Bobotie (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer ongeveer 50 porsies)

  • 8 snye brood, 3 cm dik
  • 2 liter melk of aftreksel
  • 20 uie, geskil en gekap
  • 200 ml (4⁄5 k) olie of botter
  • 8 Granny Smith-appels of 10 middelslag-wortels, gerasper
  • 100 ml (2⁄5 k) matige kerrie
  • 60 ml (4 e) borrie
  • 45 ml (3 e) fyn koljander
  • 45 ml (3 e) fyn kaneel
  • 100 ml (2⁄5 k) suiker (opsioneel)
  • 5 kg maalvleis (bees of skaap)
  • 75 ml (5 e) sout
  • 15 ml (1 e) peper
  • 8 eiers, liggies geklits
  • 375 ml (1½ k) pitlose rosyne (opsioneel)
  • 250 ml (1 k) blatjang
  • 100 ml (2⁄5 k) asyn of suurlemoensap
  • 100 g amandels, gebreek (opsioneel)

Garnering

  • 15 lourier- of suurlemoenblare
  • 50 g amandels, gehalveer

Bolaag

  • 1 liter (4 k) melk
  • 8 eiers
  • 5 ml (1 t) sout

1. Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F).

2. Week die brood in die melk of aftreksel en druk dit uit. Maak die brood fyn. Hou vloeistof eenkant.

3. Soteer gekapte uie in gesmelte olie of botter tot sag en deurskynend. Voeg appels of wortels by.

4. Strooi kerrie, borrie, koljander, kaneel en suiker oor en roerbraai 5 minute. Hou eenkant.

5. Braai die maalvleis en roer tot 'n los mengsel. Braai tot droog. Strooi sout en peper oor. Skakel hitte af. Roer uiemengsel en vloeistof van brood afkomstig, by.

6. Voeg eiers, rosyne (indien gebruik), blatjang, asyn, amandels en fyngedrukte broodpap by. Meng goed.

7. Skep die mengsel in gesmeerde oondbakke. Maak bo-op gelyk.

8. Steek die lourier- of suurlemoenblare regop in die mengsel in, asook die gehalveerde amandels. Bak 1 uur lank.

9. Bolaag: Klits die melk, eiers en sout saam en giet egalig oor die bobotie 'n halfuur voor dit uit die oond gehaal word.

10. Sit voor met rys en blatjang.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA