Kortpadkos: Pampoenpasta

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard
  • 800g - pampoen
  • 1 - klein rooi ui
  • 15ml - tamatiepasta
  • 10ml - heuning
  • 30ml - olyfolie
  • 3ml - paprika
  • 2 - gedroogde rissies, gekrummel
  • 3 - heel knoffelhuisies
  • 3 - takkies tiemie
  • 125ml - water
  • 200ml - suurroom of crème fraîche
  • 80ml - geroosterde saadjies
  • 400g - gaar pastalinte vir voorsit
  • 80ml - parmesaan

1 Voorverhit die oond. Skil en ontpit die pampoen en sny in skywe van 1 cm dik. Skil die ui en sny in wiggies. Meng die tamatiepasta, heuning, olyfolie, paprika, rissie, knoffel en tiemie met die water en giet oor die pampoen en uie. Versprei in 'n oondpan, geur met sout, bedek met foelie of 'n deksel en bak vir 15 minute.

2 Roer deur, verhit die oond se roosterelement en rooster vir nog 10 minute of tot geurig en gaar.

3 Stip die pampoen met die suurroom, strooi die saadjies oor en sit voor in individuele bakkies op 'n bed van gaar pastalinte wat met 'n bietjie gesmelte botter of olyfolie bedruip is. Rond af met 'n strooisel parmesaan.

WENK Die pampoen smaak ook vorentoe met koeskoes as 'n warm slaai.

SPELETJIES VANDAG

CTA