Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC
Bestanddele
• 2 uie, gekap
• 30 ml botter of margarien
• 1 kg maalvleis
• 1 dik sny brood
• 10 ml borrie
• 15 ml kerriepoeier
• 10 ml sout
• 1,25 ml peper
• 2,5 ml fyn neute
• 5 ml suiker
• 125 ml asyn
• 22,5 ml appelkooskonfyt
• 15 ml blatjang
• 1 blik sampioenroomsop
• 125 ml sultanas
• 2 eiers
• 375 ml melk
So maak jy ...
1 Braai die uie in die botter tot glansend. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Week die brood in water tot sag, druk droog en voeg dit saam met die res van die bestanddele, buiten die eiers en melk, by die vleis. Laat prut vir sowat 10 minute en skep dit in 'n gesmeerde oondbak.
2 Voorverhit die oond. Klits die eiers in die melk en giet dit oor die vleis. Bak die bobotie tot goudbruin bo-op. Sit voor met geelrys, gekapte piesang, klapper en sambals.
Wenk
Ons het 'n paar lourierblare by die eiervla gevoeg, maar dis opsioneel.



















