Kos + wyn

Kortpadkos: Penne Puttanesca

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 30ml - ekstra suiwer olyfolie
  • 4 - ansjovisfilette, gekap
  • 10ml - kappertjiesaad
  • 2 - knoffelhuisies, gekap
  • 2 - rooi of groen brandrissies, gekap (na smaak)
  • 30ml - tamatiepasta
  • - ’n knippie suiker
  • 125ml - rooi wyn
  • 1 - blik (400 g) heel tamaties
  • 100g - swart olywe, ontpit en grofgekap
  • 300g - pennepasta
  • - vars basilie en parmesaankaas vir voorsit

1 Verhit die olie in 'n pan en braai die ansjovis, kappertjiesaad, knoffel en rissies vir 'n paar minute saam tot geurig. Hou die hitte matig.

2 Roer die tamatiepasta en suiker by en gee dit nog 'n minuut.

3 Roer die wyn by en damp in deur dit vinnig te kook vir 5 minute.

4 Knip die tamaties met 'n kombuisskêr kleiner, voeg saam met die olywe in die pan en kook driftig vir 15 minute. Kook agt minute voor jy klaar is die pasta tot al dente. Spoel die tamatieblik met 'n bietjie pastawater uit en voeg by die sous.

5 Roer die pasta met nog 'n skeutjie pastawater by die tamatiesous, meng goed deur, geur met sout en peper na smaak en sit voor met basilie en parmesaankaas. Gesondheid!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM