is optimisties dat daar vanjaar weer mooi blomme gaan wees en sien uit daarna om jou te verwelkom!

Alicia Erasmus

SPELETJIES VANDAG

CTA