- 18 appelkose (700 g) - ontpit en in skyfies gesny
- 200 g - droëappelkose, gesnipper
- 1 - ui, fyngekap
- 1½ koppies - ligbruinsuiker
- ⅓ koppie - rosyntjies of gedroogte bosbessies
- 2 cm stuk - vars gemmer, geskil en fyngerasper
- 1 teelepel - matige kerriepoeier
- 1 - knoffelhuisie, gekap
- 1 teelepel - heel peperkorrels
- 2 - naeltjies
- 1 teelepel - sout
- 2 koppies - witasyn
- 1 - lourierblaar, vars of gedroog
1 Voeg al die bestanddele saam in 'n dikboomkastrol en roer dit oormatige hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, draai die hitte dan laer en laat prut vir sowat 'n uur stadig totdat die mengsel begin verdik en die kleur verdiep. As daar oormatig skuim op die oppervlak vorm, kan jy dit afskep en weggooi.

2 Skep die blatjang vuurwarm in gesteriliseerde glasbottels en verseël dadelik. Laat dit afkoel en hou dit vir 'n paar weke in die spens sodat die geure kan ontwikkel en die smaak van die asyn kan versag. Bêre dit in die yskas nadat jy 'n bottel oopgemaak het.






