- - TANGZHONG
- 40ml - broodmeel
- 125ml - water
- - DEEG
- 750ml - koekmeel
- 45ml - ligbruin suiker
- - 10 g-sakkie kitsgis
- 5ml - sout
- 30ml - weipoeier
- - 1 eier, geklits
- 125ml - melk
- 30ml - botter, sag
- - GLASEERSEL
- - 1 eiergeel en 15 ml melk, geklits
- 5ml - sesamsaadjies
1. Maak die tangzhong deur die meel en water saam te meng tot glad. Verhit in 'n pannetjie en roer tot verdik, sowat 3 minute. Skep dadelik uit in 'n bakkie en laat heeltemal afkoel.

2. Meng die meel, suiker, gis, sout en wei saam. Voeg die afgekoelde tangzhong, eier en melk by en knie tot die deeg maklik 'n gladde bal vorm. Dit is 'n klewerige deeg, so gebruik die oppervlak waarop jy knie om die deeg te rek en strek; of meng teen middelmatige spoed in 'n menger met 'n deeghaak.

3. Sodra die deeg 'n bal vorm, voeg die botter stukkie vir stukkie by en knie deur tot weer glad.

4. Vorm 'n netjiese bal, sit in 'n geoliede mengbak, bedek en laat rys tot verdubbel in volume, sowat 1 uur.

5. Keer die deeg uit, knie af en verdeel in 8 gelyke dele.

6. Vorm elke porsie deeg in 'n langwerpige rolletjie en rangskik knus in 'n gesmeerde broodpan. Laat rys vir 20 minute. Verf met die glaseersel, strooi die saadjies oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180°C vir 25-30 minute of tot goudbruin en uitgerys.

Ta-da! Sit die warm brood dadelik voor met appelkooskonfyt en biltongbotter gemaak deur ewe veel fyn biltong en botter te meng.
















