Kos + wyn

KYK + KOOK | Ertjierisotto

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 3 eetlepels - olyfolie
  • ’n klont - botter
  • 1 - ui, gekap
  • 2 - knoffelhuisies, gekap
  • 1½ koppies - risotto
  • ½ koppie - droë witwyn
  • sowat 1 ℓ - hoenderaftreksel
  • 2 koppies - bevrore ertjies
  • 1 koppie - babaspinasieblare
  • - sout en swartpeper
  • 1 - suurlemoen se gerasperde skil
  • ½ koppie - parmesaan
  • 100 g - romerige feta, gekrummel
  • ’n strooisel - vars kruisementblare

Oondtemperatuur 200 °C

Só maak jy

1 Verhit die botter en olie saam in ’n dikboomkastrol en braai die ui vir 5 minute tot sag en glansend. Roer die knoffel en die rys by en braai vir nog ’n paar minute totdat al die korrels met olie bedek is en ’n kleurtjie gekry het. Skink die wyn by en roer totdat die vloeistof so te sê weggekook is.

2 Voeg die aftreksel koppie vir koppie by en roer tot geabsorbeer. Laat prut ná elke byvoeging (sowat 20 minute altesaam) tot al dente. (Die tydsduur hang af van die rys; lees op die verpakking.)

3 Meng 1 koppie ertjies in ’n maatbeker met 200 ml kookwater. Voeg die spinasie by en verpulp dit met ’n staafmenger tot ’n gladde pesto. Geur met sout, peper en suurlemoenskil. ’n Knippie gedroogde rissievlokkies is opsioneel.

4 Roer die ertjiepesto saam met die oorblywende ertjies en parmesaan deur die rys. Die hitte in die rys sal die ertjies in ’n oogwink gaarstoom. Garneer met die gekrummelde feta en kruisement en sit dadelik voor met varsgemaalde swartpeper na smaak.

KYK + KOOK | Ertjierisotto (desiree.hartney@media24.com)