- 500 g - gaar bababeet
- 200 g - aarbeie, middeldeur gesny
- 100 g - fetakaas, gekrummel
- 1 - klein rooiui, dungesny
- ’n hand vol - wilderoket of bronkorsblare
- 200 g - grondboontjiekraaklekker (peanut brittle), grofgekap
- - Vir die slaaisous:
- ⅓ koppie - olyfolie
- ¼ koppie - rooiwynasyn
- ½ - lemoen se sap, vars uitgedruk
- 2 teelepels - korrelmosterd
- 1 eetlepel - heuning
1 Klits die bestanddele vir die slaaisous saam.
2 Dreineer die gaar beet, sny dit in kleiner stukke indien nodig, en meng 'n skeutjie slaaisous daardeur. Geur dit met sout en peper.
3 Rangskik die gemarineerde beet saam met die res van die slaaibestanddele op 'n mooi plat bak - ek vind dit werk beter as'n slaaibak, want die beet het nie kans om alles pienk te kleur nie - en sit die res van die slaaisous in 'n bekertjie langsaan voor vir jou gaste om hulleself te help.
Ry & Sleep sê
My supermark verkoop gaar beet wat vakuumverpak is. Ek hou van die geriefsproduk, want anders as ingemaakte beet het dit nie reeds 'n sterk asynsmaak nie. Onthou om die slaaisous se asyninhoud aan te pas indien jy wel ingelegde beet gebruik.













