KYK + KOOK | Bar One-driehoekies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Maak 32 driehoekies | Bereidingstyd: 15 minute | Stoltyd: 5 minute

Jy benodig

• 2 Bar-One-stafies (55 g elk)

• ¼ koppie (60 g) botter

• ¼ koppie gouestroop

• 2 koppies Rice Krispies

Só maak jy

1. Spuit 'n 22 x 22 cm-bakpannetjie met kleefwerende kossproei. Kap die sjokoladestafies in klein stukkies.

2. Smelt die sjokolade, botter en stroop oor matige hitte saam tot dit 'n gladde mengsel vorm. Haal dit van die plaat af, roer die Rice Krispies by en giet dit in die voorbereide pannetjie. Druk die mengsel stewig met die agterkant van 'n houtlepel in 'n eweredige laag vas. Laat dit in die yskas staan om te stol.

3. Sny dit in driehoekies en hou die koekies op 'n koel plek of in die yskas.

KYK + KOOK | Bar One-driehoekies (desiree.hartney@media24.com)

SPELETJIES VANDAG

CTA