- 1 - groot kop broccoli
- 15ml - botter
- 30ml - olie
- 1 - groot ui, gekap
- 4 - aartappels, skil en al gerasper
- 500ml - hoenderaftreksel
- 500ml - melk
- - ’n knippie gerasperde neutmuskaat
- - ’n hand vol babaspinasieblare, grofgekap
- 200ml - room
1 Sny die broccoliblomme van die stingel af en hou een-kant. Kap die stingel fyn.
2 Smelt die botter in 'n kastrolletjie en verhit tot skuimerig en ligbruin van kleur. Roer voor dit te donker raak die olie, ui en stingelstukkies by en braai tot die groente sag en glansend is.
3 Roer die aartappels, aftreksel en melk by en laat prut rustig tot die aartappels gaar en sag is. Geur na smaak met sout, peper en neutmuskaat.
4 Roer die broccoliblomme en spinasie by en kook vir 8 minute of tot die groente gaar is. Maak fyn met die staaf-menger. Roer 125 ml room by en herverhit. As die sop te dik is, verdun met nog 'n bietjie aftreksel. Sit voor met 'n ekstra lepeltjie room in elke bakkie gedrup en 'n strooisel bros spekcroutons (sien onder).
Croutons met spek
Sny die korsies van 3 of 4 snytjies suurdeegbrood of ciabatta af en sny die res in 1 cm-blokkies. Verhit 'n skeutjie olyfolie in 'n dikboompan en braai 200 g spekstukkies tot goudbruin en geurig. Roer 'n heel knoffeltoontjie, die voorbereide broodblokkies en twee takkies origanum by en braai verder tot die brood-blokkies mooi bruin en bros is. Haal die knoffel uit en geur die blokkies met sout en peper. Onthou, die spek is reeds sout, so proe eers. Skep in 'n mooi bakkie en bedien saam met jou gunsteling-sop.














