RESEP | Biltongmuffins

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis
  • 2 - eetlepels botter
  • 150 g - bruinsampioene, gekap
  • 4 - sprietuie, fyngekap
  • 1¼ - koppie meel
  • 1 - teelepel bakpoeier
  • ¼ - teelepel koeksoda
  • - ’n knippie sout
  • 1 - koppie beleë cheddar, fyngerasper
  • 1 - koppie fyn biltong
  • ½ - koppie karringmelk
  • 2 - eetlepels olyfolie
  • 1 - eier

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 'n standaardmuffinpan met kleefwerende kossproei.

2 Verhit die botter in 'n pan en braai die sampioene en sprietuie saam tot sag. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

3 Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Roer die kaas en biltong daarby.

4 Klits die karringmelk, olyfolie en eier saam. Roer die sampioene en sprietuie daarby. Kombineer die meelmengsel en die eiermengsel tot net gemeng.

5 Vul die holtes van die muffinpan tot driekwart. Bak vir 15 minute tot goudbruin.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

CTA