- ½ koppie - fyngekapte sampioene
- ½ koppie - fyngekapte soetrissieblokkies (enige kleur)
- 1 eetlepel - olyfolie
- 500 g - boerewors
- 5-6 - saggekookte eiers, afgedop
- 200 g - strepiespek
- - blatjang om voor te sit
1 Roerbraai die sampioene en soetrissieblokkies in die olyfolie tot gaar en laat dit effens afkoel. Jy kan gekrummelde fetakaas en 'n strooisel gekapte kruie byvoeg as jy wil, maar speserye is nie eintlik nodig nie, omdat die boerewors heerlik geurig is.
2 Rangskik die spekrepies sorgvuldig langs mekaar op 'n skoon werkoppervlak sodat dit 'n reghoek vorm. Druk die boereworsvleis uit die derm en sprei die helfte daarvan oor die middelste derde van die spekvleisbed. Sprinkel volgende die helfte van die gaar soetrissiemengsel oor. Maak 'n effense slootjie in die middel hiervan en pak die eiers in 'n ry. Sprinkel nou die res van die soetrissiemengsel oor die eiers en druk versigtig die res van die boereworsvleis bo-op. Om 'n mooi rol met vleis reg rondom die eiers te verseker moet jy nou jou oordeel gebruik met die plasing van al die vulselbestanddele voor jy dit oprol. Skuif waar nodig.
3 Rol nou versigtig die spulletjie op sodat die eiers netjies in die middel van die vleisbaadjie is met 'n mooi spekjassie aan die buitekant.
4 Braai die rol stadig oor matige kole (of vinnig in 'n gietysterpan oor die kole) tot die wors net-net gaar en sappig is en die spek mooi goudbruin. Laat dit effens afkoel voor jy dit in skywe sny en voorsit.
Ry & Sleep sê
Die rol smaak vorentoe in broodrolletjies, amper soos'n burgerpattie.
Onthou 'n skeutjie asyn by die water waarin dieeiers kook - dit maak afdop makliker.














