- 30ml - botter
- 15ml - olyfolie
- 1 - ui, baie fyn gekap
- 2 - selderystingels, baie fyn gekap
- 1 - knoffelhuisie, fyngekap
- 250ml - arboriorys
- 125ml - droë witwyn
- 1l - warm hoenderaftreksel
- 125ml - fyngerasperde parmesaan
- 60ml - fyn poeierbiltong
- 15ml - vars suurlemoensap
- 24 - blokkies mozzarella, 1,5 x 1,5cm groot
- - sowat 200 ml meel
- 3 - eiers, geklits
- 375ml - droë broodkrummels
- - kanola-olie vir diepbraai
1. Verhit die botter en olie saam; braai die ui, seldery en knoffel saam daarin tot glansend. Voeg die rys by en roer totdat al die korrels met olie bedek is en 'n bietjie gebraai het.
2. Voeg die wyn by en kook vinnig tot al die wyn geabsorbeer is. Skep nou die warm aftreksel lepel vir lepel by en roer af en toe totdat die rys al dente is. Dit neem sowat 35 minute teen 'n redelike hitte. Verwyder van die hitte, roer die parmesaan, biltong en suurlemoensap by en sprei die warm rys uit in 'n plat bak sodat dit vinnig kan afkoel en nie aanhou stoom nie.
3. Rol die afgekoelde rys in okkerneutgroot balletjies. Maak die balletjies een vir een in jou palm plat, sit 'n blokkie mozzarella bo-op en vorm die rys rondom totdat dit heeltemal bedek is. Probeer om die lagie rys so dun moontlik te hou vir dekadente happies.
4. Rol dan die balletjies in die meel, die eier en laastens in die krummels. Die hoeveelhede is net 'n raming, en dit is raadsaam om ekstra eier en krummels byderhand te hou vir ingeval jy die bestanddele in die bakkies moet aanvul.
5. Verhit die olie in 'n kastrol en diepbraai die balletjies tot goudbruin. Sodra dit mooi bruin en deurwarm is, is dit reg - die rys was mos reeds gaar. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor met jou gunsteling-mayonnaise of tamatiesalsa vir doop.
Wenk Pasop vir nat biltongflenters in die resep. Wanneer dit met die warm rys gemeng word, verander die tekstuur na hard en taai. Ons het Cape Deli se Shredded Biltong Shaker met sout, peper en koljander gebruik; die biltong is heeltemal droog en baie fyn.
- Bykomstighede van Plan B Vintage (082 491 3677)
















