Kweekwenke: Koning knoffel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Karolina Grabowska/Pexels
Foto: Karolina Grabowska/Pexels

Kweekwenke

Koop gesonde knoffelbolle by die groentewinkel en verdeel dit in afsonderlike huisies - plant die groteres en gebruik die res in die kombuis.

• Plant knoffel in die herfs (April-Mei) in volson in vrugbare, goedgedreineerde leem- of sanderige grond.

• Maak die voorbereide grond nat en druk die huisies, onderpunt eerste, sowat 3-4 cm diep in, minstens 15 cm uitmekaar. Hou die grond klam en voed een keer per maand met 3:1:5.

Oeswenke

LW Knoffel het 'n lang groeiseisoen (sowat 40 weke).

• Verwyder die blomme sodra hulle verskyn en hou dadelik op water gee as die plante in die somer begin vergeel en verdroog. Lig die bolle binne 'n week of wat daarna versigtig uit met 'n tuinvurk en laat dit in die son uitdroog.

• Bêre die bolle op 'n koel, droë plek met genoeg lugvloei (soos 'n draadrak in die motorhuis), of vleg dit met 'n toulus in 'n string en hang dit op.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

CTA