RESEP: Alles-wat-lekker-is-poeding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 300 g (375 ml) - strooisuiker
  • 3 - heel eiers
  • 3 - eierwitte
  • 210 g (375 ml) - koekmeel
  • 15 ml - bakpoeier
  • 5 ml - fyn kaneel
  • 5 ml - vanieljegeursel
  • 125 ml - melk
  • 250 ml - ingedampte melk
  • 125 ml - room
  • 125 ml - Amarula
  • 250 ml - kondensmelk

Verhit oond tot 180 °C.

Spuit 'n 22 cm-patroonpan (Bundt-pan) met kleefwerende kossproei.

Klits strooisuiker, eiers en eierwitte in elektriese menger se bak tot ligte skuimmengsel, sowat 8 minute.

Terwyl eiers klits, sif meel, bakpoeier en kaneel saam.

Vou droë bestanddele met groot metaallepel by eierskuim in.

Vou vanielje en 125 ml melk laaste in.

Gooi mengsel in voorbereide pan en bak vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Bring res van bestanddele tot kookpunt terwyl koek bak. Haal warm koek uit oond en gooi warm melkmengsel oor.

Laat afkoel tot louwarm, keer uit en sit voor.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

SPELETJIES VANDAG

CTA