KYK + KOOK | Hawermout-en-klapperblokkies

  • 125 g - botter plus ’n ekstra klont om te smeer
  • 1 - eetlepel heuning
  • 1 - teelepel koeksoda
  • 2 - koppies hawermout
  • 1 - koppie koekmeel
  • 1 - koppie klapper
  • 1 - koppie bruinsuiker
  • - ’n knippie sout
  • 1 - ekstragroot eier
  • 1 - pakkie Smarties (opsioneel)

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smelt die botter en heuning saam. Roer die koeksoda by, gevolg deur die res van die bestanddele (behalwe die Smarties). Knie die deeg tot dit goed gemeng is.

2. Smeer 'n reghoekige oondpan met botter. Druk die deeg stewig en eweredig daarin vas - maak seker dit is tot in die hoekies ewe dik. Druk die Smarties oraloor in die deeg vas en bak dit vir 25 minute of tot die bokant goudbruin is.

3. Laat die pan behoorlik afkoel voordat jy die koekies in blokkies sny. Bêre dit in 'n lugdigte houer.

KYK + KOOK | Hawermout-en-klapperblokkies (desiree.hartney@media24.com)

SPELETJIES VANDAG

CTA