5 dinge om altyd in jou kar te pak

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Swaai die ‘spanner'

Moersleutels
Moersleutels

Bring 'n volle dag in jou motorhuis deur en meet elke moer aan jou ryding om te sien watter grootte bout die algemeenste is. Jy moet minstens drie moersleutels hê: 'n 10 mm, 13 mm en 15 mm, hoewel 'n stel van 8-21 mm beter is. Neem 'n verstelbare moersleutel (ja, 'n shifting spanner) saam vir boute groter as 21 mm.

"Gereedskap. Al weet ek nie hoe om alles te gebruik nie, weet iemand wat verbykom dalk." - Piet van Heerde

2. Dra 'n masker

Filters
Filters

Jou trokkie dra al lank vóór die Covid-19-pandemie 'n masker. Veldvoertuie asem stof in en moet dikwels op vuil brandstof staatmaak. As die enjin krag verloor, is die fout gewoonlik 'n filter wat verstop is.

Dra een of meer van alle soorte filters saam en leer hoe om hulle te installeer.

"Diesel-, olie- en lugfilters." - Brandon Danks

3. Lig en verkoeling

Waaierbande
Waaierbande

Sinkplaatpaaie en uitermate hoë temperature is omtrent sinoniem met Afrika, en die eerste onderdele wat stukkend skud of afslyt, is gewoonlik gloeilampe en waaierbande.

Hulle val in dieselfde kategorie as 'n noodwiel - daar is geen verskoning om nié ekstra gloeilampe en waaierbande in te pak nie.

"My man het altyd gloeilampe en waaierbande in sy gereedskapskis." - Margaret Engelbrecht

4. Droëbek

Neem saam!
Neem saam!

Jou trokkie raak dors, net soos jy. Buiten brandstof het hy verskeie ander vloeistowwe nodig - neem 'n botteltjie van elke denkbare smeermiddel en vloeistof saam, want jy weet nooit of daar ghries uit 'n homokineethuls (CV joint boot) gaan lek of die verkoeler gaan oorverhit nie.

"Neem 500 ml van elke soort olie en vloeistof." - Piet van Heerde

5. Plak vas wat los is

Kabelstroppe
Kabelstroppe

Pak verskeie soorte hegmiddels in jou gereedskapkis. Epoksigom kan die gekraakte metaal van 'n oliepan lap; silikoongom verseël lekkende ruite; en supergom plak 'n truspieëltjie terug teen die voorruit as dit dalk afval.

Kleefband verseël lekkende brandstofpype en heg elektriese bedrading. Jy kan selfs 'n gebreekte dakrak met kabelstroppe en boereband (duct tape) herstel.

"Lym, epoksi, supergom en elektriese kleefband." - Agatha Ikking

Word deel van die Weg-wêreld

https://www.netwerk24.com/Weg/nuusbrief/teken-in

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elkeweek lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere enslypskole in jou inboks. Volg ons ook op Instagram en Facebook.

SPELETJIES VANDAG

CTA