RESEP: Bobotiepastei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
  • 50ml - olyfolie
  • 2 - uie, grofgekap
  • 2 - knoffelhuisies, gekap
  • 15ml - masala
  • 15ml - fyn koljander
  • 30ml - kerriepoeier
  • 5ml - borrie
  • 1kg - beesmaalvleis
  • 400g - blik gekapte tamaties
  • - sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50ml - melk
  • 3 - eiers
  • 4 - lourierblare
  • 2 - 400 g-rolle blaardeeg, ontdooi

1. Verhit oond tot 180 °C.

2. Verhit olyfolie in pan.

3. Voeg uie en knoffel by en roerbraai tot uie begin verbruin.

4. Voeg al die speserye by en braai vir nog 5 minute.

5. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en opgebreek, sowat 10 minute, terwyl jy heeltyd roer.

6. Voeg tamaties by, geur met sout en peper, verlaag hitte en laat prut vir 25-30 minute.

7. Plaas vleismengsel in oondvaste bak van 20 x 15 cm.

8. Meng melk en eiers en gooi oor, maar hou 'n klein bietjie vir later.

9. Druk lourierblare in vleismengsel.

10. Plaas twee velle blaardeeg op mekaar bo-oor.

11. Vou deeg wat oorhang ruweg na binne.

12. Gebruik 'n skerp mes en maak in 'n diamantpatroon vlak snytjies 1 cm uit mekaar in die deeg.

13. Verf oorblywende eiermengsel oor deeg.

14. Bak vir sowat 25-30 minute of tot goudbruin en gaar.

15. Sit voor met perskeblatjang.

SPELETJIES VANDAG

CTA