Buitelewe

Spaar jou kuite: Ry ’n e-fiets!

'n Paar jaar gelede het ek my pa gehelp om 'n e-fiets te koop. Hy wastoe 69 jaar oud en het nie geglo hy het die hulp van 'n elektriese motor nodignie. Daarby was dié fietse vrekduur - dit kos dieselfde as 'n motorfiets!

Maar ek het hom oortuig om 'n demonstrasie-model Specialized Turbo Levote ry en hy het oombliklik van mening verander.

Toe hy eers die krag van die motor teen Tafelberg se steil hange ervaar,het hy blitsvinnig sy bestelling geplaas.

Hy is nou 72 en ons ry steeds saam. Ek hoef nie bekommerd te wees oor 'nroete wat te lank of te taai vir hom is nie, en hy beheer die kragleweringsodat hy hard óf rustig kan oefen.

Die lekkerste is dat ons saam kan verken en landskappe ervaar watandersins nie bereikbaar sou wees nie.

As jy daaraan dink om 'n e-fiets te koop moet jy jouself heel eerste vrain watter soort fietsry jy belang stel. As jy plaaspaaie wil ry en nooit beplanom vinnig teen rotsagtige berghellings af te jaag nie, hoef jy nie 'n fiets metagtervering en 'n klomp ander bybehore te koop nie.

Die teenpool is ook waar: As jy tegniese roetes wil ry, gaan 'n basiesefiets met net voorste vering jou frustreer.

Wil jy veeldag-avonture op grondpaaie aandurf? Dan soek jy 'n fiets met'n stuurstang wat meer soos 'npadfiets as 'n bergfiets s'n lyk, asook monteerpunte vir rakke en sakke.

Ons het die beste fietse in verskeie kategorieë getoets om jou keusemakliker te maak.

Beste veeldoelige e-bergfiets

Specialized Turbo Levo Alloy

Specialized is een van min fietsvervaardigers wat sy eie motors en sagtewareontwerp om by sy fietsrame te pas - die meeste ander e-fietse gebruik Shimano-of Bosch-motors.

En al is hierdie 'n "intreevlak"-Turbo Levo, is die kundigheid en sorgwaarmee die fiets ontwerp is, opmerklik wanneer jy ry: Alles werk perfeksaam... dis uitstekende ingenieurswese.

Dis 'n moderne veldfiets in murg en been, met 29 duim-wiele enreuse-bande, 'n gemaklike 64,5°-stuurhoek ('n gemakliker stuurhoek bied joumeer beheer op rowwe terrein), 150mm-vering, en 'n wye stuurstang met 'n kort stam (dié kombinasieverbeter hantering).

Die motor het hope krag en die 500 Wh-battery bied 'n reikafstand van tot 100 km (afhangend van hoe baieheuwels op jou roete is).

Jy kan alles met die Specialized-app beheer - jy kan die kragleweringvan die drie modes aanpas, en in die boonste aanwyser sien hoe baie krag in diebattery oor is.

Dié fiets het net een swakplek: Die SRAM SX-ratstel is werklik intreevlak.Die komponente op die fiets gaan nie vir ewig hou nie; jy gaan dit mettertydmoet vervang.

Om 'n Specialized te koop is soos om 'n Duitse of Sweedse sportnutsvoertuigbo een uit die Ooste of Indië te kies. Die een doen min of meer dieselfde asdie ander, maar een is net meer verfynd as die ander.

Daar is goedkoper e-fietse as die Turbo Levo, maar hierdie een isdeksels goed.

R105 000 by https://www.specialized.com/za/enspecialized.com

Beste hardestert- e-bergfiets

Titan Nitric SE

Titan Racing het 'n paar jaar gelede die koppe laat draai met sy reeksDrone-hardestertfietse ('n hardestert is 'n meer tradisionele bergfiets sonderagterste vering).

Die onderdele van elke model was uitstekend vir die prys en diegeometrie net reg. én hulle was mooi!

Nou het Titan 'n elektriese motor op die Drone gemonteer, dit die Nitricgenoem en 'n fiets gebou wat dalk net Suid-Afrika segunsteling-hardestert-e-bergfiets gaan word.

Hierdie model is die SE en daar is 'n klomp dinge wat in sy guns tel:die 120mm-vurk; 'nShimano Steps E7000-motor en 504Wh- battery; 12-spoed-SRAM SX-ratstel; en gehalte-wiele met bonkigeVittoria-bande.

Daarby het dié fiets 'n saal wat jy met die druk van 'n hefboompie kanlaat sak as jy teen die steiltes wil afjaag!

Jy gaan wel - soos met die Turbo Levo - mettertyd die SRAM SX-ratstelvervang, maar jou reikafstand is uitstekend en die 1 x 12-ratstel maak die leweeenvoudig (met net een kettingwiel voor is daar net een rathefboompie op joustuurstang en jou ketting gaan ook nie so baie afval nie).

Die Steps E7000 is nie die nuutste Shimano-motor nie - dis al in 2018bekend gestel - maar dit is betroubaar, maklik om te diens, relatief kompak enbestand teen weerselemente.

Die drie kragmodes kan met die E-Tube-app aangepas word sodat jy óf meerkrag óf langer reikafstand kan kies.

As jy 'n nog meer basiese hardestert-e-bergfiets soek, is die DarrvinPeak II teen R40 000 ook 'nopsie.

Maar as jy 'n sterker motor en battery, beter wiele en bande en meervering voorlangs soek, is die Nitric SE die ekstra geld werd.

Dis 'n mooi fiets met betroubare onderdele wat jy op alles behalwe diemees tegniese roetes kan ry.

R54 000 by https://titanracingbikes.com/titanracingbikes.com

Beste intreevlak-e-bergfiets

Darrvin Peak II

Die Peak II is so local as wat kan kom - ontwerp en gebou inskadu van Tafelberg. Sy kragbron is 'n Chinese Bafang-motor wat tot 32 km/h beperk word en dieratstel is 'n 1x9-Shimano. Hoekom nie 10, 11 of 12 spoed nie? Eenvoud en koste.

Die gemiddelde koper van 'n intreevlak-e-bergfiets wil nie bergspitseuitklim nie en 'n 9-spoed-ratstel is sterk en goedkoop om te onderhou. Disveral iets om te onthou aangesien 'n elektriese motor 'n ratstel harder asgewoonlik laat werk.

Die 500 Wh-motor biedgoeie waarde vir jou geld - jy behoort maklik tot 80 km op sy laagste kragmodus tekan haal.

Die 100 mm-vurk engeometrie is soortgelyk aan die van gewone hardestert-bergfietse, en die PeakII is veeldoelig genoeg om verskeie padoppervlakke van plaas- tot tweespoorpaaiebaas te raak.

As jy pas begin fietsry het, of jy wil jou metgesel aan die sport bekendstel, is hierdie 'n betroubare en gemaklike fiets met genoeg krag enreikafstand.

Dit gaan nooit 'n volbloed-veldfiets wees soos die Specialized TurboLevo of die Trek Rail nie, maar jy gaan tog elke af en toe lekker openkelspoorpaadjies kan baljaar...

R40 000 byhttps://darrvinshop.com/darrvinshop.com

Beste grondpad-e-fiets

Darkhorse Eclipse AL-D1

Darkhorse is 'n Kaapse maatskappy bekend vir sy reekskoolstofveselwiele, maar hierdie is sy eerste fiets - en die Eclipse is nogal'n e-fiets!

'n Mens sou dit nooit sê nie. Die aluminiumraam is bonkig, maar al ligjy die fiets op, is jy steeds nie seker of dit 'n battery en motor bevat nie.

Die Eclipse is anders as ander e-fietse. Dit weeg "net" 14kg en trap maklik sonderbatterykrag... maar sodra jy daardie glimknoppie op die dwarspyp druk, gaan jouswoegende vriende jou begin slegsê.

Al die ander fietse (buiten die Avalanche) in dié artikel gebruik 'nelektriese motor wat in die raam aan die krukas gekoppel is, maar die Eclipsegebruik die Duitse maatskappy Mahle se motor wat aan die agteras gekoppel is.

Dit bied nie soveel wringkrag soos 'n krukasmotor nie, en die ekstragewig agterlangs kan die fiets se hantering beïnvloed.

Dis in ieder geval wat ons verwag het, maar ons kon in die ry nie dieverskil tussen die Eclipse en 'n gewone fiets agterkom nie.

Die motor het net die helfte die krag van die een in die Darrvin PeakII, met maksimum wringkrag van 40Nm, maar die kraglewering is glad.

Die fiets weeg ook amper 10kg minder as 'n "normale" e-fiets en ky voel skoon soos Tadej Pogacarwanneer jy die steiltes begin klim.

Jou rygenot word aangehelp deur die uitstekende SRAM Apex 111-spoed-ratstel. Ratwisselinge is maklik en die ratverhoudinge lekker wyd.

Die raam voel net reg vir grondpaaie - tussen 'n padfiets en 'nhardestert-bergfiets. Jy voel nie so senuweeagtig soos op 'n padfiets nie en jyry gemaklik op verskillende padoppervlakke.

Die reikafstand van die ingeboude battery is omtrent 70 km, maar jy kan dit tot meeras 100 km vermeerderdeur 'n tweede eenheid (R7950) wat soos 'n waterbottel lyk, op die saalbuis te monteer.

Hierdie is inderdaad 'n e-fiets wat jou ver sal vat. Net die ding om dieagterpaaie van die Karoo met jou tent en slaapsak te verken.

R55 000 by https://darkhorsebikes.com/darkhorsebikes.com

Beste e-veldfiets

Trek Rail 5

Nes die Specialized Turbo Levo het die Rail gebaat by miljoene dollar senavorsing en ontwikkeling by Trek se hoofkantoor in Amerika. Trek is een vandie grootste fietsvervaardigers in die wêreld en hy weet die toekoms iselektries.

Hierdie Rail se raam is van aluminium, en soos Eben Etzebeth is dit 'nspiertier. Maar die sweisnate is pragtig en daar is baie slim kenmerke.

Die battery is 'n goeie voorbeeld: Jy kan dit uit die raam verwyder omdit apart van die fiets te laai - dit het selfs sy eie handvatsel.

Die Bosch Performance Line CX-motor is dalk nie so netjies in die raamgeïntegreer soos die battery nie - of soos Specialized se eie motor - maar disnie onooglik nie.

Trek het beslis in dié verband ver gevorder, want die Powerfly (syeerste e-veldfiets) was nie juis mooi nie.

Die "flip chip" is nog 'n interessante kenmerk van die Rail 5 - jygebruik dit om die geometrie van die fiets te verander.

Jy kies of "high" om die stuurhoek steiler te maak en die krukas effe telig (dit werk lekker op Suid-Afrika se klipperige en rowwe enkelspoorpaadjies),of jy kies "low" vir vinnige, gladde paadjies.

Danksy 29 duim-wiele en 150mm/160 mm-vering ishierdie 'n baie gemaklike veldfiets.

En al is die Shimano Deore 1x12-ratstel ook intreevlak, is dit beter asdie SRAM SX op die Specialized Turbo Levo en Titan Racing Nitric SE.

Die Rail 5 is 'n formidabele e-fiets. Jy kan die rofste enkelspoor ry endit gaan voel asof jy op 'n Sealy Posturepedic rondsweef.

R95 000 by https://www.trekbikes.com/za/en_ZA/trekbikes.com

Beste beginner-e-fiets

Avalanche MTe

Die MTe gaan nie wedrenne teen 'n berg af wen nie, maar as jy teer- engrondpad met die bystand van 'n motor wil ry, bied hierdie fiets uitstekendewaarde.

Soos met die Darkhorse Eclipse is die motor aan die agteras gekoppel.Ook hierdie motor word deur die Chinese maatskappy Bafang vervaardig. Joutopspoed word beperk tot 32km/h, en die 350 Wh battery gee 'n reikafstand van sowat 50 km.

Avalanche het besef dat die krag en spoed van die fiets bepaal datordentlike remme (hidrouliese remskywe), wiele (dubbelwand-29 duim maarongelukkig nie binnebandloos nie) en bande (2.35 duim vir lekker vastrap) noodsaaklikis.

Die raam se geometrie is kompak - die stuurhoek is byvoorbeeld steileras die Titan Racing Nitric s'n en sy asafstand ook heelwat minder. Dit betekendit is meer geskik vir beginners en om op teerpaaie te ry.

Jy kan beslis met die MTe langs die Braamfonteinspruit gaan ry, maar diehantering op meer tegniese roetes gaan nie so goed wees soos op 'n langbergfiets met 'n gemaklike stuurhoek nie.

Die battery pas in die raam en dit mors nie met die fiets se voorkomssoos die battery in ouer e-fietse gemaak het nie.

Dis 'n netjiese stelsel vir die prys. Die belangrikste is egter datalles stewig voel, en dat dit werk as jy dit aanskakel.

Die MTe is 'n goedkoop(er) manier om e-fietse te begin ry. Beslis ietsom te oorweeg as jy nie 'n hele jaar se besparings uit die huislening wil tapom 'n fiets te koop nie.

R27 950 by https://avalanchebicycles.co.za/avalanchebicycles.co.za

Jon Minster

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM