Wanneer jy jou bed in die huis tydelik vir jou kampbed verruil, wil 'nmens steeds lekker slaap.
Niks keer jou om ook 'n duursame matras in jou woonwa te gebruik as jynie tevrede is met die standaardmatras waarmee hy uitgekom het nie.
Maar as jy met 'n tent kamp, lyk sake heeltemal anders.
Pakplek is dan ook 'n groter probleem, want 'n mens het nie die geriefvan ekstra pakplek in 'n woonwa nie.
Alles moet in die kar pas, en jy kan hoogstens 'n dakrak of bagasiewainspan.
As jy dan jou matras in die spaarkamer wil saamry, is al die pakplek injou waentjie eensklaps weg.
Die antwoord is natuurlik 'n matras wat kan opvou of, selfs beter, eenwat kan opblaas.
Opvoumatrasse is nie regtig die antwoord nie, want hulle is gewoonlikblokvormig pleks van lank, en hulle is ook meestal te dun vir 'n goeie nagrus.
'n Opblaasmatras het sy eie uitdagings... wie het nié al in die kampplekiemand gehoor wat voor inkruiptyd met 'n kompressor doenig is nie?
Jy gaan hom waarskynlik ook meer as een keer moet opblaas.
En, as jy in die Bosveld onder 'n soetdoringboom kamp, is dit net 'nkwessie van tyd voordat 'n doring sy pad na die matras kry.

Die antwoord is 'n kombinasie van die twee: Jy soek 'n dik genoeg matraswat gerieflik slaap én klein genoeg kan opvou.
En as hy dan die op- blaassoort is, moet hy nie vanself kan afblaasnie...
Opblaas kan hy wel maar self doen. Marius en Carina La Cock vanDurbanville het jare gelede met dieselfde dilemma gesit en gesien hoe mense diegeveg verloor met kampmatrasse op oornag-roeiuitstappies wat hulle aangebiedhet.
Hulle onderneming, Carma Quip, is bekend vir sy selfopblaasmatrasse, endie konsep is só eenvoudig dat dit eintlik 'n ingewikkelde storie is.

Marius verduidelik een van die belangrikste komponente is die sponsself.
'n Mens kry drie soorte: lae-, medium- en hoëdigtheidspons. Dielaedigtheidsoort is die goedkoopste, maar as jy 'n rukkie daarop sit, verloordie spons sy oorspronklike vorm.
Dis tipies 'n soort matras waarop 'n mens vinnig deurslaap.
Die antwoord is dus hoëdigtheidspons van goeie gehalte, want dit is baieferm en keer terug na sy oorspronklike vorm as jy opstaan.
'n Verdere probleem met spons is dat dit water absorbeer.
Hiervoor sit Marius die spons doodeenvoudig in 'n waterdigte omhulsel.

Die spons kry weerskante 'n waterdigte PVC-laag, wat beteken dis ooklugdig (behalwe vir die opening met 'n prop op die punt daarvan).
Die selfopblaasmatras se geheim lê in die manier hoe die matras opvou.
Marius het gevind 'n spesifieke hoëdigtheidspons van 7 cm dik is net regvir 'n gerieflike nagrus, maar dit is ook dun genoeg sodat jy die matras kanoprol.
Jy plaas die gewig van jou knieë in die middel terwyl jy weerskante 'ngreep met jou hande het terwyl jy rol.
Die druk terwyl jy oprol, beteken jy pers die meeste van die lug uit diematras.
Die matras rol verbasend klein op, en wanneer jy by die punt kom, drukjy die prop in die opening waaruit die laaste lug gekom het.
Só opgerol is die matras 70 cm breed (steeds die oorspronklike breedte),maar met 'n deursnee van 25 cm.
Nou kan jy sommer 'n paar matrasse in jou kar kry, omdat die volumenatuurlik veel kleiner is.

Opgerol is die matras 34 l, terwyl die oorspronklike oop matras (200 x70 x 7 cm) 98 l is - 'n derde van die oorspronklike grootte.
En nou vir die opblaas, wat soos Martino se "kul jou hier, kul jou daar"lyk: As jy die prop uittrek, rol die matras vanself oop soos die spons lug deurdie opening insuig en uitsit tot sy oorspronklike vorm.
Die goeie ding hiervan is dat die matras nie kan afblaas nie omdat ditspons is - al kry die PVC-laag dus 'n gaatjie of skeur, behou hy sy vorm.
Jy kan hom steeds opvou.
Jy kry ook stroppe saam om die matras opgerol te hou.
Marius-hulle sê van hulle matrasse is al 10 jaar oud en hou nog. En asjy wonder oor 'n goeie nagrus...
Marius vertel van een klant wat die skaal ver oor 100 kg getrek het ensê dis net die antwoord vir kampeerders - selfs met 'n paar rugoperasies agterdie rug.




















