KYK | Miljoenêr-brosbroodkrans

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • PEKANNEUT-BROSBROOD
  • 160g - botter, sag
  • 125ml - strooisuiker
  • 375ml - koekmeel
  • 30ml - melk
  • 5ml - vanieljegeursel
  • 100g - pekanneute, grofgekap
  • SOUT KARAMEL
  • 125g - botter
  • 125ml - sagte bruinsuiker
  • - 1 blik (397 g) kondensmelk
  • - ’n ruim knypie seesoutvlokkies
  • AFRONDING
  • 300g - donker sjokolade
  • 16 - sout pretzelknope (pretzel knots)
  • - 8 pare takbok-suiker-ogies (koop by spesialis-bakwinkels)
  • 8 - rooi glanskersies
  • - eetbare sterretjies of blinkertjies

1. Voorverhit die oond. Voer 'n 26 cm los-boomkoekpan uit met bakpapier. Sit 'n ring van 10 cm in deursnee in die middel en verf al die kante met 'n lagie botter of spuit met kleefwerende kossproei.

2. Vir die pekanneut-brosbrood

Klits die botter en suiker saam tot lig en donsig. Klits die melk en vanieljegeursel by, voeg die meel by en klits tot net gemeng. Roer die neute by. Keer die deeg uit in die voorbereide ringpan en versprei in 'n eweredige laag op die bodem. Prik met 'n vurk en bak vir 20 minute of tot mooi ligbruin. Laat afkoel.

3. Vir die sout karamel

Meng die botter, bruinsuiker en kondensmelk saam in 'n kastrol en roer oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte tot die mengsel kook en laat prut vir 5 minute. Ek roer aanhoudend met 'n spaan, want die tameletjie brand in 'n oogwink. Sodra die karamel 'n ryk kleur het en effens verdik, roer die sout by en giet oor die brosbrood. Smeer dit om 'n eweredige laag te maak en laat weer effens afkoel.

4. Vir die afronding

Smelt die sjokolade en giet oor die karamel in die pan. Versier met Rudolf-rendiere gemaak van 'n paar pretzels, ogies en 'n kersieneus en sterretjies terwyl die sjokolade nog nat is. Laat toe om te stol. Haal die kranskoek versigtig uit die pan en bêre in 'n lugdigte houer tot opdientyd.

SPELETJIES VANDAG

CTA