- 300 ml - (sowat 4 fyngedrukte mediumgroot) ryp piesangs
- 1 blik (385 g) - kondensmelk
- 500 ml - bruismeel
- 5 ml - bakpoeier
- 1 - ferm piesang as garnering (opsioneel)
Oondtemperatuur: 180 °C
1 Voorverhit die oond. Voer 'n broodpan met 'n inhoudsmaat van 1 liter met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
2 Verwerk die piesangs met 'n staafmenger tot heeltemal glad. Voeg die kondensmelk by en meng weer. Sif die meel en bakpoeier by en vou dit by die piesangmengsel in tot net gemeng.
3 Giet die beslag in die voorbereide pan en smeer gelyk. Versier met skyfies piesang en bak vir sowat 50 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. As dit lyk of die broodjie te bruin word na jou smaak, beskerm die bokant met foelie.
4 Laat die brood vir sowat 5 minute in die pan afkoel en keer dit dan versigtig uit op 'n draadrak. Laat heeltemal afkoel, trek die papier af en sit voor met lekker baie botter. Die broodjie maak ook heerlike roosterbrood.






