Kos + wyn

Kortpadkos: Heerlike hoenderpastaslaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 3 - hoenderborsfilette
  • 10ml - olyfolie
  • 3ml - braaispeserye (jou gunsteling)
  • 500g - pastavormpies, gekook tot al dente
  • 200g - kersietamaties, deurgesny
  • 1 - ryp avokado, in skyfies gesny
  • ’n groot hand vol basilieblare
  • SOUS:
  • 125ml - mayonnaise
  • 250ml - karringmelk
  • 5ml - Dijon-mosterd 

Foto: ER Lombard

1. Geur die hoender met die olyfolie en braaispeserye, sit dit in die mandjie van jou lugbraaier en lugbraai vir 10 minute teen 180ºC, maar draai dit halfpad deur die gaarmaaktyd om.

Laat die hoender vir 5 minute rus en skeur of sny in kleiner happies.

2. Meng al die slaaisousbestanddele (mayonnaise, karringmelk, Dijon-mosterd) en geur met sout en peper. Meng die helfte deur die warm pasta net nadat dit gedreineer is.

3. Rangskik die hoender, tamaties, avokado en basilie saam met die pasta in 'n groot dienbord en sit dit voor met 'n ekstra strooisel swartpeper en die ekstra sous.