Verspotmaklike guacamole vir kuiers om die kole!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 3 - ryp middelslag-avokadopere
  • ½ koppie - romerige mayonnaise
  • - sout en swartpeper na smaak
  • ’n skeutjie - Tabascosous
  • 1 - suurlemoen se sap en gerasperde skil
  • - Vir die salsa-bolaag
  • 1 - groot pruimtamatie (of 3 kersietamaties), gekap
  • 1 eetlepel - fyngekapte rooiui
  • 1 eetlepel - granaatpitte
  • 1 teelepel - rooiwynasyn
  • - sout en swartpeper na smaak
  • ’n strooisel - basiliekruid, pietersielie of koljander
  • ’n paar - pers knoffelblommetjies vir garnering

1 Skil en ontpit die avokadopere en plaas die pulp in 'n maatbeker saam met die mayonnaise, sout en peper, Tabasco, suurlemoenskil en die helfte van die suurlemoen se sap. Die geheim tot gladde guacamole is 'n staafmenger.Verwerk die spulletjie tot seepglad en romerig. Proe, en besluit of dit nog 'n titseltjie van enige van die bestanddele benodig.

2 Vir die salsa: Skep in 'n plat bak. Meng die salsabestanddele saam en rangskik bo-op die guacamole. Nie net lyk die kleure mooi nie, dit gee die voorgereg lyf. Sit dit voor saam met varsgebakte bierbrood of jou gunsteling-nacho's, kraakbeskuitjies of groentestokkies.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

SPELETJIES VANDAG

CTA