Buitelewe

Prop die Kerskous vol!

Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Foto: Galloimages/Gettyimages.com

Sophia van Taak

Goggaboks

Dis net die ding om kinders al van kleins af in die natuurlewe te leerbelang stel. Daar waar julle gaan vakansie hou, is dalk nie lekker doendingevir die kleingoed nie, maar met 'n goggaboks lewer enige agterplaas, duin ofstukkie veld 'n skattejag op.

Die kissie het 'n handvatsel aan die bokant, 'n swaaideurtjie aan dieeen sy en gaas reg rondom. Wys die kleingoed hoe om 'n insek, akkedissie ofpadda versigtig in die boksie te tel.

Met die diertjie veilig binne-in kan die kinders hom nou met 'nvergrootglas (word verskaf) van alkante bekyk.

Die skepseltjie het ook genoeg ruimte vir rondbeweeg en word nie tussentwee lomp vingertjies papgedruk nie. Met almal se nuuskierigheid bevredig, kandie gogga weer vrygelaat word.

Prys R390 by https://envirokid.co.za/product/bug-box-accessories/envirokid.co.za

Rottangmandjies

'n Mandjie is 'n handige bêreplek vir daai goedwat áltyd rondlê - sooskombersies, tydskrifte, skoene, speelgoed... én dis boonop mooi en duursaam.

Die Marais-familie vleg al vir drie generasies rottangprodukte in diePaarl.

Die opsies is 'n mandjievol: Van die tradisionele boeselmandjie waarindie druiwetrosse in die ou dae tydens oestyd bymekaargemaak is (R370 tot R790),tot plekmatjies, piekniekmandjies, wasgoedmandjies, slaapmandjies vir honde,grotes vir kaggelhout, kleintjies vir karsleutels, houers vir potplante...

Koop dié Kersfees mandjies vir jou mense. 'n Mens besef eers hoe nodigjy een het wánneer jy een het!

Beskikbaar by https://www.paarlbasket.com/paarlbasket.com

'n La-a-ang braaitang

Het jy al 'n braaitang se lengte gemeet? Wel, eintlik maak dit nie saakhoe lank 'n braaitang is nie, die punt is: Dis altyd te kort.

Jou vingers en armhare verskroei steeds - veral wanneer jy daardiestompies wil loswikkel wat heel agter in die braaiplek lê.

Dié knyptange is van vlekvrye staal en het handvatsels van eikehout. DieDonkey Tong is teen 65cm reeds in 'n ander liga as gewone braaitange. Maar dan kry jy ook dieDonkey Long Tong.

Met dié 80cm-knyper indie hand voel ek soos 'n koningin wat die vleisie tot ridder slaan elke keer asek 'n steak omdraai.

Die héél beste? Op die tang se agterpunt is 'n botteloopmaker.

Prys R700 (65 cm) of R800(80 cm) by https://donkeylongtong.com/donkeylongtong.com

Esma Marnewick

Fietsmandjie

Dié mandjie is groot en stewig genoeg sodat jy brood en melk by dieKwikspar kan gaan koop of selfs biblioteek toe kan trap.

Pleks van 'n plastieknommer van China, skaf dié handgevlegte mandjies byKaapstad se Vereniging vir Blindes aan.

Die mandjies heg met 'n stewige leerstrop aan jou fiets vas.Nostalgiefaktor? 10 uit 10.

Pryse wissel van R130 vir 'n mandjie vir 'n kinderfiets tot R250 vir 'ngrote in hulle winkel in Kaapstad of bestel aanlyn by https://capetownsocietyfortheblind.co.za/shop/basket-range/bicycle-handlebar-basket-small/capetownsocietyfortheblind.co.za.

Geheuespeletjie

Jy ken dié speletjie. Al die kaarte word onderstebo uitgepak en elkespeler kry 'n beurt om twee kaarte op te tel.

As dié kaarte dieselfde is, hou jy die pakkie... Maar glo my, jy het ditnog nie met sulke mooi kaarte gespeel nie - jy gaan dit eerder wil raam!

Dis Chelsey Wilson, die eienaar van Feat-sokkies, se mooivoël-illustrasies. Die kaarte is groot (13 cm x 8 cm) en dus is dit meer gepasvir die etenstafel in die strandhuis as die woonwa.

Prys R310 by https://featsockco.com/products/birds-of-south-africa-memory-gamefeatsockco.com

Herbruikbare sakkies

Koop jy ook al jou neute en droëvrugte vir 'n winskoop by 'ngroothandelaar? Maar o wee, hoe om dit te verpak vir 'n staptog of road trip...

Plastieksakkies is uit en die deksel van die Tupperware is altyd soek.

Kry dan dié duursame, herbruikbare broodjie- en versnaperingsakkies watdig seël. Dis BPA-vry en waterdig.

By die huis kan jy dit ook gebruik vir oorskietgeregte of om sop in tevries.

Prys R200 vir 'n stel van vier by https://www.takealot.com/reusable-snack-and-sandwich-bag-set/PLID69528897takealot.com

Vania Jooste

Koelsak

Goodbye Malaria is 'n Suid-Afrikaanse inisiatief wat onder meer herwonnemateriaal soos plastiekbottels gebruik om sy produkte te maak.

Die opbrengs word gebruik om malaria in Suider-Afrika te beveg, asookvir opvoedings-programme en ekonomiese bemagtiging in gebiede waar dit nodigis.

Nou kan jy jou bier koud hou én iets vir die mens en omgewing doen.

Prys R200 by https://shop.goodbyemalaria.com/products/recycled-cooler-bag?_pos=1&_psq=cool&_ss=e&_v=1.0goodbyemalaria.com

Piekniek-rooiwynglase

Dis somer en 'n mens wil buite in jou tuin, op die strand of iewersonder bome piekniek hou. Hierdie Govino-wynglase is dan perfek vir jougunsteling-rooiwyn. Verby is die dae van dik, onooglike plastiekglase.

Hierdie is stylvol, bied 'n lekker greep en kan nie versplinter wanneerjy dit per ongeluk omstamp nie. Boonop is dit BPA-vry.

Dis ook beskikbaar as whiskey-glase en selfs vonkelwynglase! Dievervaardiger sê dis byna so goed soos kristal vir wyn se aroma.

Prys R289 vir 2 glase by https://www.yuppiechef.com/govino.htmyuppiechef.com

Swemhanddoek

Hierdie byderwetse handdoeke in verskeie helder patrone en kleure is vanMr Price Home en word genoem soft touch. Die materiaal is liggewig enabsorbeer nattigheid vinniger as ander handdoeke en raak ook gouer droog.

Dié handdoeke is nie bonkig nie en gaan jou lang dae langs die swembadgemakliker maak.

Prys R99 by https://www.mrphome.com/en_za/microfibre-printed-mfuleni-cheetah-beach-towel-2104016693mrphome.com

Martinette Louw

Diereopblaasband

Hierdie kleurvolle Intex-opblaasbande gaan pret aan die lang somerure indie swembad verleen.

Elkeen is 76 cm in omtrek en geskik vir kinders agt en ouer. Drie ontwerpe isbeskikbaar: 'n wit llama, 'n blou luidier en 'n pienk kat.

Dis goed geprys; dus kan jy vir elke kind sy eie een koop. Sommer vir 'nniggie ook!

Prys R80 by https://www.sportsmanswarehouse.co.za/product/intex-inflatable-cute-animal-tube/sportsmanswarehouse.co.za

Reisplakkate

Die illustreerder Ben Grib ontwerp mooi reis-plakkate vanSuid-Afrikaanse reservate. Dis 'n puik geskenk vir enigeen wat só gaande oor sygunstelingpark is dat hy 'n plakkaat daarvan bo die kaggel wil hang.

Die reeks sluit die Sederberg, Tuinroete en Karoo in. Jy kan 10%-afslagop plakkate in dié reeks kry deur die kode "GetOutThere" te gebruik. Dis geldigtot 1 Januarie 2023.

Prys Vanaf R500 vir 'n A3-plakkaat by https://bengrib.co.za/bengrib.co.za

Opvoubare kamptrollie

Dié stewige OZtrail-trollie kan tot 80 kg toerusting op die strand,in die kampterrein of selfs tuis rondkarwei (ja, pak die maand sekruideniersware hierop en dan is dit een trip van die kar tot kombuis).

Dis gemaak van duursame poliëster en die wiele vaar goed op oneweoppervlakke. Die trollie is 90cm x 48 cm x 54 cm groot - perfek vir joukoelboks én 'n speelvoos peuter.

Prys R1 595 by https://campandclimb.co.za/product/oztrail-collapsible-camp-trolleycampandclimb.co.za

Lynne Fraser

Flitslig-en-kragbank

Dié 13 000 mAh-kragbankword met sonkrag gelaai en gee juice vir jou foon, tablet, of enigeander slimtoestel. Dit sluit in 'n kompas en 'n LED-flitslig... net die dingwat jy nodig het wanneer jy gaan kamp of stap en dis nuttig in 'n noodgeval.

Dis gemaak van duursame materiale en is bestand teen reën, stof en 'nonvoorsiene val of twee.

Dit werk met 'n iPhone, Samsung, HTC, Nexus, Go-pro Camera, tablette enander USB-toestelle. Verbind bloot die toestel aan die sonkragbank en dit saloutomaties jou apparaat verbind en laai soos nodig. Dit kan tot twee apparatelaai.

Prys R290 by https://www.takealot.com/5000mah-portable-solar-charger-power-bank-with-led-torch/PLID90380523takealot.com

Sitplekgordelknip vir honde

Hou Buks veilig op pad na sy gunsteling-stapplek. Dié katoeter knip vasaan jou kar se sitplekgordel en die ander kant verbind met jou hond se harnas.Lekker stap!

Prys R169 by https://www.takealot.com/paw-prints-curly-tails-seatbelt-clip-black/PLID49673796takealot.com

Foto-afdrukke

Helen Walne se foto's word meestal geskiet minder as 6m van die voorwerp af en syvang altyd die asembenemende lig en seelewe onder die watervlak perfek vas.

Elkeen van haar foto's is 'n spesiale kykie in die magieseonderwaterseewêreld sonder om 'nduikpak aan te trek.

Die foto's word op kunspapier gedruk en die pryse wissel na gelang van grootte.

Prys Vanaf R575 by https://helenwalne.com/helenwalne.com

Veldloopskoene

Dié paar van Brooks het my indruk van veldloopskoene verander: Hulle isgemaklik en buigsaam tog voel ek stabiel op ongelyke oppervlakke. Dit het 2 cm ekstra skuimrubber in diemiddelsool, en dus is die kussing sagter en ligter as die meeste anderveldloopskoene.

Ballistic Rock Shield in die buitesool beskerm jou voete teen klippiesen steengruis. Hierdie skoene is ideaal vir lang veldlope en staptogte as jyskoene bo stewels verkies.

Prys R2 699 by https://www.capeunionmart.co.za/products/brooks-cascadia-w/102190077-C33.htmlcapeunionmart.co.za

Pierre Steyn

Reisjoernaal

Daar is iets behaagliks daaraan om in 'n digitale wêreld steeds met 'nouwêreldse pen of potlood jou waarnemings, gedagtes en sketse op goeie papiervas te lê. Leatherpress maak 'n reeks joernale van uitstekende gehalte inverskillende groottes en kleure.

Die omslag van dié joernaal uit die Heritage Collection is van volgrein-Suid-Afrikaanse leer, en die papier is 'n gewigtige 80 gsm wat jou sommer van meet afaan mooi wil laat skryf.

Prys R708 by https://www.exclusivebooks.co.za/product/1230000122054exclusivebooks.co.za

Foto: Ronel Steyn
Foto: Ronel Steyn

Hondeharnas en -leiband

As Klara, die Labrador, al ooit met jou op loop gegaan het, weet jy 'ntradisionele lei- en halsband kan 'n pynlike ervaring vir jou én jou hond wees.'n Hondeharnas wat die spanning van die nek na die bors en skouers van die hondverskuif, is 'n veel beter opsie.

Rogz, 'n eg Suid-Afrikaanse maatskappy wat deesdae sytroeteldier-toebehore na meer as 90 lande uitvoer, se nuwe Airtech-sportharnasen -leiband is uiters gemaklik. Jy kies die regte grootte harnas (R470 by https://www.loot.co.za/search?cat=b&terms=dog%20harnessloot.co.za)na gelang van jou hond se afmetings, en die verstelbare leiband en gordel(R950) maak om jou middel vas sodat jy steeds albei hande kan gebruik.

Kry dit by https://rogz.com/rogz.com.

Shanky's Whip Black Irish Whiskey

Indien jy die smaak van whiskey (die "e" dui aan dis van Ierse en nieSkotse oorsprong nie) te skerp vind, is hierdie swart likeur dalk meer na jousmaak.

Die whiskey word in gebrande eikehoutvate verouder, en dan metvanieljegeure vermeng om 'n besonderse drankie te skep.

Shanky is volgens oorlewering 'n wilde Ierse perdejoggie wat nadat hyvan sy perd afgegooi is, met sy sweep en 'n volstruis - ingespan voor 'nperdekar - by 'n renbaan opgedaag het.

Hoogs onwaarskynlik, maar moet nooit dat 'napokriewe storie in die padvan 'n goeie whiskey staan nie!

Prys R380 by https://cutlerdrinks.co.za/products/shankys-whip-750mlcutlerdrinks.co.za

Reissakkie

Dis altyd 'n gesukkel om op die langpad te onthou waar jy jouselfoonkabels, verskillende laaiers, kragproppe, oorfone en kopliggie gebêrehet.

Dis baiekeer die laaste goed wat 'n mens êrens by 'n oop plekkie inpropen nooit kan raakvat wanneer jy dit nodig het nie.

Hierdie reissakkie van Thule is net die ding om al jou elektroniesekatoeters en kabels te beskerm en georden te hou.

Daar is 'n vakkie vir alles - ook vir jou oorfone. Thule is bekend virsy reistoerusting wat gebou is om te hou, en die PowerShuttle is geenuitsondering nie.

Prys R1 099 byhttps://www.thule.com/en-za/luggage/luggage-accessories/thule-subterra-powershuttle-_-3204138thule.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM