Kos + wyn

Kortpadkos: Reënboog-rysslaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 2 - soetpatats, geskrop en in 1 cm-vingers gesny
  • 15ml - olyfolie
  • 2ml - elk fyn komyn, koljander en paprika
  • 500ml - gaar rys
  • 150ml - romerige mayonnaise (jou gunsteling)
  • 30ml - gekapte koljander
  • 3 - ryp tamaties, dun gesny
  • 2 - hande vol babaspinasie
  • 100g - olywe, ontpit
  • 2 - ryp avokado’s, in skyfies gesny en met suurlemoensap besprinkel
  • 200g - fetakaas
  • 125ml - geroosterde pampoenpitte

1. Meng die patatvingers met die olyfolie en geur goed met die speserye, sout en peper. Lugbraai teen 180°C vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Roer halfpad deur die gaarmaaktyd.

2. Meng die rys met die mayonnaise en koljander.

3. Rangskik die rys, tamatie, spinasie, olywe en avokado op 'n dienbord. Sodra die warm patatskyfies uit die lugbraaier kom, krummel die feta bo-oor en sit op die slaai. Strooi laaste die pampoenpitte oor en sit dadelik voor.

WENK: Dié kleurvolle slaai is ook 'n heerlike bykos saam met gebraaide hoender of varktjops.

CTA