Heerlike resep: Kondensmelkkaaskoek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 x 200 g-pak - spekulooskoekies, fyngemaak
  • 80 g (85 ml) - botter, gesmelt
  • 2 x 385 g-blikke - kondensmelk
  • 2 x 230 g-houers - geroomde maaskaas
  • 250 ml - vars suurlemoensap
  • - grenadellapulp of vars vrugte van jou keuse vir voorsit
  • - styfgeklopte room vir voorsit

Verhit oond tot 150 °C.

Meng koekiekrummels en botter saam tot die tekstuur van klam seesand. Spuit 'n 18 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan met koekiekrummels uit en druk goed vas vir die kors. Plaas kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap in bak van elektriese menger en klits byhoe¨ spoed tot glad.

Giet mengsel in kors. Plaas in warm oond en bak vir 20 minute. Skakel oond af en laat staan kaaskoek in oond tot afgekoel.

Haal kaaskoek uit oond en plaas in yskas tot yskoud. Verwyder uit pan en plaas op dienbord. Rond af met grenadellapulp of vars vrugte of, vir 'n luukse bederf, met spekuloossmeer. Sit voor met geklopte room.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

SPELETJIES VANDAG

CTA