- 30ml - elk olyfolie en botter
- 1 - klein wit ui, gekap
- 2 - selderystingels, gekap
- 1 - wortel, baie fyn gekap
- 2 - knoffelhuisies, gekap
- 300ml - risottorys
- 125ml - droë witwyn
- 750ml - groenteaftreksel
- 6 - klein murgpampoentjies, oor die lengte gehalveer
- 200g - peulertjies, geblansjeer
- 15ml - grofgekapte sagte vars kruie soos vinkel of basilie
- 125ml - room (opsioneel)
- 125ml - gerasperde parmesaankaas
FOTO: ER LOMBARD
1. Sit die helfte van die olyfolie en botter in 'n dikboomkastrol en braai die ui, seldery en wortel vir 5 minute. Roer die knoffel en die rys by en braai nog 3 minute. Roer die wyn by en roer tot so te sê weggekook.
2. Voeg 250ml van die aftreksel by en roer tot geabsorbeer; herhaal twee keer en laat prut ná elke byvoeging (sowat 20-30 minute altesaam) tot al dente. Die tydsduur hang af van die handelsmerk van die rys.
3. Braai die murgpampoentjies in 'n aparte pan in die res van die olyfolie tot goudbruin en gaar. Roer dit saam met die ertjies, vars kruie en room en helfte van die kaas by die risotto. Verwyder van die hitte, proe en geur met sout en peper na smaak. Stip met die oorblywende botter en sit voor met die res van die kaas.



















